Metrolid roof glo, eis geld vir buit

2010-07-30 06:40

Pretoria - ’n Tshwane-metropolisielid is in Pretoria saam met nog twee mans gearresteer kort nadat hulle glo ’n winkeleienaar beroof en geld van hom probeer afpers het.

Die drie is gister by ’n McDonald’s- restaurant in die Kolonnade-winkelsentrum in Pretoria vasgetrek. Nóg metropolisielede het blykbaar in ’n gemerkte metropolisievoertuig van die re­staurant gevlug.

Ao. Ben Strydom, polisiewoordvoerder, het gister gesê ’n groep mans het gisteroggend by ’n Superette-winkel in die Sino­ville-omgewing ingestap.

“Hulle het aan die winkeleienaar gesê hulle is van die metropolisie en dat hulle daar is om op sy sigarette en lugtyd beslag te lê.”

Die winkeleienaar was onseker hoeveel mans daar was, maar hy het gesê hulle is daar weg met bokse sigarette ter waarde van R80 000 en lugtyd van R8 000.

“’n Kort rukkie daarna het die winkeleienaar ’n oproep van dieselfde groep mans gekry,” het Strydom gesê.

“Hulle het gesê hy moet hulle by die McDonald’s-eetplek ontmoet, waar hy hulle R12 000 moet gee om sy goedere te kan terugkoop.”

Die winkeleienaar het speurders van die Sinoville-polisie vertel. Hulle is saam met hom na die restaurant.

“Daar gekom het die eienaar alleen uitgeklim en die R12 000 aan hulle oorhandig.

“Die speurders en ander polisielede wat hulle in die omgewing versteek gehou het, het toe uitgespring en drie mans in hegtenis geneem.”

Een van die verdagtes het erken hy is ’n metropolisielid en dat die ander twee sy vriende is.

Sigarette ter waarde van R75 000 en lugtyd van R8 000 is volgens Strydom in die drie gearresteerdes se besit gevind.

“Kort ná die arrestasies het ’n gemerkte metropolisievoertuig van die toneel af weggejaag en die winkeleienaar het gesê hy herken van die insittendes as nog lede van die groep mans wat in sy winkel was.”

Die polisie vermoed die res van die sigarette was in die motor. Dit het weggekom voordat die polisie die registrasienommer kon sien.

Die drie mans, tussen 25 en 43 jaar oud, is in aanhouding en sal na verwagting Maandag in die Pretoriase landdroshof op aanklagte van korrupsie, diefstal en die besit van vermoedelik gesteelde goedere verskyn.

  • Die polisie het enigiemand met inligting oor die rooftog gevra om kapt. Aletta Pratt van die Sinoville-polisiekantoor by 012 543 0800 te bel.

- Beeld

Lees meer oor: misdaad  |  metropolisie

Kommentaar is afgeskakel vir hierdie artikel

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Liquer Store Manager/ Controller

Mpumalanga
Hutech International Group

Accountant - EE

Gauteng
Hire Resolve
R400,000-450,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...