Vyftien brand dood in kinderhuis

2010-02-09 12:50

Durban – Vyftien mense, insluitende minstens agt kinders, het Dinsdag doodgebrand in ‘n kinderhuis buite Newcastle, het KwaZulu-Natal se departement van sosiale ontwikkeling gesê.

Verder is nog nege kinders gehospitaliseer.

“Die getal mense wat doodgebrand het, het na 15 gestyg,” het Mandla Ngema, woordvoerder vir Meshack Radebe, die LUR vir sosiale ontwikkeling gesê.

“Die persoon wat in beheer is van die huis, sowel as haar vier kinders, het doodgebrand. Agt ander kinders se lyke is ook gevind.”

Volgens Ngema het ‘n reddingspan later die oggend nog twee lyke gevind.

Dit is nog nie duidelik hoeveel van dié wat gesterf het kinders was nie.

Supt. Jay Naicker het gesê dat die polisie Dinsdagoggend omstreeks 06:00 uitgeroep is na die Hope in Christ Home.

“Die LUR gaan vandag na die toneel om die situasie te ondersoek,” het Ngema gesê.

Daar word beraam dat die kinders wat doodgebrand het tussen die ouderdomme van twee en 15 jaar was.

Twee voertuie buite die huis het ook gebrand.

‘n Band-ondersoekspan was ook onderweg van Pretoria om die oorsaak van die brand te ondersoek.

Die Hope in Christ Home was ‘n kinderhuis wat deur die departement van sosiale ontwikkeling bestuur is.

- Sapa

 

Lees meer oor: kindersterftes  |  brande

Kommentaar is afgeskakel vir hierdie artikel

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Leverage Finance, Mergers & Acquisitions Specialist

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R450,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Service Level Manager

Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Construction Manager

Gauteng - Midrand
Master Career Consulting

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...