Nóg 'n plaasmoord in Limpopo

2009-12-22 14:30

Johannesburg - Die TLU SA Noord is geskok oor die moord op Pieter Snyman, bestuurder van die plaas Balmoral, naby Vivo in Limpopo.

Luidens ’n mediaverklaring deur die TLU SA Noord, is Snyman glo dood na hy deur vier mans buite sy huis aangerand is.

Jan Viljoen, voorsitter van TLU SA Noord sê Snyman se vrou en twee dogters is vasgebind en ook aangerand, hoewel hulle nie ernstig beseer is nie. Die vier verdagtes het glo gisteraand Snyman se huis binnegestap terwyl hy en sy oudste dogter plaaswerkers, wat aartappels uitgehaal het, by hul huise gaan aflaai het.

Hulle het sy vrou en 12-jarige dogter na bewering vasgebind en aan hulle gesê hulle weet Snyman is nie tuis nie, maar hulle gaan hom buite inwag.

Snyman het glo omstreeks 19:30 by die huis gekom en is deur die vier mans aangerand. Hy het op die toneel aan sy wonde beswyk.

Lees meer op Landbou.com
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: plaasmoorde

thomas

-   Desember 22, 2009 om 14:42

Dis volksmoord. Die wêreld behoort kennis te neem en die FIFA sokkerbeker te boikot!

Cv

-   Desember 22, 2009 om 14:58

Mense mense MENSE! As ons(die publiek en boere) nie wet in eie hande gaan neem nie gaan niemand dit doen nie! Dit kan tog nie so voortgaan nie!? Waar en hoe kan ons by 'n beweging aansluit wat hierdie dinge gaan uitroei?

Donkie

-   Desember 22, 2009 om 15:04

Lyk my ons stap nou die Zimbabwe trapie af.....

Jan

-   Desember 22, 2009 om 15:15

Sê net hoe en ek is ook daar. Ek sal alles gee om weer in 'n SA te kan lewe waar ons 'n toekoms het

M Pelser

-   Desember 22, 2009 om 15:19

Is die motief nog onbekend? O ja, die motief was seker weereens roof. Dit is mos al motief vir die aanvalle en moorde.

gert

-   Desember 22, 2009 om 15:30

Nog n afrikaner hart is stil,sy bloet in afrika.Mag God jou siel ontvang my friend,jou bloet nog steeds op my hande,en jou naam op my lippe!

Apie

-   Desember 22, 2009 om 15:44

Cv is reg. Daar moet 'n georganiseerde (nie-regerings) aksie begin word. Iets soos ATGM (Aksie teen geweld en moord). Zuma is so besig om homself en die Shaiks uit die tronk te hou, hy het nie tyd om produktiewe SA'ers te probeer beskerm nie.

Johan Lindeque

-   Desember 22, 2009 om 15:54

Die tyd het aan gebreek om nou self na ons eie veiligheid om te sien , slaan terug en slaan hard , doen die selfde aan hulle , wag hulle ook in by hul huis in die donker. Die SAPD kan dit nie doen nie , die weermag is ontoereikend en die "kerk" bid net , veg terug of is ons voor ouers se gelofte van geen waarde.

Gatvol

-   Desember 22, 2009 om 16:18

My hart bloei om te weet daar is nog n Afrikaner siel met ons nie meer. Die letsel sal vir ewig op die harte wees van die wat agter bly.Die kors van haat en wraak groei weer op myne en ek bid dat dinge sal verander sodat die nuwe generasie nie dieselfde pad sal stap as die oue nie...

Js

-   Desember 22, 2009 om 16:33

Ons moet so gou moontlik 'n veldtog loods om die sokker Wereldbeker te stop!! Dit is al hoe die wereld gaan kennis neem van die uitwissing van die blanke en boer in Suid Afrika. Plaasaanvalle is net die begin, dan verskuif dit na die woonbuurte toe in die stede en dorpe. Ek sal my volle ondersteuning gee om die wereld beker te stop!!

chan

-   Desember 22, 2009 om 16:35

Ek raak bang vir SA. Hoe moet ek my kinders in die land van vrees groot maak? Waarheen is ons land oppad. Ek het nog altyd aan al ons buite landse vriende vertel watse mooi land ons het en hoe trots ek is om te se eks 'n Afrikaner. Nou is ek te bang om dit te noem. In die land waar ek my kinders ons moedertaal leer en dit help niks. SA BETEKEN NIKS MEER NIE. Dis tyd dat ons vir ons self (en ons kinder se toekoms) opstaan. Ai my hart bloei vir die gesin. Jul is in my gebede en Mnr Snyman in die Vader se arms.

LANKAL GATVOL

-   Desember 22, 2009 om 16:50

Dit staan geskryf jy mag nie doodslaan nie
wanneer breek daardie gouedraadjie.!!!!!!!!

Mike

-   Desember 22, 2009 om 16:58

Boere stel nie daarin belang om hulleself op hul plase te beskerm nie. Daar word vir jare al gevra sluit aan by organisasies wat jou belange en ook jou veiligheid op die hart dra, hulle word net eenvoudig geignoreer. Boere loop ongewapen rond stel enige jan rap en sy maat op die plaas aan en gee nie 'n vlenter om vir die gevolge nie. SA boere kan gaan leer hoe die Rhodesiers van destyds hulleself teen terrorisme beskerm het.
Baie van ons boere is mos nou anc lede ook of wat praat ek dan nou.

simon

-   Desember 22, 2009 om 17:15

Wanneer die buitelanders (sokkerondersteuners) op tambo lughawe afklim moet mens hulle deur plakkate laat weet wat die toestand in die piesang land is.

Gert B

-   Desember 22, 2009 om 17:16

Kom ons kyk of die regerende party en/of sy lawaaierige jeugliga hierdie aanval gaan veroordeel, dit sal nie gebeur nie, want ons is geensins in tel by hulle nie, net nog 'n stukkie misdaad statistiek. My innige simpatie aan hierdie gesin, woorde kan nie hul verlies beskryf nie, alles so onnodig.

Adoons

-   Desember 22, 2009 om 17:24

Lyk my die enigste plek waar blanke afrikaners kan saam staan is op n sinkende skip??? Daars te veel veraaiers, gat-kruipers wat nie murg in hulle pype het om op te staan nie!!! Maar dit wat ons het vir n wet word verdraai want die vyand is nou in beheer!!!!(ANC Jeug ligga, COSATU, SACP en natuurlik die regering) Onthou ons is simmer as hulle, moenie impulsief optree nie!!!!

koos

-   Desember 22, 2009 om 17:45

Volgens mothlante is dit die boere se skuld so sal hulle maar net aanhou, die boere moet dieselfde doen voor hulle sal ophou voor die voet moor .Dit is niks anders as georganiseer nie.Groepe om boere te beskerm sal niks help nie kom gewoonlik eers te laat daaraan .Imand met verstand en leiers eienskappe sttan tog op vir die boere en etniese moord

chrissie

-   Desember 22, 2009 om 17:58

Almal het destyds gereken Eugene Tereblance was paranoies, om die boere en hulle gesinne op te lei om hulle self te verdedig teen die Moordenaars wat nie worry oor God of Die Bybel nie, so hou maar aan "bid" en sien of dit gaan help. Dis tyd om Vuur met Vuur te veg en bring weer terug die "slag van Bloed rivier"

Cat!!

-   Desember 22, 2009 om 18:23

@Mike, jy klink vir my te veel na 'n Rhodesier ala "whenwee" When weeeeee were in Rhodesia we did it this and that way!!!

johannes

-   Desember 22, 2009 om 20:41

hoeveel Afrikaners is daar wat so magteloos soos ek voel? Wie is bereid om as 'n leier voor te gaan sodat daar ge-organiseerd teen die misdadigers kan opgetree word? soos baie kommentaar hierbo, sal ek graag by 'n beweging wil aansluit om iets vir my volk te beteken. Maar hoe of waar?

Elsabè

-   Desember 23, 2009 om 09:28

Mike: jy praat die grootste klomp twak... Is jy 'n boer? Het jy al geboer? Die boere het nie 'n databasis op hande om elke een wat kom aanklop vir werk gou te gaan "scan" nie!! En die ou spreekwoord lui: Jy sien hom by die kop maar nie in die krop!!! So jy kan nie elke een as 'n misdaderiger en krimineel behandel nie!! Een ding wat ek met jou saam stem: en dit is die boere sal beslis meer beveilig moet word, wat naatuurlik 'n baie moeilike taak is, want jy kan nie oral als gelyk sien nie, as jy ry weet jy nie wat op jou wag as jy terug kom nie! En die meeste van die tyd is hulle 'n hele spul wat die aanval beplan!! Ek sê die boere moet die reg hê om hulle eiendom en geliefdes te beskerm sonder vrae! Kom ek vertel jou iets van die organisasies wat jy van praat, ons het in die jare 90 op 'n plaas buite Brandfort gebly en die boere wag was sterk teenwoordig daar, maar die probleem is, almal wat op diens gaan vir plaas beveiliging is boere self. So as die boer op diens gaan en sy bure en die mense in die distrik se plase gaan oppas, dan is sy plaas on bewaak en die gesin is onbeskerm! My man het geweier om dit te doen en gesê dat hy is meer werd op die plaas en vir sy gesin as hy self teenwoordig is! Kom ek vertel jou watter kant toe jy die ook al wil uit redeneer, niemand in SA is nie slagoffers nie, hier is 'n erge krimenele element wat beslis uitgeroei moet word, en "damm" vinnig ook. Ek persoonlik is vir die doodstraf, want die Bybel se nie verniet as jy met die swaard dood, sal jy self met die swaard gedood word nie! 'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand! En voor die anti doodstraf mense op my kop spring, dink vir een oomblik wat deur daardie arme vrou se gedagtes als moes gaan,sy het geweet hulle wag vir hom en sy kan niks doen om dit te keer nie, die pyn en die leiding die verwyte, die sielkundige letsels wat sy vir die res van haar lewe met haar gaan saam dra, praat nie eers van sy kinders wat die voorreg van 'n pa ontneem is nie..!! Wis die gemors uit die samelewing uit, hulle kos die regering in elke val net geld en ons betaal nog vir hulle ook om lekker vakansie te hou in die oorvol tronke...

FANIE VERMAAK,, SWAZILAND

-   Desember 23, 2009 om 10:03

Waarom word die agbare adj.pres. nie tereg en verkeerd bewys met feite,, deur te bewys dat plaasmoorde krimineel/polities gemotifeerd is en beslis nie die toedoen van boere wat werkers misbruik.. sekerlik is daar nou al genoeg sulke bewyse om sy veradderlike opmerking met die minagting wat dit verdien te verwerp. Dit lyk net vir my of ons te slap,,,, is om hom en sy uitlating verkeerd te bewys.

AndreC

-   Desember 23, 2009 om 10:11

Ek lees elke dag die koerant en is op hoogte van hoe maklik huisrooftogte plaasvind. In die buurt waar ek onlangs ingetrek het is daar gereeld sulke gevalle. Ek en vroutjie sit gisteraand en braai rustig maar op 'n kol toe is die buurt se honde op hol...Ek besluit toe...al KLINK dit "paranoid" ek sit eerder my wapen in my sak en braai verder met ogies en oortjies wyd oop vir wat oor die mure kan kom dalk...mens weet nooit wanneer jou nommer WEER opkom nie, want ek WAS al daar.
Die HARTSEER van dit is....Dat ek in my EIE erf..by my eie swembad en braai moet onveilig voel?!?!...
IETS sal moet gedoen word.....maar probleem is...ons is nie bereid om saam te staan nie.....die Boere het laas op die skip St Helena toe saamgestaan...NET OMDAT DAAR NIE SITPLEK VIR ALMAL WAS NIE!!

JOHAN LINDEQUE is SO reg....Die ander probleem is ons boere baklei nog soos Piet Retief met die bybel onder die arm....draai mos die ander wang....daai 2de klap dan klap hulle die wit waks uit jou uit.....en dan vra ons weer iemand moet help maar is nie bereid om self iets te doen nie. Ons sien die gevare nog voor ons aksie geneem het....want daar is altyd iemand wat uitpraat oor die "aksie" en dit word "ge-bust" nog voor iets gedoen kon word....

Ons wil ook nie enigeen voor die voet aanvat soos hulle met ONS doen nie….want “ag shame…hy is dalk ‘n goeie mens en onskuldig bla bla bla bla bleddie bla!..(Ek is self ‘n Christen)…maar wel gatvol vir wat om ons aangaan en ons kla maar doen boggerol!!

susan

-   Desember 24, 2009 om 10:19

Ons hoor daagliks van hierdie sinnelose moorde maar hoe wreed dit gepleeg word, word verswyg.Kan iemand nie n website oopmaak waarop fotos gepos kan word - verkieslik met n link na die sokker - as iemand "world cup" google moet hulle op die site afkom. Almal weet hoe word hierdie dinge in ons land toegesmeer maar daar is mos ander maniere om mense in te lig met die tegnologie van vandag..Ek weet dit sal bitter wees vir die slagoffers se geliefdes maar iemand moet iets begin doen sodat mense kan weet wat werklik aangaan in ons land.

Willem

-   Desember 24, 2009 om 14:10

Daar is soveel profesionele mense in ons Afrikaner gemeenskappe. As iemand net met iets daadwerklik die voortou wil neem sal duisende jou volg en ondersteun. Ons weet regtig nie meer wat om te sê of doen nie.

Piet Swart Vark

-   Desember 24, 2009 om 15:26

By praat en skryf sal dit bly, en ongelukkig weet hulle dit!!!

Cv

-   Desember 26, 2009 om 19:09

Ek dink susan het 'n baie goeie plan! Waat is die internet deskundiges sodat hulle dit kan doen! Ons moet dit sommer "link" met oorsese reis agentskappe ook! Soos bv. www.thenewsouthafrica.com moet by al hierdie plekke adverteer word!

Dan

-   Desember 26, 2009 om 20:18

Sal die ANC Jeugliga in hierdie geval ook busvragte mense aanry na die Hof as die skuldiges verskyn (indien hulle ooit gevang word)en daar betoog teen hierdie barbaarse optrede? Of dalk die ja-stemmers? Laasgemelde sit vreesbevange in hul huise en wag nog steeds vir die utopia waarvan hul gedroom het en waarvan baie nog steeds droom, om aan te breek. So gaan die uitwissing van die blankes rustig voort en die "slim" menere van vroeer, die liberales en al hul trawante wat sien wat gebeur en niks (kan) doen nie, sit en bewe en hoop hulle is nie volgende nie. Waar is de Klerk en sy gespuis se wigte en teenwigte? Kan ons asseblief bewys daarvan sien sodat hierdie "ethnic cleansing" kan ophou. Wat het van die "verligtes" geword wat antwoorde op alles gehad het?

wet in eie hande

-   Desember 27, 2009 om 16:11

Dis sulke dade wat maak dat ons wet in eie hande gaan neem. Skiet eers en dan vra jy vrae. Barbare is so, kasty eers die swakkeres en pleeg moord.
BRING DOODSTRAF TERUG.

Cv

-   Desember 30, 2009 om 12:05

Die man wat na http://dienuwesuidafrika.blogspot.com/ kyk en nog dink dat hierdie land herstelbaar is het "balls"! Kyk sommer na plaasmoorde(farmmurders) ook hulle se meer.

Jenny

-   Januarie 06, 2010 om 14:07

Ons volk word uitgemoor,verkrag en verniel en die wêreld kyk anderpad. Gelukkig slaap Yahüah(Here), Eloah(God) van die Lëerskare en Koning van Israel nie. Hy sal vergeld en wraak neem op die moordenaars en verkragters.

wil net sê

-   Januarie 06, 2010 om 16:20

Mike, Hoe moet ons boere hul self beskerm as die staat al die vuurwapens terug gevat het? Ek vra jou ?????

R Nel

-   Januarie 06, 2010 om 17:28

Gee mense dan nie meer om vir wat om hulle aangaan nie, Ons moet regtig lewe kry en die plaasmoorde op mense stop,veral die bejaardes wat hulle lewe lank daar bly en net nie meer deesdae veilig kan voel op hulle eie grond nie,wat de hel gaan aan????

sam

-   Januarie 07, 2010 om 14:59

My hart gaan uit na die gesin van Mnr Snyman, mag God U vrede bring.
Eks in die VSA en moet elke oggend bid, my moeder skakel om seker te maak sy het ook `n veilige nag beleef-wat word van ons land!
My volle steun aan enige Boer-organisasie om seker te maak my land, my mense is verseker van die toekoms wat ons reg is!

Hennie Jones

-   Januarie 07, 2010 om 15:05

Doodstraf, doodstraf,doodstraf en nogmaals doodstraf!!!!!!!!!

DieBoer

-   Januarie 07, 2010 om 15:33

Waar is die regsmense wat vir ons kan leiding gee ? Skiet ons die bliksems gaan ons tronk toe, begin ons n beweging dan gaan ons tronk toe OF word vermoor want dan is jy mos rasisties en jy speel nie saam met die land se reels en ideale nie - wat noem hulle dit? terorisme of hoogverraad of so iets....... Nou wat moet ons nou eintelik doen ? Kom !!! Gee voorstelle - en moenie se bring die doodstraf terug nie - dit gaan net MESKIEN help as jy die bliksem gevang kan kry !!!

Oplossing

-   Januarie 07, 2010 om 16:18

Oplossing.Stel blanke persone aan wat wil en kan werk.Daar is baie werklose mense wat maar te dankbaar sal wees indien hulle 'n dak oor hulle kop kan kry met al die voordele wat plaasarbeiders ontvang.Hulle kan dan ook aangewend word om eiendom te beskerm.Mense skuld my ook geld,kan ek maar moor?

Aapnek

-   Januarie 07, 2010 om 18:30

Ongelukkig het ons mede Suid Afrikaners nog nie uit ander lande se foute geleer nie, vermoor die boere wat vir ons kos sorg en vrek self later van hongersnood, as jy dink ek praat twak dan vra ek wys my 5 Afrika lande wat vir hulleslef kan sorg?? Ons KON altyd maar ek is bevrees ons sal dit nie kan volhou nie......

lynette schoeman

-   Januarie 07, 2010 om 19:53

wat ek op die oomblik oor SA se plaas aanvalle dink moet ek eerder vir my self hou.
wat se nut hou dit in elke geval in om kommentaar bekend te maak, wat gaan wie daaraan (kan)doen? wie is ONS leier in vandag se lewe, gaan iemand ooit iets vir ons blankes kan reg kry in die land van ons. nog 'n moord nog 'n familie in pyn. wie doen regtig iets daaraan, niemand, want julle kan nie!!!
Ons se beteken niks.
dankie

Dries Barnard

-   Januarie 07, 2010 om 22:39

dit het tyd geword om die reg in eie hande te neem en die barbara want dit is wat hulle is voor die voet dood te maak dan sal daar weer rustigheid in ons lewens soos voor 1988 waar de klerk saam met sy bende rovers die regering oor gevat het met `n staats greep

BOOSKOOS

-   Mei 09, 2010 om 19:38

Elsabe en Hennie Jones die doodstraf sal nooit teruggebring word nie, want as dit moet gebeur sal die ANC sy kiesersgetalle binne 'n jaar met die helfte verminder.Boere julle is in 'n oorlog gewikkel. Moenie dat die vyand jou met jou broek op jou kniee vang nie. Wees paraat. Skaf Pitboel terries aan.Sekere mense is nogal bang vir honde.En knoop maar weer 'n liefdesverhouding met jou roer aan. Olie hom gereeld en laat hom daagliks by jou bly. Nee wat Afrikaners, ons het afgestomp geraak. Ons klim oor die lyke van ons broers en susters en gaan dan maar net aan met ons lewens asof niks gebeur het nie.Asseblief mense skeur julle sokkerwereldbekerkaartjies op. Wys julle misnoee deur die grootste sportgebeurtenis in SA te boikot.Hoekom skryf Max du Preez nie ook iets bemoedigends onder sy naam nie! Waaars FW, Pik, Roelf en Piet. Ek weet julle is te oud om iets te se,maar se ten minste net iets. Al is dit dan net dat die boere die skudiges is.Hierdie pyn sal nooit verdwyn nie. Lees maar N.P. Van Wyk Louw se Raka wat hy in 1945 geskryf het.In die verhaal le die oplossing vir die Afrikanervolk se toestand.Sterkte mede-Afrikaners!

MAJA

-   Mei 09, 2010 om 19:55

Mede blankes, ons kan kommentaar op kommentaar skryf, maar as daar nie vinnig 'n wyse LEIER na vore kom om die taak op hom te neem om 'n organisasie te stig om die blanke te BESKERM nie, is ek bevrees ons nalatenskap sal hektare grafte of grafte wees. En dis sinneloos om hier kommentaar te lewer, want geen anderskleurige met kwade gevoelens lees nuus24, Beeld, Burger of Volksblad nie! Skryf dan aan HULLE eie koerante in Engels sodat die boodskap kan deurkom! Skep 'n website waar al hierdie wreedhede aan die wereld vertoon kan word (met groot simpatie aan die wat daardeur geraak sal word). Skryf aan buitelandse koerante in Groot Brittanje, die VSA en ander lande. Waar is FW de Klerk, Roelf Meyer, Pik Botha en Kodesa se 'wyses'? Waarom hoor ons niks van die hooggeagte Biskop Desmond Tutu nie? Hy is tog 'n Godsman, keur hy hierdie verbysterde aantal moorde op blankes goed? Hy het die mag om met sy mense te praat, om kerke te mobiliseer om tot hulle deur te dring dat dit sinneloos is om die blanke soos diere af te maai! Ek is jammer, maar ekself het geen raad nie behalwe om almal aan te raai om hul saak met hul Heer reg te kry. Gelukkig HET ons nog die keuse wat niemand van ons kan wegneem nie, ook geen regering nie en dis ons God sal hierdie wreedhede nie ongestraf laat bly nie. Daar kom 'n dag van afrekening! Maak Hom jou Bewaarder, dag en nag. Niemand kan jou uit sy hand ruk nie! As ons nalatenskap dan berge en vlaktes vol grafte sal wees, sal die saak voor die groot wit troon aan die einde van die tye beredder word. Vir nou my mede blankes, Hy hou jou vas, moenie vrees nie, moenie die dood vrees nie. Mag God 'n leier laat opstaan, wat die blanke in groot wysheid sal lei. Sterk staan volk van God!

CSS Sekuriteit

-   Junie 27, 2010 om 22:46

Aksie teen Plaasaanvalle
Ons het n stelsel wat die lewens van baie boere kan red. Beste reaksie tyd. Reaksie tyd red lewens. Stuur vir ons jou naam en epos adres na cssops.tasks@gmail.com en ons stuur vir jou meer inligting en so kan jy weer die inligting aanstuur na ander boere.

F.v.D

-   Julie 09, 2010 om 18:03

Ek stem saam Maja.Ons moet ons broers en susters op hulle plase bystaan,want wie weet,as hulle moeg raak vir plaas-Boere,sal hulle besluit om die Afrikaners en Engelse in die stede aan te val en uit te moor.Een goeie ding wat hierdie harde tye veroorsaak:`n Verenigde Afrikanervolk.Staan saam Godsvolk,staan saam.

Lewer kommentaar

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Manager Maintenance I

Western Cape
Hutech International Group

Leverage Finance, Mergers & Acquisitions Specialist

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R450,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...