2010-03-12 14:14
‘n Plaaswerker in KwaZulu-Natal se dik baadjie het sy lewe gered nadat ‘n swartmamba hom drie keer op die skouer gepik het.
2010-03-11 23:48
Twee diewe wat 'n vrou beroof het ná hulle haar oortuig het hulle kan vuurhoutjies in geld verander, is vasgetrek.
2010-03-10 04:12
'n Span kenners van 'n universiteit het met 'n formule vorendag gekom wat bewys dat 11:00 die beste tyd is vir 'n koffiebreuk.
2010-03-09 12:17
Wetenskaplikes in Korea het bevind dat 'n paar glase vonkelwyn 'n kopseer van die babbelas in die oggend kan verhoed.
2010-03-09 10:36
Twee glasflesse wat elk die gees van 'n ou man en 'n jong meisie bevat, is gedurende 'n veiling in Nieu-Seeland vir R14860 verkoop.
2010-03-09 00:10
Wetenskaplikes is vol vetroue dat visse nie net pyn voel nie, maar ook 'n komplekse emosionele lewe het.
2010-03-06 20:52
‘n Man wat glo al vir 13 jaar met ‘n vervalste vlieglisensie as kommersiële vlieënier optree is in Amsterdam in hegtenis geneem.
2010-03-05 10:19
Sowat 25 mense is in die hospitaal opgeneem nadat die eienaar van ‘n winkel per abuis rotgif aan ‘n vrou verkoop het.
2010-03-04 14:03
’n Herrie het by die JFK-lughawe losgebars nadat ’n lugverkeerbeampte se kinders glo met vlieëniers op kritieke oomblikke gekommunikeer het.
2010-03-03 14:11
‘n Onlangse peiling toon sowat 23% van Duitsland sal die inplanting van mikroskyfies in hul liggame toelaat as hulle daarby kan baat.
2010-03-03 09:46
'n Veldwagter van Durban is vandag sy lewe te danke aan sy swanger vrou wat hom uit die kake van 'n krokodil gered het.
2010-03-03 04:22
‘n Vrou van Beverley Hills se lewe is gered deur ‘n silikoon bors-inplanting wat ‘n koeël gedurende ‘n skietery gekeer het.
2010-03-02 22:02
Twee Russiese mans het in ‘n sauna gesterf nadat hulle in ‘n vlak swembad ingespring het wat per abuis tot kookpunt verhit was.
2010-03-02 11:16
As arme Tiger Woods dalk net dié spesiale program op sy iPhone gehad het wat al daardie stoute teksboodskappe kon uitvee...
2010-02-26 19:00
Britse polisie probeer die identiteit vasstel van ‘n man wat bewusteloos op ‘n ysige strand gevind is en nie weet wie hy is nie.
2010-02-25 20:32
‘n Man wat ou huise opknap het ‘n beursie gevind en terugbesorg aan ‘n man wat dit meer as 60 jaar gelede verloor het.
2010-02-25 09:07
’n Viëtnamese man wat gesterf het met lokke wat glo tot 6,8 m lank was, is graf toe sonder dat 'n rekord ooit aangeteken is.
2010-02-24 15:52
Susan Boyle, die sangsensasie van Britain's Got Talent, is in Londen deur Eurostar-personeel vir die koningin van Engeland misgis.
2010-02-24 08:45
Vir die superrykes is die dienste van 'n portier 'n alledaagse noodsaaklike diens waarsonder hulle beswaarlik kan klaarkom.
2010-02-23 14:11
‘n Reuse Deense hond, wat van poot tot skouer 1.09 m hoog staan, is deur die Guinness-rekordboek as die langste hond in die wêreld aangewys.
2010-02-22 12:29
'n Amerikaanse paartjie het ‘n troue van ‘n heel ander aard gehad toe hulle onlangs mekaar die ‘ja-woord’ gevra het.
2010-02-20 07:25
’n Hengelaar, gewapen met hope vasberadenheid en ’n dun vislyn met ’n breekkrag van 12 kg, het ’n vrou van ’n gewisse seedood gered.
2010-02-19 08:02
Twee bouwerkers het lig daarvan afgekom nadat ’n driehoekige betonblok in Pretoria op hul bakkie se dak geval het.
2010-02-18 12:12
Op die ouderdom van 60 en selfs 100 neem die oumas van Korogocho selfverdedigingsklasse om een van Kenia se gevaarlikste plekke te oorleef.
2010-02-17 16:33
Kyk hier hoe ‘n Australiese weerman gedurende 'n lewendige uitsendings die heeltyd deur ‘n pelikaan op sy boud gebyt word.
2010-02-17 06:44
'n Negejarige is veral erg teleurgesteld – hy het nog gedink sy pa het die grootste boerpot in die geskiedenis van die Lotto in die land gewen.
2010-02-16 07:32
Stanley Philander is nié die wenner van meer as R91 miljoen in die nasionale lotery se Powerball-spel soos vroeër berig is nie.
2010-02-16 05:24
Die aangrypende storie van Baltic, die Poolse hondjie wat van 'n ysplaat op die see gered is, het harte wêreldwyd geraak.
2010-02-11 11:56
‘n Britse skool het sy leerders verbied om kaartjies op Valentynsdag te stuur omdat die kinders glo nie volwasse genoeg vir romanse is nie.
2010-02-10 22:11
‘n Flambojante Hong Kongse sosiale vlinder, wat die stad se eerste goue toilet besit het, is op die ouderdom van 75 oorlede.
2010-02-10 14:22
‘n Arabiese ambassadeur het sy troue gekanselleer nadat hy uitgevind het dat sy toekomstige vrou gesighare het en skeel is.
2010-02-10 03:06
'n Dief in die Duitse stad Hamelin het 'n speletjies-arkade met 'n koppie koffie beroof, het owerhede Dinsdag gesê.
2010-02-09 13:43
Suid-Afrika se jongste Afrikaanse rap-sensasie, Die Antwoord, het die musiekwêreld en die web omtrent aan die gons.
2010-02-08 17:09
R80 miljoen, die grootste hoeveelheid wat nóg in Suid-Afrikaanse lotery aangebied is, kan gewen word en dit kan alles joune wees.
2010-02-08 04:14
Die oudste dialek in die wêreld, wat tienduisende jare gelede ontstaan het, het uitgesterf nadat die laaste persoon wat dit kon praat dood is.
2010-02-05 14:04
‘n Voormalige speurder het sy vrou se frikadelle blameer omdat hy nie ‘n dwelmtoets geslaag het nie en gevolglik sy werk verloor het.
2010-02-04 20:02
Die klink soos iets uit ‘n tipiese Hollywood-film, maar met een groot verskil. Hierdie rooftog het in werklikheid plaasgevind.
2010-02-04 04:56
'n Bankier is uitgevang waar hy na foto’s van ‘n half-naak model op sy rekenaar kyk gedurende ‘n regstreekse televisie-uitsending.
2010-02-03 05:39
'n 19-jarige student het haar “maagdelikheid” vir meer as R235 000 aan ‘n vreemdeling verkoop om haar universiteitsgelde te betaal.
2010-02-02 02:59
‘n Pas moes self sy baba vang nadat verpleegsters in die hospitaal nie opgedaag het om sy vrou te help met die geboorte nie.
2010-01-30 04:57
‘n Groep Australiese vriende op hul jaarlikse visvang-vakansie moes hul vangs met alle mag beskerm toe ‘n krokodil dit raaksien.
2010-01-29 09:42
Chinese internetgebruikers het 'n man se selfmoord stopgesit nadat hy stap vir stap op 'n aanlynforum verduidelik het wat hy beplan.
2010-01-29 04:03
‘n Bang en bewerige hond is gered nadat hy 120km op ys in Poland se Vistula Rivier afgedryf en in die Baltiese See opgeëindig het.
2010-01-27 19:51
‘n Jong vrou wat uit ‘n venster gespring het, het die voorval oorleef maar in die proses ‘n bejaarde vrou doodgeval.
2010-01-27 04:02
‘n Afgetrede onderwyser, wat vroeër die maand 100 jaar oud geword het, het die dag voor haar dood haar baccalaureus graad verwerf.
2010-01-26 19:57
Britse ouers is vol kritiek teen 'n internetspeletjie wat jong meisies aanmoedig om hul karakters buitelandse weeskinders te laat aanneem.
2010-01-26 10:03
Twee swane, 'n spesie wat gewoonlik lewenslank by hul maats bly, het geskei en elk nuwe maats gevind tydens hul migrasie na Rusland.
2010-01-26 04:51
Volgens die polisie het ‘n man wat daarvan beskuldig is dat hy ‘n ring gesteel het, glo per abuis die bewyse uitgehoes.
2010-01-25 15:23
‘n Skoolmeisie in Saudi Arabia wat haar onderwyser aangerand het oor ‘n selfoon, het haar straf van 90 houe en 2 maande tronkstraf aanvaar.
2010-01-25 03:28
‘n Nieu-Seelandse man het erken dat hy vyf katjies aan sy Amerikaanse veghond (pitbull terrier) gegee het, om dood te maak.
2010-03-12 12:21
Toerisme-amptenare van die Indiese staat Goa het ’n beroep op oorsese besoekers gedoen om liefs nie naak in die publiek te verskyn nie.
2010-03-11 03:58
'n Dief het sy rieme styfgeloop toe hy niemand anders nie as die hoof- intelligensiebeampte van 'n voertuigopsporingsfirma se motor probeer steel het.
2010-03-09 13:29
Die voormalige president van Ciprus, Tassos Papadopoulos se lyk is drie maande nadat dit uit sy graf verdwyn het, gevind.
2010-03-09 11:02
‘n Groep op Facebook het reggekry wat hul wou; om dooie vlakvarke meer gewild as die ANC-jeugligaleier Julius Malema te maak.
2010-03-09 02:47
'n Veldtog om die nommer 1,000,000,000,000,000,000,000,000,000 'n "hella" te doop, word sterk deur wetenskaplikes ondersteun.
2010-03-08 12:31
'n Koffie-aangedrewe motor gaan eersdaags 'n rit van Londen na Manchester onderneem, maar dit is alles behalwe 'n lafenis.
2010-03-06 01:19
‘n Australiese onderkleremaatskappy het die aap uit die mou gelaat met ‘n splinternuwe reeks onderklere wat uit piesangs gemaak word.
2010-03-05 09:07
Luidens berigte gaan ’n dorp in die Duitse deelstaat, Turinge, slaggate in sy strate teen €500 elk (sowat R5 000) verkoop.
2010-03-04 07:18
Die skuldigbevinding van ’n 40-jarige man dat hy kaal fietsgery het op ’n openbare pad is deur die hooggeregshof hier nietig verklaar.
2010-03-03 11:12
Met allerlei tuisgemaakte bomme om sy eienaar mee te beskerm, het ‘n kluisenaarshuis soos iets uit ‘n Hollywood-aksiefliek gelyk.
2010-03-03 09:24
‘n Man wat by ‘n nagklub gekuier het is deur Duitse polisie vasgekeer nadat hy amfetamiene op hul patroliemotor probeer snuif het.
2010-03-03 01:21
‘n Britse hond-eienaar is beboet nadat hy glo sy hond vir ‘n stappie geneem het, terwyl hy langs hom in sy motor gery het.
2010-03-02 15:27
’n Vrou van Taiwan het vroeër vanjaar ’n groen bottel met ’n boodskap van ’n matroos in, opgetel en gehoop sy sal hom eendag ontmoet.
2010-02-27 13:19
België het ‘n oplossing gevind vir vullisdromme wat oorvol is en ‘n gesondheidsrisiko vir die gemeenskap inhou: lewendige hoenders.
2010-02-26 05:26
‘n Diereregtegroep het Franse owerhede gevra om spesiale padkruisings vir paddas te bou om sodoende miljoene van dié diere se lewens te red.
2010-02-25 12:45
Brandweermanne in Nieu-Seeland is uitgeroep om 'n "baba" uit 'n teepot te red. Groot was hul verligting om te sien dis ‘n babahondjie, nie 'n mens nie.
2010-02-25 02:02
‘n Onlangse studie toon dat mense deesdae al meer digitale media gebruik om hul verhoudinge te beëindig as om dit in persoon te doen.
2010-02-24 14:22
‘n Agurkie het meer aanhangers as die musiekgroep Nickelback gekry op die Facebook-groep Can this pickle get more fans than Nickleback?
2010-02-24 04:12
’n 97-jarige man van Viëtnam het sowat R3 miljoen in ’‘n lotery gewen en familielede was glo gretig om elkeen ’n deel te kry.
2010-02-23 02:01
'n Duitse man wat van die polisie gevlug het is deur sy eie Jack Russell weggegee toe dié buite die man se wegkruipplek gaan staan het.
2010-02-21 11:30
‘n Vrou van Nieu-Seeland se troudag was toe nie die gelukkigste van haar lewe nie, nadat sy weens dronkbestuur gearresteer is.
2010-02-19 17:05
Die drie Maleisiese vroue wat onder die land se Islamitiese wette met 'n rottang geslaan was, het gesê hulle het die straf verdien.
2010-02-18 15:04
As jy vir die president ‘n middelvinger wil gooi bied die sosiale netwerk Facebook jou nou die geleentheid om so te maak.
2010-02-18 10:16
'n Man wat besig was om ondersoek in te stel of alles onder sy bakkie vas was, is dood nadat die domkrag meegegee het.
2010-02-17 13:46
Begrafnisondernemers het die skok van hul lewe gekry toe ‘n vrou wat glo dood was, skielik weer begin asemhaal en beweeg het.
2010-02-16 19:08
Jip het onlangs ‘n lys van die domste name wat nog deur musikante vir hul musiekgroepe uitgedink is saamgestel, kom lag lekker saam.
2010-02-16 05:31
'n Tsjeggiese vrou het ná vyf maande die oorsaak van haar pyn te ontdek: Dokters het 'n chirurgiese instrument in haar buik gelos.
2010-02-16 02:31
Jimmy Grey sê hy's al vir meer as 'n jaar werkloos en het toe besluit om aan die werk te spring en 'n reuse-igloe in sy agterplaas gebou.
2010-02-11 02:24
'n Grootkop-sjef van 'n deftige Engelse restaurant het die vadoek ingegooi nadat sy base hom wou oorreed om hamburgers en skyfies te maak.
2010-02-10 17:11
Enkellopendes in China huur maats onder valse voorwendsels om hul ouers gelukkig te maak tydens hul Lunar-Nuwejaarsvakansie.
2010-02-10 13:31
Kan ‘n hamtoebroodjie meer gewild wees as die sanger Nicholis Louw? Dit is presies wat ‘n groep op Facebook probeer regkry.
2010-02-09 18:04
‘n Grafiese ontwerper wat daarvan beskuldig word dat hy sy eksmeisie se katte in die geheim doodgemaak het, het skuld erken.
2010-02-09 11:53
Angela en Maryanne Vourlis, ‘n Australiaanse tweeling, het op Facebook van hul 17-jarige broer se dood te hore gekom.
2010-02-08 15:45
‘n Vrou het geboorte geskenk aan ‘n babadogtertjie in die agterkant van ‘n motor, het paramedici in KwaZulu-Natal gesê.
2010-02-06 04:44
Nooddienswerkers in die suide van Noorweë het ‘n vrou glo uit die kloue van haar wasmasjien gered, nadat sy daarin vasgesit het.
2010-02-05 07:25
Supermarkte en 24-uur-geriefswinkels in Taiwan het ingestem om deel te wees van die regering se teen-selfmoordveldtog.
2010-02-04 11:22
‘n Motiveringspreker word van manslag aangekla nadat drie van sy kliënte by ‘n detoksifiseringsessie in Arizona, oorlede is.
2010-02-03 16:24
'n Winkelsentrum was 'n miernes van bedrywigheid ná 'n vrou in 'n toilet in dié sentrum aan 'n drieling geboorte geskenk het.
2010-02-02 11:40
Trane van blydskap het gevloei toe 'n ma en haar seun na 17 jaar danksy 'n internetsoektog met mekaar herenig is.
2010-01-30 05:11
'n Seeskilpad wat na bewering drie vinne in 'n haai-aanval verloor het, spog nou met 'n nuwe koolstofvesel vin wat haar help om te navigeer.
2010-01-30 02:03
‘n Turkse man het besluit om sy vrou te skei na DNS-toetse bewys het dat een van hulle tweelingseuns nie sy kind is nie.
2010-01-29 05:05
Argentinië se president dink dat dit sexy is om varkvleis te eet en volgens haar eie ondervinding is varkvleis beter as Viagra.
2010-01-28 03:36
Het jy minder as 'n duisend Facebook-maats? Dan is jy minder gewild as twee 11-jarige sjimpansees van die Gombe Nasionale Park in Tanzanië.
2010-01-27 04:46
‘n Duitse reptiel-versamelaar is tot 14 weke tronkstraf gevonnis en beboet nadat hy van Nieu-Seeland se wilde-geitjie gesteel het.
2010-01-26 23:34
McDonald’s is in die moeilikheid omdat hulle ‘n werknemer afgedank het weens 'n ekstra snytjie kaas op ‘n hamburger.
2010-01-26 15:46
Adidas het skoene bekendgestel wat Toegevoegde Realiteit (augmented reality) gebruik om elke skoen in 'n interaktiewe ervaring te omskep.
2010-01-26 07:09
‘n Pablo Picasso-kunswerk is beskadig nadat ‘n vrou wat ‘n kunsklas bygewoon het haar balans verloor het en daarteen geval het.
2010-01-26 03:09
‘n Kat wat elke dag dieselfde bus geneem het en saam met passasiers deur die stad gereis het, is dood nadat hy deur ‘n voertuig raakgery is.
2010-01-25 07:36
’n Vrou (91) het haar eerste spoedboete gekry toe sy te vinnig gery het om gouer by die see uit te kom omdat dit te warm in die motor was.
2010-01-22 14:13
Chinese karaoke-aanhangers word nou direk deur hul land se owerhede dopgehou om die wys van onwettige of vulgêre materiaal stop te sit.