Malema doen SA skade aan, sê VF+

2010-04-12 15:39

Johannesburg - “Die skade wat Julius Malema Suid-Afrika in die buiteland aandoen, kan nie in geld bereken word nie,” het dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus en adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye, gesê.

Mulder het sopas van ’n besoek in die buiteland teruggekeer.

“Buitelandse media is nog altyd geneig om eensydig en sensasioneel oor Suid-Afrika te berig. Malema se onverantwoordelike optrede speel in hulle hand en bevestig elke eensydige stereotipe wat die buiteland oor Suid-Afrika en sy mense het,” het hy gesê.

“Van hierdie stereotipes is ’n onverdraagsaamheid teenoor Westerse joernaliste omdat die Weste steeds die grootse vyand van Afrika en alle swart mense is. Ook dat swart en wit mekaar in Suid-Afrika haat en permanent in konflik met mekaar is.”

Mulder beplan om hierdie en verskeie ander sake wat die huidige klimaat in Suid-Afrika veroorsaak, met president Jacob Zuma te bespreek.

“Dit is dringend nodig dat wyse en gebalanseerde ANC-leiers nou na vore tree en ’n meer gebalanseerde prentjie van Suid-Afrika illustreer. In hierdie verband verwelkom die VF+ pres. Zuma se opmerkings dat die ANC intern na uitlatings van hulle leiers, waaronder Malema, gaan kyk.”

“Dit is ’n kwade dag as die ANC se interne spanninge, en die werf van stemme op die goedkoopste wyse met die oog op die komende plaaslike verkiesing, sou maak dat die ANC die party se belange bo die belange van Suid-Afrika stel,” het Mulder bygevoeg.

- Nuus24
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: vf+  |  julius malema

Lewer kommentaar

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Manager Maintenance I

Western Cape
Hutech International Group

Leverage Finance, Mergers & Acquisitions Specialist

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R450,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...