Ma (79) stap 4km vir hulp

2010-02-08 07:30

Johannesburg - ’n Bejaarde ma moes Sondag sowat 4km ver stap om te gaan hulp soek nadat sy gehoor het hoe gewapende rowers haar seun op hul plaaswerf doodskiet.

Fanie Venter (60), ’n oujongkêrel wat saam met Hannetjie Venter (79), sy ma, op hul plaas sowat 25 km van Bethal af gebly het, is gister omstreeks 08:30 deur rowers buite sy huis oorval.

Sakkie Pretorius, ’n jare lange familievriend, sê Venter en sy ma was op verskillende plekke op die werf besig toe mev. Venter die booswigte sien.

“Daar was blykbaar drie van hulle. Sy het vir hom (Venter) geskree, maar hy het haar seker nie gehoor nie. Die een het haar mond toegedruk.”

Een het Venter, wat altyd ’n wapen aan hom dra vir veiligheid, onkant betrap en hom in die kop geskiet.

Venter het blykbaar nie gesien hoe haar seun geskiet word nie, maar die skoot gehoor.

“Toe sy daar kom, sê een vir haar hy slaap net. Sy kon sien hy is dood met al die bloed.”

Pretorius vertel die rowers het mev. Venter toe met ’n wapen teen haar kop gedwing om die kluis vir hulle oop te sluit.

“Sy het vir hulle gevra: ‘Hoekom skiet julle my nie ook nie?’ ”

Die rowers het die haelgeweer in die kluis gevat, geld en die ma se handsak, sê Pretorius.

Francois van Dijk, ’n buurman wat grond by Venter huur, vertel die rowers het die selfone ook gesteel. Mev. Venter kan nie motor bestuur nie het toe sowat 4 km ver saam met hul hond tot by Van Dijk se huis gestap om hulp te ontbied.

“Sy was so 10:00 hier. Sy het al die pad gestap. Dit is baie traumaties vir haar.”

Van Dijk het dadelik die polisie in kennis gestel en die bure gevra om vir die rowers uit te kyk. “Maar dit was te laat. Hulle was met ’n voertuig daar en al lankal weg.”

Van Dijk sê dit blyk dat die rowers nie enigiets anders uit die huis gesteel het nie. “Die huis was nie eens omgekrap of beskadig nie. Dit lyk of hulle daar was vir wapens.”

Volgens Pretorius het die rowers mev. Venter “rondgeruk”, maar sy is nie beseer nie.

Hy meen die booswigte het toegang tot die omheinde erf verkry deur “die slotte en kettings te knip”.

Venter laat sy ma, drie broers en ’n suster, wat in Australië bly, agter.

“Hy sou jou altyd help waar hy kan. Ek het hom goed geken. Ons was in 1980 reeds vriende,” sê Pretorius.

- Beeld

Kommentaar is afgeskakel vir hierdie artikel

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...