42 minute gelede
Fatima Meer, ’n jare lange vertroueling van oudpres. Nelson Mandela en oud-ANC aktivis, is in 'n Durbanse hospitaal oorlede.
2010-03-11 03:00
Volgens ooggetuies het soldate in ‘n Nigeriese stad losgebrand op ‘n groep jeugdiges wat ná die klokreël om ‘n vragmotor saamgedrom het.
2010-03-10 15:08
Altesaam tien mense is in stormagtige weerstoestande dood nadat dit vloede en grondverskuiwings in Marokko veroorsaak het.
2010-03-09 09:28
Die SAPD ondersoek die dood van ’n baba wat op die vloer geval het nadat sy ma op ’n rolstoel in ’n private hospitaal geboorte gegee het.
2010-03-08 02:09
Drie mense is dood nadat hulle glo vanaf 'n balkon op die vyftiende verdieping van ‘n woonstelgebou geval het, het Sky News berig.
2010-03-07 17:06
‘n Bewaarder by die Shanghai-dieretuin is glo dood nadat hy deur ‘n Bengaalse tier aangeval is, het die plaaslike media berig.
2010-03-05 09:00
Twee polisiebeamptes en ’n polisiereservis van Knysna word gedaag voor die hof nadat ’n verdagte in aanhouding gesterf het.
2010-03-01 20:08
Volgens plaaslike owerhede het ‘n man gesterf nadat hy deur ‘n bul getakel is wat hy as ‘n troeteldier aangehou het.
2010-02-26 13:44
Sowat 15 Moslem-gelowiges is dood in 'n stormloop by 'n moskee tydens die herdenking van die geboorte van die profeet Muhammed.
2010-02-24 13:41
'n Vrou is dood ná sy 20 verdiepings ver uit 'n verlate gebou in Schubert Park geval het, het die polisie in Pretoria gesê.
2010-02-22 22:10
‘n Vredeliewende man is glo agtervolg, met ‘n hamer geslaan en verskeie kere gesteek in sy motor voor sy huis in Sydney.
2010-02-22 06:40
’n Meester in die vliegkuns van Hoopstad is op slag dood toe sy vliegtuig naby die aanloopbaan buite die dorp neergestort het.
2010-02-16 16:49
Agt mense is dood en 40 beseer toe ‘n vragmotorbestuurder beheer oor sy voertuig verloor en in ‘n troue ingeploeg het.
2010-02-14 03:45
Sowat 20 passasiers het Saterdag op ‘n bus in Nigerië gesterf nadat ‘n kabel op die bus geval het en die insittendes geskok het.
2010-02-10 15:04
Die toeskouer wat verlede naweek by die nuwe Kaapstad-stadion aan 'n hartaanval beswyk het, was ’n geliefde boer van Malmesbury.
2010-02-10 07:33
‘n Voetganger is dood nadat ‘n vrou vanaf die 27ste vloer van ‘n hoë gebou, bo-op haar geval het, het die polisie gesê.
2010-02-08 09:44
Owerhede in Japan het ‘n man se liggaam in die onderstel van ‘n Delta-lynvliegtuig gevind, wat vanaf New York in Tokio geland het.
2010-02-05 23:09
Twee mans is in hegtenis geneem nadat die polisie in Johannesburg hulle broer se lyk in ‘n graf in Olivien, Ennerdale gevind het.
2010-02-05 19:27
Harry Schwarz, wat sy hele loopbaan in die Suid-Afrikaanse politiek betrokke was, het op die ouderdom van 85 gesterf.
2010-02-04 21:00
Volgens ‘n nadoodse ondersoek het Brittany Murphy gesterf weens longontsteking en die feit dat sy bedwelm was met medikasie.
2010-02-03 05:52
Durban se Galestraat lykshuis is oorvol en werkers het gedreig om te staak indien niks daaraan gedoen word nie.
2010-01-29 20:48
Drie mense is na bewering dood en twee beseer toe ‘n vyfverdieping-woonstelblok in Hong Kong inmekaargeval het.
2010-01-28 18:00
Die polisie in Thailand is op soek na drie tieners wat vermoedelik ‘n Duitse man op ‘n gewilde vakansie-eiland doodgesteek het.
2010-01-27 19:51
‘n Jong vrou wat uit ‘n venster gespring het, het die voorval oorleef maar in die proses ‘n bejaarde vrou doodgeval.
2010-01-27 10:00
Die soektog na 'n tienerseun wat van 'n brug in Taung deur vloede in die Noordwes meegesleur is, duur voort.
2010-01-26 05:51
Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMV) is geskok na die nuus dat ‘n dokter wreed deur misdadigers vermoor is.
2010-01-25 23:04
‘n Man is dood nadat hy in Okhukho naby Nongoma in die noorde van KwaZulu-Natal deur weerlig raakgeslaan is.
2010-01-25 19:10
Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) is in rou nadat twee sokkerspelers in Kwamhlanga naby Witbank gesterf het.
2010-01-25 14:29
Die bekende Amerikaanse sepiester, James Mitchell, van All My Children faam is aan longversaking op die ouderdom van 89 oorlede.
2010-01-24 21:38
’n 19-jarige Man het Sondag in die swembad van die Cedara Landbou-kollege buite Howick verdrink, het paramedici gesê.
2010-01-22 14:44
‘n Vrou het doodgebrand in haar huis in Auckland, terwyl 'n 12-jarige meisie verbrand het toe sy brandstof snuif.
2010-01-22 08:56
'n Dag voor ’n 25-jarige vrou se eerste hofverskyning in verband met die bisarre moord op ’n pianis verdiep die raaisel steeds.
2010-01-21 07:36
’n Leerling van 'n sekondêre skool het ’n skoolmaat voor ander kinders en onderwysers in ’n klaskamer met ’n mes doodgesteek.
2010-01-20 10:36
Agt mense is dood toe 'n skietery tussen 'n onbekende man en die Amerikaanse polisie langs 'n hoofweg in Virginia uitgebreek het.
2010-01-19 14:44
Die liggaam van ‘n jong vrou is langs ‘n gewilde staproete in Reading, Engeland, gevind, het die polisie gesê.
2010-01-18 23:17
‘n Vrou is dood en ‘n 10-jarige seun in ‘n kritieke toestand nadat ‘n brand by ‘n huis in Trevarrian, Cornwall ontstaan het.
2010-01-18 11:16
‘n Afgekapte kop en ‘n bossie blomme is voor die grafkelder van die ontslape Mexikaanse dwelmbaas, Arturo Beltran Leyva, gevind.
2010-01-15 10:26
Die polisieman wat homself met sy dienspistool geskiet het, was ontsteld oor 'n driejarige meisietjie wat in ’n toilet vermoor is.
2010-01-15 06:33
Die dood van ’n lid van Survivor SA: Santa Carolina se produksiespan het sowat ’n maand ná sy afsterwe eers op die lappe gekom.
2010-01-14 07:00
’n Meisie verlede week haar matriekuitslae gekry het, is dood nadat ’n taxi haar op haar negentiende verjaarsdag doodgery het.
2010-01-13 09:07
Die vermoorde Van Zyl-egpaar, Koos en Retha, is in die ou tuin van haar geboorteplaas Beth-saida ter ruste gelê.
2010-01-11 09:19
‘n Bejaarde vrou is wreed in haar huis in Lyttelton aangeval en vermoor, voordat die misdadigers haar woning aan die brand gesteek het.
2010-01-07 07:33
Springs het afskeid geneem van die “Boet, you need a Bantam”-man wat 21 dae nadat hy tydens ’n gewapende rooftog geskiet is dood is.
2010-01-05 09:19
‘n Werker by ‘n dieretuin is deur ‘n leeu verslind toe hy probeer het om die dier se hok skoon te maak, het die media berig.
2010-01-04 15:24
Sowat 18 mense is moontlik dood nadat ‘n oorvol vissersboot omgeslaan het op ‘n rivier in die ooste van Indië.
2010-01-04 07:27
Die graf van ’n bejaarde man van Roodepoort moes inderhaas oopgemaak word omdat die verkeerde man daarin begrawe is.
2010-01-03 02:03
Die Amerikaanse weermag het bekendgemaak dat een van hulle soldate in Irak gesterf het. Sy identiteit is nog nie bekend nie.
2009-12-31 21:12
Swaar reënval in Rio de Janeiro het erge modderstortings veroorsaak en kort voor 2010 die lewens van sowat 18 mense geëis.
2009-12-31 17:35
Die lyk van die vermiste vierjarige, Wayne Jonkers, is sowat 16km vanaf sy huis in Daniëlskuil gevind, het die polisie gesê.
2009-12-27 14:32
’n Man het gesterf nadat hy van sy skaatsplank afgeval het en die sypaadjie in Westville, KwaZulu-Natal getref het.
2010-03-11 08:54
Die polisie in Nigerië het gesê 49 mense van moord aangekla sal word ná die bloedbad waarin meer as ‘n 100 inwoners gesterf het.
2010-03-10 16:20
Die gewilde akteur Corey Haim is op die ouderdom van 38 oorlede. Polisie vermoed dat die oorsaak van sy dood ‘n dwelm-oordosis was.
2010-03-09 09:33
Ses mense het een na die ander gesterf nadat hulle ‘n waterput vol dieseldampe in sentraal-Kambodia binnegegaan het.
2010-03-08 04:08
Twee jong meisies is dood nadat hulle deur ‘n groot golf in Noorweë die see in meegesleur is en meer as ‘n uur lank in die yskoue water was.
2010-03-08 00:06
Drie mense het doodgebrand nadat hulle hut in Bishop Lavis aan die brand geslaan het, het die polisie in die Wes-Kaap gesê.
2010-03-07 05:56
‘n 22-jarige jong man het glo weens dehidrasie in ‘n hospitaal gesterf nadat verpleegsters nie aandag aan sy hulpkrete gegee het nie.
2010-03-02 22:02
Twee Russiese mans het in ‘n sauna gesterf nadat hulle in ‘n vlak swembad ingespring het wat per abuis tot kookpunt verhit was.
2010-02-28 04:10
‘n Kontroversiële program wat die dood van Michael Jackson gedramatiseer het vir ‘n televisiekanaal het heelwat kritiek ontlok.
2010-02-25 05:20
LG Electronics in Suid-Korea gaan sowat een miljoen wasmasjiene herroep nadat ’n kind in een van hulle modelle gesterf het.
2010-02-23 09:04
Gaste wat op ’n grasperk by die Riverside-hotel langs die Vaalrivier ontspan het, het die lyk van 'n man in dié rivier sien verbydryf.
2010-02-22 07:15
’n Gruwelike misverstand het blykbaar daartoe gelei dat ’n verloofde man eergister in Bloemfontein in die kop geskiet is.
2010-02-22 06:26
’n Buitelandse stapper teen Tafelberg het vermoedelik aan ’n hartaanval gesterf op een van die berg se bekendste staproetes.
2010-02-15 01:37
Twee mans wat glo ‘n Valentynsdag-geskenkewinkel in Los Angels beroof het, is vroeg Sondagoggend ná ’n wilde jaagtog oorlede.
2010-02-12 11:39
Die uitvinder van die frisbee, Walter Fredrick Morrison, is na ‘n lang stryd teen longkanker op die ouderdom van 90 oorlede.
2010-02-10 11:13
‘n 18 Maande oue babaseun het saam met ‘n bejaarde bestuurder gesterf, nadat dié op ‘n besige hoofpad in hom en sy ma geploeg het.
2010-02-08 22:35
Die akteur Ian Carmichael, een van die sterre van I’m All Right Jack en ander komedies, is dood op die ouderdom van 89.
2010-02-06 19:11
‘n Toeskouer het na bewering inmekaargesak en gesterf tydens die wedstryd tussen die Stormers en die Boland XV in Kaapstad.
2010-02-05 20:22
'n Drieling wat vroeër vandeesweek week onverwags in ‘n toilet van 'n Kaapse winkelsentrum gebore is, het gesterf.
2010-02-05 02:51
‘n Pasiënt wat glo 'n dodelike dosis diamorfien vanaf ‘n “onbekwame” dokter ontvang het, se dood word as manslag gesien.
2010-02-03 23:15
Springbokrugby het in groot getalle afskeid geneem van die Bok-held Ruben Kruger wat verlede week aan breinkanker oorlede is.
2010-01-30 14:45
Een vrou is dood en sowat nege mense is beseer nadat twee motors in ’n motorongeluk in Kaapstad betrokke was.
2010-01-28 20:31
Die legendariese skrywer van The Catcher in The Rye, JD Salinger, het op die ouderdom van 91 in sy huis in New Hampshire gesterf.
2010-01-28 14:03
Nóg huldeblyke het vir die voormalige Springbok-rugbyspeler Ruben Kruger, wat sy stryd teen breinkanker verloor het, ingestroom.
2010-01-27 17:52
Die lyk van ‘n brandweerman is in Taung gevind nadat hy vroeër in vloedwaters weggespoel het, het die polisie in Noordwes gesê.
2010-01-26 22:35
‘n Man is in hegtenis geneem nadat die ontbinde lyk van sy vierjarige stiefdogter in ‘n mieliemeelsak in sy klerekas gevind is.
2010-01-26 00:10
Die bekroonde Suid-Afrikaanse beeldhouer Jackson Hlongwane is op die ouderdom van 99 oorlede, het SABC-radionuus berig.
2010-01-25 21:05
‘n 23-jarige vrou wat in hegtenis geneem is vir die moord op haar baba het selfmoord gepleeg in ‘n tronksel in Bethulie.
2010-01-25 17:20
‘n Vrou is deur ‘n taxi doodgery terwyl sy van haar man gevlug het nadat hulle in ‘n argument betrokke was, het die polisie gesê.
2010-01-24 22:46
Nóg liggame is Sondag in die Nigeriese myndorp gevind, nadat gevegte tussen Moslems en Christene losgebars het en talle se lewens geëis het.
2010-01-24 19:36
’n Man was glo deur ’n ander man met ’n mes doodgesteek nadat hulle ’n uitval oor ’n bottel bier in Cullinan gehad het.
2010-01-22 10:54
‘n Vrou in haar 30's is doodgeskiet tydens ‘n rooftog by ‘n kafee in Boksburg, het paramedici in Johannesburg gesê.
2010-01-21 13:32
‘n Britse ma is tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat sy haar seun, wat breindood was, met ‘n oordosis heroïne ingespuit het.
2010-01-20 14:44
Twee honde het die oorskot van hulle eienaar opgevreet terwyl die lyk vir ‘n maand ná sy dood in sy huis gelê het.
2010-01-19 20:21
‘n Waaghalsige vlieënier wat met ‘n mikrovliegtuig na Australië wou vlieg om geld in te samel vir liefdadigheid, het gesterf.
2010-01-19 09:25
‘n Britse toeris is dood nadat erge storms in die Midde-Ooste ‘n seiljag omgeslaan het op die Nyl, het Sky News berig.
2010-01-18 14:24
‘n Britse man staar verskeie aanklagte in die gesig nadat hy ‘n ma van twee kinders glo met haar eie motor doodgery het.
2010-01-17 03:54
‘n Kanadese soldaat is dood nadat hy op ‘n tuisgemaakte ontploffingstoestel in Panjwaii, Afghanistan getrap het, het millitêre magte gesê.
2010-01-15 07:12
’n Sakeman van die Vaaldriehoek is in die rondgaande hof skuldig bevind aan strafbare manslag nadat hy van moord aangekla is.
2010-01-14 09:05
Die lyk van ’n 18-jarige weeskind van Evander is gevind nadat hy hom met ’n elektriese koord aan ’n boom gehang het.
2010-01-13 11:32
‘n 81-jarige vrou is sowat 50 keer met 'n mes gesteek en haar keel is afgesny deur 'n buurman wat haar van heksery beskuldig het.
2010-01-11 10:41
Twee tienerseuns is Sondag binne ure van mekaar in die Oos-Kaap deur weerlig doodgeslaan, het die polisie gesê.
2010-01-11 08:45
Die polisie in die Wes-Kaap is op soek na verdagtes nadat ‘n 15-jarige seun in Mitchells Plain doodgeskiet is.
2010-01-06 17:00
Nog drie lyke is langs Griekeland se grens gevind, wat die aantal lyke wat vandeesweek in dié gebied ontdek is, nou op 12 te staan bring.
2010-01-05 08:29
’n Fratsongeluk waarin ’n Koffiefonteinse man onthoof is, het sy gesin woedend en hulle eis antwoorde van die myn.
2010-01-04 12:05
Die speurder wat die bankrower André Stander destyds in hegtenis geneem het, brig.Manie van der Linde, is die naweek oorlede.
2010-01-04 06:44
’n Student aan die SUT in Bloemfontein, het op sy ouers se plaas, Adelaide, gejag toe ’n skoot afgegaan en hom getref het.
2010-01-02 06:28
‘n Brand by ‘n huis in Plymouth het vyf lede van ‘n gesin uitgewis, het die plaaslike media berig. Die saak word steeds ondersoek.
2009-12-31 20:18
Die Amerikaanse spioenasiediens (CIA) het bevestig dat sowat sewe van hulle agente in ‘n selfmoordbomaanval dood is.
2009-12-29 06:58
Die legendariese rolprentmaker van films soos Tant Ralie se losieshuis en My broer se bril is in die ouderdom van 85 dood.
2009-12-27 04:50
Die teen-apartheid digter, Dennis Brutus, is op die ouderdom van 85 in sy slaap by sy huis in Kaapstad oorlede.