Van skoonmaker tot ’n sersant in net ’n paar dae!

2010-03-11 07:45

Erika Gibson, Beeld

Johannesburg - Sy was begin Desember verlede jaar net ’n skoonmaker vir die weermag in Pretoria, maar enkele dae later het sy met die rang van sersant gespog.

Dié beweerde voorbeeld van “uiters onregverdige bevoordeling” krap haar mede-sersante om.

Nadat Beeld oor dié snelle bevordering van sers. Mmaluka Louisa Florence Mgcina navraag gedoen het, het die weermag gesê genl. Godfrey Ngwenya, weermaghoof, het nou ’n raad van ondersoek na haar aanstelling belê.

Ervare onder-offisiere, wat elke moontlike kursus gedoen het om sersante te word, het gesê gevalle soos dié maak hulle moedeloos oor hul loopbaanmoontlikhede.

Mgcina (38) het in 2007 as skoonmaker teen R3 603 per maand vir die weermag begin werk.

Teen Desember verlede jaar het sy R4 593 per maand verdien, maar toe word sy as lid van die Staande Mag in die pos as “militêre raadgewer” aangestel – sonder enige militêre agtergrond.

Sy verdien nou R10 182 en geniet 100% mediese en ander voordele wat weermaglede kry.

Later vanjaar sal sy ondanks haar ouderdom eers haar basiese opleiding ondergaan.

Volgens die weermag se personeelstelsel moet voornemende soldate tussen 18 en 23 wees.

Die minimum kwalifikasietydperke vir bevordering is dat soldate minstens twee jaar van weerman tot onderkorporaal moet dien; twee jaar van onderkorporaal tot korporaal en drie jaar van korporaal tot sersant.

- Beeld

Lees meer oor: weermag

Kommentaar is afgeskakel vir hierdie artikel

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Service Line Manager: Mining

Gauteng - JHB North/Sandton
Master Career Consulting

Account Manager

Western Cape - Cape Town
Media24

Designer

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...