Welsynorganisasie aangeval, vyf sterf
2010-03-11 03:42
Islamabad – ’n Terreurgroep het die kantoorgebou van ‘n humanitêre organisasie in die noordweste van Pakistan aangeval waartydens vyf mense gesterf het, het die polisie gesê.
Die aanval het by die welsynsorganisasie, World Vision in Oghi plaasgevind, het Rasul Shah, ’n polisie-amptenaar, aan die nuusagentskap CNN gesê.
Die slagoffers, wat twee vrouens en drie mans insluit, was almal van Pakistan.
Sowat sewe mense is beseer en een persoon word steeds vermis, berig CNN.com.
Kliek hier vir die volledige berig.