Seun van ANC-hoë gooi naam in hoed vir stryd teen Malema

2010-06-19 06:24

Me. Angie Motshekga

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Burger

Kaapstad - Die groeiende interne teenstand in die ANC-jeugliga teen Julius Malema, sy omstrede leier, is besig om spoed op te tel.

Te midde van ’n rits bewerings oor ’n gekonkel met uitslae van provinsiale leiersverkiesings het Serofo Motshekga, seun van die
ANC-hoofsweep, dr. Mathole Motshekga, ’n landwye veldtog van stapel gestuur om Malema uit te daag. Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, is sy stiefma.

Dít ondanks die skerp en openbare kritiek van sy ouers dat Malema vir hulle soos ’n seun is en hulle hul van hul seun se uitlatings distansieer.

Hy sluit aan by Andile Lungisa, Malema se adjunk, wat reeds aangedui het hy sal sy naam ook in die hoed gooi wanneer die jeugliga aanstaande jaar byeenkom om leiers aan te wys.

Motshekga was vandeesweek in die Vrystaat besig om jeugliga-takke te bearbei en die saak vir verandering te bepleit.

Sy kamerade meen hy beskik oor beduidende steun in minstens drie provinsies – die Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes – om ’n stewige uitdaging aan Malema en Lungisa te rig.

Hierbenewens is dit bekend dat invloedryke jeugliga-takke in Gauteng ernstige vrae vra oor Malema se bestuurstyl, wat ook in Motshekga en Lungisa se guns kan tel.

“Sy leierskaptyl was aanvanklik dienstig vir die tipe rol wat baie wou gehad het die jeugliga moet speel – luid en onbeskof – maar dit is nou besig om baie te vervreem van die jeugliga én die ANC,” het ’n Motshekga-organiseerder gesê.

“Malema tree soos ’n keiser op. Dit is besig om tot groot tweespalt in die organisasie te lei. Kyk na wat op die onlangse kongres in die Oos-Kaap gebeur het: Malema het dit nietig verklaar toe die leiers wat daar verkies is nie dié was wat hy voorgestaan het nie.”

Die ontbinding van die Oos-Kaapse verkose leierskorps het gevolg op soortgelyke gebeure in Noordwes en Limpopo, waar Malema vroeër as provinsiale sekretaris gedien het.

Die Vrystaat, Wes-Kaap en Mpumalanga se provinsiale leiersverkiesings kom volgende aan die beurt, hoewel die datums nog nie vasgestel is nie.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: anc  |  sa politiek  |  julius malema

Kommentaar is afgeskakel vir hierdie artikel

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R750,000-800,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

CA (SA)

Gauteng
Hire Resolve
R600,000-650,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Financial accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

LOVEMORE PARK

House R 28 000 000

EVERTON

House R 9 500 000

PRETORIA NORTH

House R 895 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...