Simon Cowell groet American Idol

2010-01-12 11:25

Los Angeles  - Simon Cowell, een van die beoordeelaars op die realiteitsprogram, American Idol het gesê hy gaan in Maart vir die Fox TV-program groet om sy eie sangkompetisie aanstaande jaar op die been te bring.

Cowell, een van die mees magtigste entrepreneurs in realiteitstelevisie, het alle bewerings gestaaf dat hy ‘n Amerikaanse weergawe van sy Britse program, The X Factor in 2011 na News Corp toe bring.

Cowell (50), wat bekend is vir sy sarkastiese aanmerkings, was een van die groot faktore wat ‘n rol gespeel het in American Idol se ses jaar lange sukses.

Hy het gesê hy gaan self as ‘n beoordeelaar, maar ook as ‘n uitvoerende regisseur vir The X Factor optree.

Hy het egter met sekerheid aan verslaggewers gesê dat American Idol net so suksesvol sonder hom sal wees.

Die negende reeks van dié program begin volgende week met Cowell op sy plek, asook die nuutste beoordeel, Ellen DeGeneres.

Sy neem by een van die voormalige beoordeelaars, Paula Abdul oor wat verlede jaar haar bedanking ingedien het. Cowell het egter ‘n paar wenke gegooi oor haar moontlike aansluiting by The X Factor.

Cowell het bygevoeg dat hy baie geld aangebied is om sy kontrak met American Idol te hernieu.

“Ek het egter gevoel ek wil iets anders doen. Ons het die moontlikheid bespreek om by beide programme betrokke te wees, maar dit gaan ongelukkig onmoontlik wees.”

"Ek glo nie dat Idols my program is nie, maar dit is ‘n groot deel van my lewe."

Fox het gesê The X Factor, een van die top programme in Europa en met ‘n gehoor van sowat 500 miljoen kykers oor 17 nasies, sal in herfs 2011 sy verskyning maak.

Daar is nog niemand in Cowell se plek aangestel nie, het Fox gesê.

Sowat 49% van die program se aanhangers het in ‘n peiling gesê hulle sal nie meer vir Idols kyk as Cowell weg is nie.

Fox het egter gesê hulle gaan voort met die program en gaan seker maak dit is net so ‘n groot sukses soos altyd.

-Reuters
 

Kommentaar is afgeskakel vir hierdie artikel

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Construction Manager

Gauteng - Midrand
Master Career Consulting

Financial Manager

Gauteng - East Rand
Network Recruitment CA- Centurion
R550,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Service Line Manager: Water

Gauteng
Master Career Consulting

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...