Botes se rock-opera ná 12 jaar op planke

2010-07-29 08:51

Die kitaarmeester Mel Botes se produksie David’s Confession, wat reeds 12 jaar gelede as konsep gebore is maar nog nooit na behore lewe op die verhoog gekry het nie, is binnekort in die Theatre of Marcellus by Emperors Palace te sien.

Vir Botes is dit om vele redes ’n besondere hoogtepunt.

“Destyds het almal gesê die produksie is sy tyd vooruit, so ons sal nou sien of 12 jaar genoeg was!”

Weens ’n sameloop van verskeie omstandighede het David’s Confession nooit 12 jaar gelede die lig gesien soos Botes dit in sy gedagtes voorgestel het nie.

Met ’n volle koor en simfonie-orkes was sy drome gróót; die klank van die musiek nog groter. “Kom ons neem dit op voor die Egiptiese piramides,” het hy in ’n stadium die organiseerders probeer oortuig.

Indertyd, 1998, het Botes en die Botha-broers van die groep Georgia – Andries, Philip en Conrad – ’n kontrak gehad om by Sun City op te tree. Hulle was suksesvol en tussen die vier kon kreatiwiteit gedy.

Maar toe kry hulle die wind van voor.

Dit was moeilik om mense te oortuig dat hierdie projek ’n volwaardige konsep-produksie was en nie net ’n paar rockliedjies nie. En in daardie tyd val Conrad met sy motorfiets en word byna noodlottig beseer.

Dinge het deur die mat geval en die David-idee het mettertyd ’n stil dood gesterf, in elk geval op die oog af. “Ek was net moeg baklei,” sê Botes. “Maar in my agterkop was daar altyd die gedagte om dit nog eendag op die verhoog te kry.”

Die CD About Time, die tweede hoofstuk van die vier waaruit die David’s Confession-projek bestaan, het wel die lig gesien en van die rakke gevlieg, maar weens ’n bakleiery oor die musiekregte kon ’n tweede oplaag nooit gedruk word nie. “Mense sê altyd vir my daardie CD het kultusstatus of is ’n versamelitem,” sê Botes.

Daar is baie maniere waarop David’s Confession beskryf kan word, maar in kort kan ’n mens seker sê dat dit ’n futuristiese rock-opera met multimedia-elemente is met die tema van goed teenoor kwaad wat ondersoek word.

“Dit is so ’n universele tema. Ons het oral bemarking gedoen – van kerke tot by biker clubs.”

In die stuk word die lewe van die sentrale karakter gevolg wat algaande besef hoe die kreatiewe proses vir goeie of bose doeleindes aangewend kan word.

Philip Botha, beter bekend as die kunstenaar Ghapi, is die enigste lid van die eertydse Georgia wat by hierdie produksie betrokke is.

- Die produksie is op 13 en 14 Augustus op die planke en kaartjies kos tussen R150 en R300. Dit is beskikbaar by Emperors Palace se loket by 011 928 1297 of by Computicket.

- Beeld

Lees meer oor: vermaak

Kommentaar is afgeskakel vir hierdie artikel

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Liquer Store Manager/ Controller

Mpumalanga
Hutech International Group

Accountant - EE

Gauteng
Hire Resolve
R400,000-450,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...