N-Ierland premier uit ná vrou se vryery

2010-01-12 09:15

Anesca Smith

Londen - Noord-Ierland se premier, Peter Robinson, het Maandag tydelik uit sy pos getree in ’n politieke krisis wat spruit uit sy 60-jarige vrou se liefdesverhouding met ’n 21-jarige man.

Robinson, leier van die Democratic Union Party (DUP), het ’n kabinetskollega, Arlene Forster, gevra om minstens vir die volgende ses weke as premier in te staan.

Sy het dié aankondiging Maandag gemaak.

Dit volg nadat die buite-egtelike verhouding tussen Robinson se vrou, Iris, en Kirk McCambley, toe dié 19 jaar oud was, verlede week op die lappe gekom het.

Boonop is onthul dat Iris Robinson haar jong minnaar op onreël­matige wyse gehelp het om ’n restaurant in die suide van Belfast te open.

Sy het glo ’n lening van £50 000 (sowat R589 000) van twee eiendomsontwikkelaars vir hom verkry en was boonop ’n lid van die plaaslike raad wat toestemming aan hom verleen het om die restaurant te open.

Intussen vind die Ierse publiek die hele skandaal onweerstaanbaar komies, het die Independent Maandag berig.

Die liedjie “Mrs Robinson” deur Simon & Garfunkel is tans een van die gewildste versoeke op radiostasies in Belfast.

Die premier ontken dat hy bewus was van sy vrou se bedrywighede en het teruggestaan uit sy pos in die hoop da ’n onafhanklike ondersoek in die komende weke sy onskuld sal bewys.

Hy word beskuldig dat hy geweet het van die lening en nie hierdie belange verklaar het nie.

Sy vrou, self ’n LP, is intussen die naweek uit die party geskop. Sy ontvang glo psigiatriese hulp ná sy kort nadat die verhouding op die lappe gekom het glo probeer het om selfmoord te pleeg.

Na verneem word, is Westminster ’n ondersteuner van Robinson se premierskap weens sy tegemoetkomende betrekkinge met die linksgesinde Sinn Fein-party.

Die skandaal is verlede week deur die BBC-program Spotlight aan die lig gebring.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: politiek  |  skandale

Lewer kommentaar

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Account Manager

Western Cape - Cape Town
Media24

Designer

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Sub-editor: Visi

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...