Moslems bid in verkeerde rigting

2010-07-29 14:21

Riaad - Aanbidders by 'n moskee in 'n Saoediese dorp naby Mekka, het uitgevind hulle bid al vir die afgelope tien jaar in die verkeerde rigting, het 'n koerant in die land Donderdag berig.

Moslems is veronderstel om in die rigting van heilige Kaaba-klipstruktuur in Mekka te bid.

Inwoners van Hadda, sowat 20km noordwes van Mekka, moet in 'n suidoostelike rigting gebid het, maar het vyf keer 'n dag in 'n noordelike rigting gebid.

Ná hulle die fout agtergekom het, het die leiers van die moskee die rigting verander sodat hulle nou na Kaaba draai om te bid.

Volg Nuus24 op Twitter
 

- Sapa-DPA

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: geloof

popeye

-   Julie 29, 2010 om 14:37

Oeps!

lol

-   Julie 29, 2010 om 14:51

eks jammer - maar ek het leke gelag :) almal by die werk ook - dankie Beeld

Goose

-   Julie 29, 2010 om 14:51

Nou wonder ek of hulle gebede verloor is? Al wat ek weet is dan my God (Vader, Seun en Heilige Gees) nie aan 'n rigting gebonde is nie. Ek kan enige tyd in enige rigting kyk en hom aanbid en AL my gebede sal verhoor word.

vaaljapie

-   Julie 29, 2010 om 15:02

Dis skreeu snaaks. Dit gaan in elk geval geen verskil maak nie. Ai, ai, ai...tog.

Tsotsi

-   Julie 29, 2010 om 15:05

Ek ek dog ek het probleme...

Roger

-   Julie 29, 2010 om 15:05

Eksuus! maar ek het lanklaas so lekker gelag

Martin

-   Julie 29, 2010 om 15:08

So watter kant toe het die "Blink kant" gewys?!

Albertus

-   Julie 29, 2010 om 15:09

Kan die Gift of the Givers nie trauma beraders stuur nie? Arme mense!

Rigting?

-   Julie 29, 2010 om 15:17

Bid in die verkeerde rigting...???
Hulle bid net verkeerd - punt!

Fouche

-   Julie 29, 2010 om 15:22

Ek wonder of Allah steeds sulke agterstevoor gebede sou verhoor?

Salla

-   Julie 29, 2010 om 15:26

Bid jou dit aan. Dit is mos onverbiddelik.

carmen

-   Julie 29, 2010 om 15:27

Ek vind hierdie artikel verskriklik snaaks! Wonder of hul gebede geantwoord was??? haha

IJAN

-   Julie 29, 2010 om 15:30

dankie tog ons het net een rigting om te bid!Dit is nogal baie snaaks!

Rouxenator

-   Julie 29, 2010 om 15:31

Ek weet nie wat die snaakste is hier nie - die feit dat hulle oor rigtings kwel of die feit dat hulle nog glo aan gebed!

Jarre maar geloof is darem 'n groot vermorsing van tyd.

Nico

-   Julie 29, 2010 om 15:36

Uitstekend, Albertus!!!

Belim

-   Julie 29, 2010 om 15:38

o hel ek wonder wat gaan hulle nou doen? Het die verkeerde mense nou geluister of wat is die rigting nou so belangrik ? Wys jou mens moet nooit aardse goed gebruik om te aanbid nie .. soos rigtings en afgode ens nie ..

Jessie

-   Julie 29, 2010 om 15:44

Jis, iemand se kopdoek gaan waai oor hierdie ene. Hoe rigting beduiweld kan mens raak - ek het gedink ek is erg!!

Liesbet

-   Julie 29, 2010 om 15:53

Gits.... lekker giggel ek nou.

shaune

-   Julie 29, 2010 om 15:58

dis nou een hellse snaakse grap wat ek gelees het. en dit sommer in die beeld. wat de hel maak rigting saak?

Plot Rot

-   Julie 29, 2010 om 16:01

Ja,nee kyk! Iemand se kop gaan afgekap word oor die ''foutjie''

Albertus

-   Julie 29, 2010 om 16:07

Rouxenator - jy sê geloof is 'n mors van tyd, maar jy gebruik nog steeds die Here se naam ydellik? Hoe verstaan 'n mens dit?

Ria Maritz

-   Julie 29, 2010 om 16:09

@ROUXENATOR : Ek kan nie anders as om te reageer op jou kommentaar nie. Weet jy, al is ons dae 'n gejaag na wind, is daar steeds kosbare tyd om 'n persoonlike gesprek met MY HEMELSE VADER te hê. Ek is 'n getuie van sy liefde, vergifnis, ja, en selfs die genesing van 'n siekte.

Riets

-   Julie 29, 2010 om 16:13

Haai, shame.

Bose Goos

-   Julie 29, 2010 om 16:18

Iemand se Garmin of TomTom werk nie te lekker nie!

Zirp

-   Julie 29, 2010 om 16:25

Is hulle gebede dan nou die afgelope 10 jaar nie verhoor nie?

Leon

-   Julie 29, 2010 om 16:28

Hi, al die tyd toe n vermorsing? Ja wys jou, n mens het nie rigting nodig om te bid nie!

Ekke

-   Julie 29, 2010 om 17:41

Tog snaaks hoe lekker die ou spul Jesus Freaks met hulle denkbeeldige vriend nou ewe skielik giggel en kekkel en plesierig raak. Maar loer jy net skeef na hulle geloof bemors hulle hulself behoorlik.

Kola

-   Julie 29, 2010 om 19:06

Dis nou iets waaroor hulle weer sal moet bid.

@Ria @Albertus

-   Julie 29, 2010 om 21:16

As julle gereeld aan gesprekke deelneem sal julle sien Rouxenator het 'n altyd 'n eiertjie te lê oor enige geloofs onderwerp. Nou is tot Moslems verkeerd. Verbasend genoeg weet die persoon nogal baie van die bybel af vir iemand wat nie in geloof glo nie. Dalk glo Rouxenator in evolusie, niels holgerson, big bang teorie, buck rogers of die wetenskap fantasiee.

Aan die Moslem gemeenskap kan ek sê dit neem manne om te erken hulle het 'n fout gemaak en dit reggestel! Dit is die fout wat die so genaamde volk van God nl. "christene" lag maak grappies van 'n volk se geloof!! Geen respek vir niemand nie dit is hoekom ek my rug op christenskap gedraai het! Sit en dink baie en logies wat se kommentaar julle gelewer het! Dit is hoekom daar geen eenheid onder christene is nie. Julle kan shalom en al ander woorde gebruik om mekaar te beindruk maar geen respek nie!

Nie Muslem nie

-   Julie 30, 2010 om 08:01

Daar is Afrikaans sprekende Muslims wat hierdie berig sal lees en hierdie grou humor hierbo ook.
Ek is nie Muslim nie, maar ek skaam my vir hierdie simpel grappies hierbo. Julle spot oor iets wat vir ander belangrik is. Die meeste van die 'commontators' hierbo is verseker belydende Christene, maar watter Muslim sal ooit belangstel in hul getuienis.

Pilot

-   Julie 30, 2010 om 09:06

"Turn one tree zero degrees and proceed on course".

poison69

-   Julie 30, 2010 om 10:10

@Rouxenator, al waar in die persoon belangstel is aandag, al is dit negatief, sy kommentaar trek alewig na die skewe kant "shame" my ou get a life a real one......

Annette

-   Julie 30, 2010 om 11:22

Dit is rerig nie nodig om te spot met hulle nie. Vir hulle is dit 'n ernstige saak. Christene hou nie daarvan dat daar met hulle geloof moet gespot word nie, so hoekom hulle spot. Hulle glo ook in God nes ons. Al verskil tussen ons en hulle is dat hulle nie glo dat Jesus al gebore en gekruisig is nie. Hulle wag nog op die Messias. Selfs na Christus het baie Jode nie glo dat die Messias al gekom het nie. Lees bietjie die Bybel Roman. Dit is baie insiggewend. So hou op spot met die Moslems, hulle kruisig ons nie oor ons geloof nie.

Nie Kerkganger

-   Julie 30, 2010 om 12:14

Ek stem saam met Nie Muslem nie, sover is jy die enigste persoon wat sin praat. Om vir ander se geloof te lag en jou steeds 'n christen noem is om van te gal. Hulle lag nog, wat is snaaks daaraan. Ek kan ook nie dink hoekom Die Burger sulke snert plaas, en dan nog hierdie snert van kommentaar ook van Christene.

Hendrik

-   Julie 30, 2010 om 12:37

Ek is n ateis en glo in niks.Ek respekteer egter mense se gelowe e waarin hulle of wat hulle ook al glo.As ek na van die neerhalende kommentaar en gespottery van Christene en andere lees dan kan ek nie anders as om julle platvloers te noem nie. Sies man.

Willempie

-   Julie 30, 2010 om 13:10

Nie een van die gelowe op aarde kan egter claim dat hulle manier van God aanbid reg is nie, want vir my is baie van die voorskrifte in die Bybel ook snaaks, of eerder onverstaanbaar, en ek is 'n Christen. Ek dink God het daardie Moslems wat in die "verkeerde rigting" gebid het se gebede gehoor. Of het Hy sy "ore" dalk toegedruk? Dit is nogal snaaks as mens daaraan dink dat God nou so iets sal doen.

Johann

-   Julie 30, 2010 om 13:40

Weereens klim die christene eerste op die wa van bespotting. Julle maak my naar. Maar dis seker reg. Sondag sit julle weer vroom in die kerk met julle fake halos en hoop julle sondes word vergewe. Ek glo in God drie enig maar kan om hemels naam my nie assosieer met julle sogenamde christene nie. Daar is genoeg plek in die son vir alle gelowiges. Al het hulle in die verkeerde rigting gebid, bid hulle 5 keer n dag. Hoeveel keer bid julle?

lollie

-   Julie 30, 2010 om 13:46

dit is nogal snaaks om te sien hoe ander lag oor n fout wat gemaak is, en dat ons mekaar sleg kan se oor gloof. kom ons maak soos christine en verdra almal om ons.

Ash

-   Julie 30, 2010 om 13:47

Sies Christene! spotter kry sy loon. What would jesus say?

Willem

-   Julie 30, 2010 om 13:59

Dis sulke opmerkings en gedrag wat tot die dood van miljoene Jode in die tweede wereld oorlog gelei het. Ek dink die "Christene" moet twee keer dink oor hul geloof en die boodskap wat hulle na die res van die Suid Afrikaners stuur met hulle simpel grappies.

Karen

-   Julie 30, 2010 om 14:02

Hendrik as jy sê jy is 'n ateis, jy glo in niks nie, dan glo jy daar is nie 'n God of 'n geloof nie, dan glo jy tog .Want om in niks te glo nie moet jy glo dit bestaan nie?

chrisitine

-   Julie 30, 2010 om 14:03

Hendrik ek stem saam ek is nouwel nie n ateis nie maar ek dink dit is n skande dat daar met ander gelowe die spot gedreig word,kan daar nie iets meer intellegent gese word nie,hul kritiseer jul nie,dis baie platvloers en laag van julle siesman

Sha-sha

-   Julie 30, 2010 om 14:04

Ek dog jy moet na bo bid. Hoop nie na dese hoor ons, ons moet na onder bid nie. Grappig.

andre barnard

-   Julie 30, 2010 om 14:09

Ja, wys vir my 10 miljoen Moslems wat nie Christene is nie en ek wys jou 10 miljoen Christene wat nie Christene is nie.

Rudi

-   Julie 30, 2010 om 14:29

Aag toe, komaan, kry bietjie lewe mense. Dis nie geloofsvervolging nie, dis net 'n grap. Ek's seker 'n hele klomp Saudis dink self dis vrek snaaks. Dit gaan nie daaroor om met Moslems te spot nie, dis maar net dat mens wonder hoe enige iemand nie kan weet hoe om by Mekka uit te kom *as hy 20km van jou af weg is nie* ... selfs ek weet min of meer in watter rigting Mekka van my af is, en ek's nie eens 'n Moslem of 'n Saudi nie.Ek meen, as ons Moslems hier in die RSA, wat aan die ander kant van die wêreld van Mekka af is, dit kan regkry om in die regte rigting te bid ... dan is iets groot fout met die Geometrie-lesse in Hadda se dorpskool. lolHoekom is almal so vreeslik bang om aanstoot te gee? Iets kan hoe snaaks wees, maar sodra godsdiens enigsins betrokke is, Mag Mens Nie Lag Nie. Eish ... tel vryheid van spraak dan net solank dit niemand anders moontlik mag pla nie?

willi@Goose

-   Julie 30, 2010 om 14:44

Jy is besig om jouself te bullshit. van waneer af word 'n gebed verhoor? Daar is mos altyd 'n rede, die veekeerde tyd, nie deel van god se plan nie ens... ek het nog nooit gesien dat iemand vir iets bid en dit kom waar nie!

Willem

-   Julie 30, 2010 om 15:57

Ek dink dit is definitief snaaks, maar kom ons vergeet van ons geloofs opmerkings en die pogings om mense te bekeer almal is nie dieselfde nie.

Jigsaw

-   Julie 30, 2010 om 16:04

Hendrik,Selfbehae diskrimenasieonverdraagsaamheidheksejag en brandstapel pakis nie platvloers nie

Hendrik@Karen

-   Julie 30, 2010 om 17:19

Jy is deels reg Karen.Ek glo nie God bestaan nie en ek glo nie aan die hiernamaals nie.Ek glo ook nie jy kry enige iets as jy daarvoor bid nie.Ek weet daar is mense wat bid e dan glo hulle as iets TOEVALLIG gebeur is hulle gebde verhoor.Wat ek wel se is, as mense glo maak nie saak wat nie en dit help hulle om beter mense te wees dan is dit goed.Ek se dat wanneer mense glo in hulle afsonderlike gelowe dan moet mens hulle nie spot nie. Christene was nog altyd soos aasvoels op iemand wat anders as hulle dink en wil net hulle oe uit pik. Kyk hoe ryk word Angus uit mense se onkunde uit!!!!!! En so ook mc Cauley en baie ander.

Bittergal

-   Julie 30, 2010 om 20:38

Ek bid nog altyd rigtingloos - maar dit werk!!

Lewer kommentaar

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R750,000-800,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

CA (SA)

Gauteng
Hire Resolve
R600,000-650,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Financial accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...