NUM-lede sal nie staak nie
2010-07-29 19:24
Johannesburg – Die National Union of Mineworkers (NUM) het Donderdag besluit om ‘n beplande staking deur mynwerkers van Impala Platinum (Implats), op te skort.
“Die besluit is kort op die hakke geneem van die kommissie vir versoening, bemiddeling en arbitrasie (CCMA) se aanvraag vir verdere inmenging,” het ‘n woordvoerder, Lesiba Seshoka, gesê.
‘n Vergadering tussen NUM, Implats en die CCMA sal Maandag plaasvind.
- SAPA