Miljoene gesmokkelde sigarette gevind
2010-07-30 01:25
Lissabon – Polisie in Portugal het Donderdag gesê dat hulle in die laaste twee maande op bykans 35 miljoen gesmokkelde sigarette – 1,7 miljoen pakkies – beslag gelê het.
In die afgelope week het polisie 500 000 pakkies gesmokkelde Benson&Hedges sigarette, wat in China gemaak is, op ‘n vragmotor in die westelike Peniche-distrik gevind.
Vier mense, waaronder twee Portugese en twee buitelanders was, is in hegtenis geneem.
Die sigaretpakkies was in Engels en het per skip in die hawe van Leixoes aangekom. Dit was vir markte in Portugal en Europa bedoel, het die polisie gesê.
In Julie is 489 500 gesmokkelde Chesterfield en Marlboro sigarette gevind wat vir Asië bestem was.
Volg Nuus24 op Twitter