Twee vas ná hul eie kinders verkrag
2010-03-11 15:29
Johannesburg – Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo hulle eie kinders in Libode in die Oos-Kaap verkrag het, het polisie Donderdag gesê.
Volgens supt. Mzukisi Fatyela, polisiewoordvoerder, is ‘n 23-jarige pa Woensdag in hegtenis geneem nadat hy glo sy tweejarige kind verkrag het.
Die saak is by die polisie aangemeld nadat die ma tekens gesien het dat die kind moontlik verkrag is.
‘n 40-jarige man is in dieselfde omgewing in hegtenis geneem nadat hy glo sy negejarige stiefdogter verkrag het.
Beide mans sal Donderdag op aanklagte van verkragting in Libode in die landdroshof verskyn.
- Sapa