Bass wen prys vir fliek-idee

2010-07-29 08:50

Durban - Die Kaapstadse rolprentmaker Jenna Cato Bass is die wenner van die Nederlandse Hubert Bals-rolprentprys wat op die ­eerste Durban FilmMart uitgeloof is. Haar voorgestelde rolprentprojek Tok Tokkie is aan­gewys as die “belowendste Afrika-projek wat op die filmmark ­voorgelê is”.

Bass ontvang sowat R45000 om haar projek verder te ontwikkel. “Al was die jurie se besluit een­parig, was dit ’n moeilike keuse omdat al 12 projekte groot belofte toon,” het die beoordelaars ­luidens ’n persverklaring gesê.

Prente van Ethiopië, Burkina ­Faso, Egipte, Nigerië en Suid-Afrika is voorgelê in die fiksie- en ­dokumentêr-genre.

Rolprentmakers soos Madoda Ncayiyana, Idrissa Oeudraogo, Francois Verster en Jessie Chisi was onder diegene wat voor­leggings gedoen het.

Tok Tokkie word voorts as “’n vars, innoverende en oorspron­k­like projek bestempel en het groot kommersiële waarde, wat by Suid-Afrikaanse, Afrika- en internasionale gehore byval sou vind.”

Bass se Tok Tokkie, verwys na die kinderspeletjie waar kinders aan ’n deur klop en dan weg­hardloop.

“Die speletjie is ’n mengsel van vrees en nuuskierigheid. Ons hardloop weg van dit waarvoor ons bang is, tog loer ons steeds om die hoek om te sien watter duiwels of engele die deur gaan oopmaak,” skryf Bass in haar voorlegging.

Haar prent speel in Kaapstad in die nabye toekoms af en handel oor Chi en Fridge, twee inspekteurs wat vir die Black Cross werk.

Dié organisasie sien om na die belange van spoke. Dit is nie ’n maklike taak nie, aangesien die ­regering weier om te erken dat spoke bestaan. Hulle moet ook nog die Freak-polisie beveg, wat poog om spoke te vang en as slawe te verkoop. Hul vennoot is Louis, ’n honderdjarige geesdokter wat in die liggaam van ’n 15-jarige seun ­nesgeskop het.

Die 23-jarige Bass het aan die ­rolprentskool Afda in Kaapstad ­afgestudeer. Sy het ervaring as ’n musiekvideo-regisseur, kinematograaf, skrywer, fotograaf en ­towenaar. Haar rolprente sluit in die wetenskapsfiksie-prent So Long to the ­City; die eksperimen­tele Jellyfish, ’n tienerdrama, ­Already Gone; en en ’n historiese drama, The ­Tunnel.

Die prys is vir Bass ’n groot eer. “Dit is wonderlik dat hulle die ­meriete van my mal prent in­gesien het. Benewens die geld, ­beteken die erkenning dat die keurders in my werk glo.”

Sy het die filmmark as on­ont­beerlik vir ’n jong rolprent­maker beskryf. “Ek het in die ­verlede al sulke markte by­gewoon. Dié een rus jou toe met werklik praktiese inligting om jou projekte te ontwikkel. Boonop bou jy hier ’n ­kontaklys op en kry jy die ­geleent­heid om ’n indruk te maak.”

Met die prys en die kontakte glo Bass dat “Tok Tokkie beslis ’n werklikheid gaan word”.

Die beoordelaars vir die Hubert Bals-prys was Matthew Plouffe van Amerika se Focus Features, Peace Anyiam-Osigwe van die Afrika-rolprentakademie in ­Nigerië en Iwana Chronis van die Hubert Bals-rolprentfonds van Nederland.

Die Durbanse FilmMart is die grootste en een van slegs twee ­ko-produksiemarkte in Afrika. Altesame 185 afgevaardigdes van 16 lande het dit by­gewoon. Dit word tesame met ’n inter­nasionale rolprentfees aangebied wat ­Sondag eindig.

- Die Burger

Lees meer oor: vermaak

Kommentaar is afgeskakel vir hierdie artikel

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Manager Maintenance I

Western Cape
Hutech International Group

Leverage Finance, Mergers & Acquisitions Specialist

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R450,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...