Rower op heterdaad betrap
2010-01-14 23:09
Johannesburg – ‘n Man is in hegtenis geneem toe hy probeer het om by ‘n huis in Ladium, wes van Pretoria, in te breek, het die polisie gesê.
“Hy was besig om van die dakteëls te verwyder, om so toegang tot die huis te verkry,” het kapt. Jan Legoabe gesê.
Die alarm van die huis het afgegaan, en die 26-jarige man is gearresteer.
Hy word met nog ander misdade in Pretoria verbind, en sal Maandag in die Atteridgeville-landdroshof verskyn.
- Sapa