Vrou bieg ná sy babalyke versteek

2010-07-29 16:41

Villers-au-Tertre, Frankryk - 'n Franse vrou het erken dat sy haar agt babas versmoor en hul lyke in die tuin en motorhuis versteek het, het 'n staatsaanklaer Donderdag gesê.

Die vrou is aangekla van van manslag.

Dominique Cottrez (46), 'n verpleegassistent, het gesê ná 'n slegte ondervinding met haar eerste swangerskap, wou sy nooit weer 'n dokter sien nie.

Sy het erken dat sy sonder enigeen se hulp gekraam en die babas se lyke in plastieksakke gesit het.

Sy het twee pasgebore babas in die tuin begrawe en die res in die motorhuis versteek, het Eric Vaillant, staatsaanklaer gesê.

"Sy het gesê sy wou nie nog kinders hê nie, en dat sy nie na 'n dokter wou gaan om voorbehoedmiddels te kry nie," het Vaillant gesê.

"Elke keer was sy bewus dat sy swanger is."

Cottrez en haar man, Pierre-Marie Cottrez, is Woensdag in hegtenis geneem ná die nuwe eienaars van die huis twee lyke in die tuin gevind het.

Die vrou is steeds in aanhouding en sal verdere psigiatriese toetse ondergaan.

Haar man is vrygelaat en nie aangekla nie.

Hy beweer hy het niks van sy vrou, wat baie geset is en maklik haar toestand weggesteek het, se swangerskappe geweet nie.

Die paartjie se twee volwasse dogters, wat in hul 20's is, is ondervra.

Volg Nuus24 op Twitter

- Sapa - AP

Lees meer oor: hof  |  misdaad

Kommentaar is afgeskakel vir hierdie artikel

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...