Lyk by huis afgelewer

2009-10-26 05:53

Port Elizabeth. – ’n Desperate begrafnisondernemer wat nie meer geweet het wat om met ’n onopgeëiste lyk te doen nie, het dié lyk netjies gekis en gepoeier by die huis gaan aflaai.

Wendy Steenkamp (42) se lyk het meer as drie maande in die yskaste by Ruiters-begrafnisondernemers op Hankey gelê sonder enige pogings om haar begrawe te kry.

Saterdagmiddag  het Henna Ruiters, die ondernemer se vrou, toe beveel dat Steenkamp se lyk afgelewer moet word op die plaas waar sy vroeër jare gewerk het.

“Ons was desperaat, want die lyk het al ’n reuk begin afgee wat ons ander kliënte kon ontstig.

“Toe gee ek uit my eie sak ’n kis en ek stuur die lykwa plaas toe. Dis jammer, maar dit kon nie anders nie,” het Ruiters gesê.

Dié onwelkome aflewering het groot konsternasie op die sitrusplaas veroorsaak.

Netta Prins, in wie se ouerhuis die oorledene vroeër tuisgegaan het, het gesê: “’n Lyk verdien tog om met eerbied en respek behandel te word. Wat hier gebeur het, is onmenslik. Wat van die stomme kinders wat dit moes aanskou? Om nie van die kieme te praat nie!”

Volgens Prins het Steenkamp as lemoenplukker op die plaas gewerk, maar is sy in 2007 daar weg. Verlede jaar het sy kontrakwerk op ’n buurplaas gekry en het Prins se pa, John Blaauw, blyplek aan haar gegee.

“Sy was lief en dierbaar, maar sonder enige familie. Ons het haar uit die goedheid van ons hart onderdak gegee.”

Nadat die lyk egter afgelewer is, het hulle op die plaas begin graf grou en haar ter ruste gelê.

- Beeld

Lees meer oor: kan jy glo

Kommentaar is afgeskakel vir hierdie artikel

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

CA (SA)

Gauteng
Hire Resolve
R600,000-650,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Financial accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Liquer Store Manager/ Controller

Mpumalanga
Hutech International Group

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...