2010-09-01 10:14
‘n 17-jarige seun is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n vierjarige verwurg het en die misdaad erken het, het die polisie gesê.
2010-08-28 01:30
‘n Negejarige meisie is verkrag, met 'n byl vermoor en haar lyk in ‘n veld in Alberton begrawe, het die polisie gesê.
2010-08-23 22:59
Twee babas is dood en vyf ander is ernstig siek nadat hulle by 'n Duitse hospitaal as gevolg van ‘n besmette drup vergiftig is.
2010-08-20 09:40
'n 11-maande oue dogtertjie is in 'n swembad by haar woning gevind nadat sy vermis geraak het, maar dit was te laat om haar by te bring.
2010-08-17 14:15
‘n Brand het uitgebreek by ‘n kliniek in Boekarest en die lewens van vier pasgebore babas geëis, het die Mediafax-nuusagentskap berig.
2010-08-10 09:23
’n Raaisel omhul die grusame ontdekking van ’n babalykie, halfpad deur honde opgevreet, wat in die agterplaas van ’n huis gekry is.
2010-08-07 03:34
Die saak teen die drie mans wat van die moorde op 'n vrou en haar dogters van Theresa Park verdink word, is tot 12 Augustus uitgestel.
2010-08-05 22:19
18 Tanzaniese skoolkinders het Donderdag verdrink nadat hul boot op die Victoriameer omgeslaan het, het ‘n plaaslike beampte gesê.
2010-08-05 17:09
Die Skotse polisie ondersoek die raaiselagtige dood van 'n vyfjarige meisie en haar agtjarige tweelingboeties in Edinburgh.
2010-08-04 17:59
‘n 41-jarige vrou is in hegtenis geneem op aanklag van kinderverwaarlosing ná haar vierjarige seun dood in ‘n tuimeldroeër gevind is.
2010-08-02 21:42
Drie skoolkinders en hul onderwyser is dood toe ‘n trein teen hul bus gebots het nadat hulle van 'n uitstappie teruggekeer het.
2010-07-31 04:49
‘n Vierjarige seun het 'n driejarige meisie doodgeskiet nadat hy 'n rewolwer opgetel het wat op 'n kombuistafel gelos is.
2010-07-29 05:47
Franse polisie het ‘n paartjie in hegtenis geneem nadat die lyke van agt pasgebore babas in ‘n huis en 'n tuin gevind is.
2010-07-27 03:36
Die lyke van twee volwassenes en twee jong meisies, onderskeidelik een en twee, is in hul familiehuis in Hampshire gevind.
2010-07-21 17:00
Die lykies van twee babas, ‘n seun en ‘n meisie, is tussen mediese afval in die Airport Industria-nywerheidsgebied gevind.
2010-07-21 13:00
‘n 25-jarige vrou is op aanklag van moord in hegtenis geneem nadat sy haar pasgebore baba glo in ‘n asblik gegooi het.
2010-07-17 18:31
‘n Vierjarige seun is drywend in ‘n swembad aangetref by sy ouerhuis in Minnebron, Brakpan, het paramedici gesê.
2010-07-14 03:32
Vier kinders het in ‘n dorp in die noorde van Roemenië versmoor nadat hulle in ‘n vat vol meel gespeel het, het owerhede gesê.
2010-07-09 11:59
‘n Eenjarige babameisie is dood nadat sy in ‘n bak vol kokende water geval het. Die polisie ondersoek 'n klag van nalatigheid.
2010-07-07 21:12
Die vrystelling van die geregtelike doodsondersoek nadat ses babas by die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal gesterf het, is vertraag.
2010-07-05 05:31
'n Tweeling is in 'n kritieke toestand in die hospitaal en hul eenjarige broer is dood ná 'n plakkershut in Soweto aan die brand geslaan het.
2010-06-18 14:19
'n Eenjarige dogtertjie het gesterf nadat sy in die suide van Texas vir sowat 45 minute in ‘n warm motor gelos is, het polisie gesê.
2010-06-08 05:41
Twaalf Indonesiese kinders is dood nadat ‘n hangbrug gebreek het terwyl hulle besig was met ‘n tradisionele seremonie.
2010-05-28 11:11
Pandemonium het losgebreek toe die hofsaak van die musikant Molemo "Jub Jub" Maarohanye en Themba Tshabalala uitgestel is.
2010-05-20 12:45
‘n Span van die departement van gesondheid is na die Natalspruit-hospitaal gestuur nadat ‘n drie maande oue baba glo gesterf het.
2010-05-15 05:30
'n Baba is dood en vier ander mense beseer ná hulle in 'n ongeluk tussen 'n motor en 'n bakkie betrokke was, het paramedici gesê.
2010-05-12 05:45
‘n Jong meisie se kop is afgeblaas en haar ma se maag het ontplof toe hulle met die elektriese draad van 'n sweisstaaf geskok is.
2010-04-25 02:05
'n Sewentienjarige is in aanhouding nadat twee jong kinders gesterf het in 'n brand wat in 'n huis ontstaan het.
2010-04-17 22:02
Een man is dood en 'n drie-jarige kind, sowel as nog 'n man, is beseer in 'n botsing tussen 'n Toyota Hilux en 'n Opel Kadet.
2010-04-13 19:25
‘n 27-jarige vrou is in hegtenis geneem vir die moord van haar babaseuntjie in Kagisho naby Kimberley, het die polisie gesê.
2010-04-08 17:45
'n 67-jarige vrou en haar driejarige kleinkind is dood ná hul huis in Wepener in die Vrystaat aan die brand geslaan het.
2010-03-16 02:53
Honderde roubeklaers in Noord-Indië het die roudiens van ‘n driejarige seun wat vroeër die maand in Australië doodgemaak is bygewoon.
2010-03-12 08:05
’n Blonde tienermeisie het vermoor, kaal en sonder hande gelê toe haar pa in hul huis in die noorde van Pretoria op haar afgekom het.
2010-03-10 03:29
Die KwaZulu-Natalse departement van gesondheid het Dinsdag nalatigheid by die verdwyning van 'n baba se lyk uit 'n hospitaal erken.
2010-03-05 20:05
Polisie in noordwes het ‘n ondersoek geloods nadat ‘n sesjarige in ‘n skoolswembad in Mafikeng verdrink het tydens 'n swemperiode.
2010-03-04 12:40
Pendelaars by die Mabopane-treinstasie het 'n gru-vonds gemaak toe hulle 'n pasgebore baba in 'n smeulende asblik gevind het.
2010-02-26 10:38
’n Baba het tydens haar geboorte in 'n hospitaal gesterf toe twee dokters mekaar na bewering met die vuis bygekom het.
2010-02-22 07:21
’n Vierjarige meisie het in Roodepoort saam met haar boetie van 18 maande verdrink toe sy hom vermoedelik probeer red het.
2010-02-18 07:41
’n Krugersdorpse meisie is op haar 13de verjaardag saam met haar ma vermoor. Daarna het die ma se vriend homself ook doodgeskiet.
2010-02-18 05:25
'n Tweejarige meisie het in 'n swembad by haar ouerhuis in Erasmuskloof, Pretoria, verdrink, het paramedici gesê.
2010-02-12 15:08
‘n Negejarige meisie het op pad skool toe gesterf nadat sy deur ‘n motor op Manningweg in Pietermaritzburg raakgery is
2010-02-11 08:11
Sy was ’n engel met ’n passie vir kinders. So het Arthur Nolte van Durban Sarah Holland wat ’n vlammedood gesterf het, beskryf.
2010-02-09 12:50
Vyftien mense, insluitende minstens agt kinders, het doodgebrand in ‘n kinderhuis buite Newcastle en nog nege is gehospitaliseer.
2010-02-06 05:12
‘n 13-jarige seun het in ‘n munisipale swembad in Merebank, Durban verdrink, het paramedici in KwaZulu-Natal gesê.
2010-02-03 04:23
‘n Ouerpaar is skuldig bevind aan hul seun se dood nadat hulle oor hom gebid het, eerder as om mediese hulp vir hom te kry.
2010-01-19 10:24
Die ma van ‘n seun wat dood is ná ‘n hond hom aangeval het, sê hy het gesterf omdat ‘n kliniek hom nie wou behandel nie.
2010-01-05 02:34
’n Eenjarige seun van Willowmore in die Oos-Kaap is dood toe’n bakkie oor hom gery het. Die bestuurder het glo gedink dis ’n klip.
2009-12-31 17:35
Die lyk van die vermiste vierjarige, Wayne Jonkers, is sowat 16km vanaf sy huis in Daniëlskuil gevind, het die polisie gesê.
2009-12-13 17:20
'n Vierjarige seun het in 'n swembad in Pinetown verdrink en pogings deur paramedici om sy lewe te red was onsuksesvol.
2009-12-09 21:30
‘n Agtjarige seun van Impande buite Pietermaritzburg het gesterf weens voedselvergiftiging, het die polisie gesê.
2010-08-31 05:52
Die lyke van vier broers en hul hul suster tussen die ouderdomme van ses en 11, is in 'n yskas in die Turkse middestad gevind.
2010-08-27 05:32
'n Baba is dood ná hy by die agtste verdieping van 'n woonstelblok in suidelike Frankryk gegooi is, het brandweermanne gesê.
2010-08-22 17:51
‘n Getroude paartjie van Bloemfontein is in hegtenis geneem nadat hulle glo hul sewe maande oue baba vermoor het, het die Vrystaatse polisie gesê.
2010-08-17 20:57
Die babamoordenaar Dina Rodrigues het haar stilte verbreek oor haar rol in die moord van die ses maande oue baba Jordan-Leigh Norton.
2010-08-10 12:45
‘n Seldsame Soematraanse tier het ‘n tiener in westelike Indonesië verskeur, het plaaslike natuurbewaarders gesê.
2010-08-08 19:05
‘n Vierjarige seuntjie is na bewering deur sy pa doodgesteek in die Gahlahla-informele nedersetting, het die polisie in Limpopo gesê.
2010-08-06 11:31
Twee kinders het doodgebrand en talle mense is dakloos gelaat ná drie plakkershutte in Manenberg aan die brand geslaan het.
2010-08-05 21:15
‘n Vrou (25) van Habakuk, buite Lebowakgomo, het Donderdag in die hof verskyn nadat sy glo haar pasgebore baba vermoor het.
2010-08-05 04:36
Polisie in Brittanje het ‘n kriminele ondersoek geloods nadat drie kinders in ‘n ontploffing by ‘n woonstel in Skotland, dood is.
2010-08-04 05:43
Volgens inwoners is drie kinders en een onderwyser vermoor in die mees onlangse aanval op ‘n kleuterskool in China.
2010-08-02 10:02
Volgens paramedici is ‘n fetus op die sypaadjie oorkant ‘n hospitaal in Vereeniging gevind. Dit is nie bekend wie die ma is nie.
2010-07-30 03:33
Die Franse vrou wat erken het dat sy agt van haar pasgebore babas versmoor het se twee dogters het glo van niks geweet nie.
2010-07-28 21:44
'n Sesweke oue baba van noordwestelike Moldowa het verdrink terwyl hy gedoop en sy gesig herhaaldelik in die water gedruk is.
2010-07-24 02:07
Bewerings van nalatigheid gaan ondersoek word ná die dood van ses babas by 'n staatshospitaal in Johannesburg, het die premier gesê.
2010-07-21 14:30
Die departement van gesondheid het sy hande in onskuld gewas nadat ses vroeggebore babas in ‘n Gautengse hospitaal gesterf het.
2010-07-21 10:27
Die polisie het ‘n ondersoek van stapel gestuur nadat die lykie van ‘n pasgebore baba in ‘n veld gevind is.
2010-07-15 10:01
‘n Vierjarige meisie is deur ‘n taxi doodgery toe sy John Dory-weg in Durban se Newlands-woonbuurt probeer oorsteek het.
2010-07-10 20:32
'n Man (39) wat in verband met 'n moord in Soweto gesoek is, is in die Vrystaat in hegtenis geneem, het die polisie gesê.
2010-07-08 20:26
‘n Vrou is in hegtenis geneem nadat haar buurvrou glo gesien het hoe sy haar pasgebore baba in ‘n emmer vol water verdrink het.
2010-07-07 15:45
‘n Vrou is in Ivory Park in hegtenis geneem nadat sy glo haar eenjarige baba vermoor het, het die polisie in Ivory Park gesê.
2010-06-21 08:24
Munisipale werkers wat ’n afvoerpyp by ’n bekende lodge moes uitsuig, het op ’n plastieksak afgekom met ’n babalykie daarin.
2010-06-13 12:42
‘n Amerikaanse familie is in rou gedompel nadat hul 14-jarige seun gegly en tot sy dood geval het op Tafelberg.
2010-05-31 09:23
’n Paartjie is tot ses jaar tronkstraf elk gevonnis nadat hulle beken het hulle het hul drie maande oue dogtertjie van honger laat omkom.
2010-05-26 21:22
‘n 19-jarige meisie is in hegtenis geneem nadat haar driejarige kind doodgebrand het toe haar plakkershut aan die brandgeslaan het.
2010-05-19 08:34
’n Fratsongeluk het die lewe van ’n tweejarige kleuter in Bloemfontein, geëis toe klein Jayden Nienaber in ’n kas in sy ouerhuis gespeel het en ’n kluis op hom geval het.
2010-05-12 20:14
‘n Vierjarige seun van Vereeniging is doodgeskiet terwyl sy 10-jarige vriend met ‘n vuurwapen gespeel het, het paramedici gesê.
2010-04-30 19:01
'n Vierjarige dogtertjie wat haar tannie op 'n plaas besoek het, het gegly en in die rivier beland en gevolglik verdrink.
2010-04-21 13:22
'n Vrou is in hegtenis geneem nadat 'n tien-dag-oue baba doodgegaan het. Daar word vermoed dat die vrou die seuntjie se ma is.
2010-04-17 20:00
'n Vierjarige meisie is dood ná 'n motor haar Saterdag in Brooklyn, Kaapstad, getref het, het paramedici gesê.
2010-04-13 15:14
Die polisie is op soek na die ouers van ‘n baba wat na bewering uit ‘n motor gegooi is langs die R44, sowat 10km buite Gordonsbaai.
2010-04-03 09:02
’n Bedroefde pa het vertel hoe sy twee liefling-tienerdogters deur hul ma doodgeskiet is. Sy het daarna selfmoord gepleeg.
2010-03-13 01:03
Die ma en stiefpa van wyle Khyra Ishaq (7) is beide tronk toe gestuur vir haar dood, wat as "angswekkend brutaal en wreed" beskryf is.
2010-03-10 05:11
‘n Driejarige meisie is dood nadat sy ‘n gelaaide pistool opgetel het wat sy vir ‘n Wii-speletjiesgeweer misgis het.
2010-03-09 12:30
Die twee mans wat glo vier jongmense doodgery het terwyl hulle in Soweto resies gejaag het, het nog nie in die hof verskyn nie.
2010-03-05 12:37
Ashleigh Louw, die babadogtertjie wat met 'n gedeelte van haar hart buite haar bors gebore is, het in die hospitaal gesterf.
2010-03-04 08:28
'n Suid-Afrikaanse man is in hegtenis geneem in verband met die moord op 'n sesjarige meisie in die Verenigde Koninkryk.
2010-02-24 14:48
'n Negejarige seun van Limpopo het in 'n stroom verdrink terwyl hy en sy vriende naby sy huis gespeel het, het die polisie gesê.
2010-02-21 14:12
‘n Vierjarige dogtertjie van Johannesburg en haar tweejarige broer het in hul gesin se swembad by hul huis verdrink, sê nooddienswerkers.
2010-02-18 05:44
Die polisie ondersoek die moord van 'n vyf maande oue baba ná sy volgens 'n nadoodse ondersoek verkrag en "erg mishandel" was.
2010-02-16 13:04
Die lyk van ‘n tienjarige meisie wat in ‘n stormwaterdrein in Vanderbijlpark geval het is gevind, het die polisie gesê.
2010-02-11 11:43
‘n 17-jarige van Blomnek in De Rust het op ‘n plaas in die Oos-Kaap verdrink nadat hy in ‘n wyntenk geval het.
2010-02-10 13:28
KwaZulu-Natal sosiale ontwikkeling en gesondheid LUR’e sal die kinderhuis in eNgogo, waar 11 mense doodgebrand het, besoek.
2010-02-08 20:30
Twee vroue en ‘n baba is oor die naweek in die Mthatha-omgewing vermoor, het polisie in die Oos-Kaap gesê.
2010-02-04 05:46
‘n 22-jarige vrou het haar twee jong seuns met ‘n mes doodgesteek en haarself toe kalm aan die polisie oorgegee.
2010-02-02 05:44
Ten minste 12 mense is dood, insluitende ses kinders, nadat ‘n skoolbus en ‘n vragmotor op ‘n brug in Brasilië gebots het.
2010-01-08 05:29
Die tienjarige seun wat op Nuwejaarsdag tydens ’n gesinsuitstappie op ’n rots gegly het, is weens ernstige kopbeserings dood.
2010-01-04 13:32
Twee susters, onderskeidelik sewe en 10 jaar oud, het in ‘n dam in die Oos-Kaap verdrink, het die polisie gesê.
2009-12-24 20:21
Daar word vermoed dat ‘n agtjarige seun in ‘n rivier in Eshowe verdrink het of moontlik deur 'n krokodil geëet is.
2009-12-11 00:33
‘n 26-jarige man word daarvan verdink dat hy ‘n sesjarige meisie verkrag en ‘n jong seuntjie (5) wreed vermoor het.
2009-12-09 19:50
‘n Vierjarige dogtertjie is deur ‘n ketel doodgeskok in haar ouerhuis in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, het die polisie gesê.