Uitsoek-Afrikaners tjoepstil oor gesprek met Zuma

2010-03-14 13:54

Erna van Wyk, Rapport.

Pretoria - Die uitgesoekte groepie Afrikaners wat Donderdag met pres. Jacob Zuma by ’n private dinee in sy ampswoning in Pretoria vergader het, wil nie ’n woord rep oor wat Zuma gesê het nie.

Die “private dinee” is bygewoon deur onder andere prof. Piet Strauss (moderator van die NG Kerk), Sean Else (liedjieskrywer), Victor Matfield (rugbyspeler), Frans de Klerk (bestuurshoof van die Orania-beweging) en Willie Spies van AfriForum.

Rapport het Vrydag verskeie genooides gebel, maar is telkens begroet met ’n huiwerige gelag. Rapport is meegedeel dat daar onderling besluit is om nie nou al in besonderhede uit te wei oor die gesprek nie.

Rapport kon wel vasstel dat misdaad, Pretoria se naamsverandering en die moontlikheid van ’n Afrikaanse universiteit op die agenda was. Zuma sou glo ook gereageer het oor Julius Malema, maar dit is onseker of hy wel beplan om sy jeugligaleier streng aan te spreek oor sy gesing van die liedjie met die woorde “Skiet die boere; hulle is verkragters”.

Wat glo nie bespreek is nie, is Eskom se tariefverhogings en die verval van munisipale dienste wat die laaste paar maande tot groot onrus gelei het, asook beskuldigings van regeringslui dat “wit mense wat hul dienstegeld weerhou, ondemokraties optree”.

Dr. Isak Burger, president van die AGS, het aan Rapport toegegee dat dienslewering eintlik op die agenda moes gewees het. Hy het met Zuma die kwessie van Radiokansel se stryd met die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okasa) oor sy uitsaaivoorwaardes bespreek.

Dr. Dan Roodt (aktivis) was ook by die dinee. Hy het gesê weens die behandeling wat Zuma onlangs in die Britse media gekry het en omdat die Suid-Afrikaanse media die Britte navolg, is besluit om nie oor die gesprek met Zuma te praat nie.

“Die gevoel is dat die media, Afrikaans en Engels, nie simpatiek staan (teenoor Afrikanerkwessies) nie en daar is die gevaar dat dinge vertel word wat gemeenskappe teenoor mekaar kan afspeel. Daar is ’n anti-Afrikaner-gevoel in die media,” het hy aan Rapport gesê.

Roodt sê hy persoonlik praat al met Zuma sedert 2007. “Donderdagaand se dinee het in ’n positiewe gees geskiet. Hy (Zuma) het die versekering gegee dat van die kwessies aangepak sal word.”

Volgens Roodt sal daar meer oor die gesprekke met Afrikaners gepraat word wanneer dit in ’n meer “konkrete stadium” kom.

Kallie Kriel van AfriForum het gesê die Malema-kwessie is veral sterk by Zuma geopper. Zuma se kantoor het Vrydag in ’n verklaring gesê hy het Afrikaners verseker hy bly verbind tot die stryd teen alle vorme van rassisme, seksisme en onverdraagsaamheid.

Liesl Göttert, wat die ete georganiseer het, het aan Gavin Prins gesê dit was ’n formele dinee en die 28 gaste het, met Zuma in die middel, aan ’n lang tafel gesit.

“Die gees was fantasties. Die algemene gevoel onder gaste was dat hy ’n president is wat met mense op grondvlak kommunikeer.”

Oor Steve Hofmeyr, wat die uitnodiging van die hand gewys het omdat Zuma nie teen Malema optree nie, het Zuma blykbaar gesê: “Dis jammer my vriend Steve Hofmeyr kan nie hier wees nie.”

Toe Zuma groet, het hy glo ook aan die gaste gesê: “Dis nie my huis nie. Dis julle huis.”

- Rapport verneem dr. Pieter Mulder, leier van die VF+ en adjunkminister van landbou, bosbou en visserye, het die afgelope week in ’n brief aan Zuma gevra waarom hy nie genooi is nie.

- Rapport

Kommentaar is afgeskakel vir hierdie artikel

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R750,000-800,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

CA (SA)

Gauteng
Hire Resolve
R600,000-650,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Financial accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...