MultiChoice nou tjoepstil oor porno

2010-03-11 07:06

Thinus Ferreira, Die Burger

Kaapstad - MultiChoice is nou tjoepstil oor DStv se porno-planne, terwyl sy komende mededinger, On Digital Media (ODM), ook nie ’n woord wil rep oor die moontlikheid dat sy TopTV-diens sekskanale gaan aanbied nie.

Die Burger het Woensdag van ingeligtes by MultiChoice verneem dat dié betaal-TV-diens deur ’n magdom ontstoke intekenare, belangegroepe en lede van die publiek oorval is nadat Die Burger berig het dat MultiChoice marknavorsing oor pornografiese TV-kanale doen en die moontlikheid van sekskanale op die DStv-boeket oorweeg.

MultiChoice het toe gesê die seksboeket word oorweeg omdat “MultiChoice die afgelope paar maande oorval is deur versoeke vir volwasse inhoud op DStv’’.

Intussen het Helpende Hand, Solidariteit se gemeenskapsinisiatief – wat dadelik ’n “Nee vir Pornografie’’-veldtog begin het – Woensdag gesê meer as 41 000 Suid- Afrikaners het reeds hul stemme by die veldtog gevoeg. Helpende Hand gaan binnekort ’n protesdokument aan MultiChoice oorhandig.

“Die reaksie was verstommend,’’ het ’n MultiChoice-ingeligte gesê oor die reaksie wat reeds van die publiek ontvang is. “MultiChoice is oorweldig deur die porno-bohaai.

“Daar was soveel kommentaar en e-posse wat ingestroom het. Niemand het dié fel reaksie verwag nie.’’

MultiChoice wou nie antwoord op Die Burger se vraag wanneer hy finaal gaan besluit oor sekskanale – wat ’n kombinasie van sagte en harde pornografie kan insluit en as ’n aparte intekenaar-boeket sou funksioneer – nie.

Hy wou ook nie sê watter reaksie hy tot dusver ontvang het nie. “Die situasie het nie verander sedert ons laaste kommunikasie nie. Ons sal jou op hoogte hou sodra ons ons finale besluit geneem het.’’

ODM, wie se TopTV-satellietdiens in Mei gaan begin, trap nou ook katvoet en wou ook nie uitwei oor moontlike porno-planne en of kykers sekskanale in die beskikbare boeket sal kan kies nie.

“Ons sal ons finale produk binne twee weke aankondig en sal ook dan (die kwessie van) volwasse kanale hanteer,’’ het Vino Govender, ODM-direkteur, gister gesê.

- Die Burger

Lees meer oor: dstv  |  pornografie

Kommentaar is afgeskakel vir hierdie artikel

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Sub-editor: Visi

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

IT Risk consultant

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R300,000-400,000 Per Annum Cost To Company

Corporate PA to CEO & Financial

Western Cape
Personastaff
R15,000-18,000 Per Month

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...