Zuma het glo 20ste kind

2010-01-31 09:17

Johannesburg – Presidensiële woordvoerders was nie Saterdagaand beskikbaar om op die Sunday Times-storie kommentaar te lewer wat beweer dat president Jacob Zuma ‘n kind by Irvin Khoza se dogter het nie.

Die koerant het ongeïdentifiseerde bronne aangehaal, maar die dogter van Orlando Pirates-baas, Sonono Khoza (39), ontken alle bewerings.

“Ek weet nie waarvan julle praat nie. Ek weet beslis nie waarvan julle praat nie,” het sy glo aan die Sunday Times gesê voordat sy die oproep beëindig het.

Toe haar ma, Matina, uitgevra is oor die nuwe kleinkind en of Zuma die pa is, het sy gesê: “Nee, ons is nie opgewonde nie”. Sy het later gesê sy kan nie oor die saak praat nie.

Sonono het op 8 Oktober verlede jaar die lewe geskenk aan baba Thandekile Matina Zuma, slegs drie maande voordat die president met sy vyfde vrou getrou het.

Die baba is vier maande oud en is glo in haar pa se naam geregistreer. As dit die geval is, het Zuma nou 20 kinders. Hy het 19 kinders by sy eks-vrou, Nkosazana Dlamini-Zuma en sy ander vroue en meisies.

Volgens ‘n familievriend het 'n afvaardiging van KwaZulu-Natal in Desember verlede jaar names Zuma besoek afgelê by die Khoza-gesin om vergoeding (inhlawulo) te bespreek wat betaal moet word as ‘n buite-egtelike kind gebore word.

Zuma se motorstoet is glo op 17 Januarie by die Khoza-woning in Soweto gesien waar hy omtrent ‘n uur saam met Sonono en haar ma spandeer het.

Sonono is geskei en het twee kinders uit ‘n vorige huwelik. Sy werk in die bemarkingsafdeling van Absa se hoofkantoor in Johannesburg.

- Sapa
 

Lees meer oor: sonono khoza  |  zuma  |  irvin khoza  |  jacob

Kommentaar is afgeskakel vir hierdie artikel

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Designer

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Sub-editor: Visi

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

IT Risk consultant

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R300,000-400,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

LOVEMORE PARK

House R 28 000 000

EVERTON

House R 9 500 000

PRETORIA NORTH

House R 895 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...