Regering moet boer vergoed, sê hof
2010-02-06 09:24
Johannesburg – Die Johannesburgse hooggeregshof het Vrydag die regering beveel om ’n boer van die Vrystaat vir sy skade wat hy gely het, te vergoed nadat sy grond in Zimbabwe onteien is, het die SABC berig.
Die Suid-Afrikaanse regering gaan moontlik gedwing word om R500 miljoen aan Crawford von Abo as skadevergoeding te betaal nadat ’n hele paar plase van hom deur die regering van Zimbabwe afgeneem is.
Sy plase was onteien as deel van die regering se grondhervormingsplan.
Von Abob se prokureur, Ernst Penzhorn het gesê, “Dié beslissing bewys dat Suid-Afrika se grondwetstelsel werk”.
-Sapa