Kind op 1ste skooldag vermis

2010-01-18 08:58

André Damons

’n Sesjarige seun van Vlakfontein, suid van Johannesburg, het Woensdag op sy eerste skooldag vermis geraak nadat hy vermoedelik ná skool op die verkeerde bus geklim het.

Knowledge Tshabalala was volgens sy ouma, Rosemary Tshabalala (54) by wie hy bly, baie opgewonde daaroor om met sy skoolloopbaan by die Olifantsvlei Primary School naby Eikenhof te begin en vir die eerste keer met die skoolbus huis toe te ry.

“Die dag voor skool was hy opgewonde en toe ek hom by die skool los, het hy baie gelukkig gelyk.”

Volgens Tshabalala moes Mlungisi, Knowledge se ouer broer, hom ná skool kry en saam met hom op die bus huis toe ry.

Dit het nie gebeur nie.

Mlungisi het gesê hy het Knowledge nie ná skool gesien nie.

Tshabalala het Knowledge Vrydag by die Lenasia-polisiekantoor as vermis aangemeld.

Volgens Tshabalala het hulle sy ma Thobile (30), wat swanger is en elders bly, gister eers van sy verdwyning vertel. Sy het net begin huil en sukkel om dit te verwerk.

“Hoekom neem iemand hom nie na ’n polisiekantoor nie? Hoekom sê hy nie vir mense waar hy bly nie?” wou die ouma weet.

Die polisie vermoed volgens insp. Gordon Billing, polisiewoordvoerder, geen misdryf nie en het in Eikenhof navraag oor hom gedoen en pamflette uitgedeel. Billing het enigiemand met inligting gevra om speurkonst. Moses Mogano by 0833293709 of die Mondeor-polisiekantoor by 011 433 5400 te bel.

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: kinders

Aspetat

-   Januarie 18, 2010 om 09:09

Ag, my hart bloei vir die familie, ek hoop hulle kry hom gou!

Lilla

-   Januarie 18, 2010 om 09:11

Hoekom wag die Ouma tot Vrydag om hom as vermis aan te meld. Ek sou werelde versit as my kleinkind wat in my sorg is nie al Woensdag by die huis uit gekom het nie.

Fred

-   Januarie 18, 2010 om 09:13

Sy naam is dan Knowledge, hy moes geweet het.

Jenny

-   Januarie 18, 2010 om 09:48

Die arme kind. Die storie het my laat huil. Ek hoop hulle kry hom ongedeerd.

Yvonne

-   Januarie 18, 2010 om 09:51

Dit is darem nog net weer n voorbeeld van hoe
ourers nie na hulle kinders kyk nie. Sy ma bly elders en sy is wer swanger en die or klein seuntjie raak weg.! Mense moet nie kinders kry as hulle nie na hulle kan kyk nie!Daar is GRATIS beboortebeperkings maar
nee wat dit is kinders by dosyne en staatstoelae vir elke een en die pa het seker ook n paar ander vrouens en n paar ander kinders en so gaan hulle aan !

FELICIA

-   Januarie 18, 2010 om 10:30

Die HERE se hand is oor julle seun.

@Fred

-   Januarie 18, 2010 om 10:43

Jy moet bid dat dit nie eendag met jou kinders of klein kinders gebeur nie. Die ongevoeligheid seker al weer omdat hy swart is.

murphy

-   Januarie 18, 2010 om 15:03

Ek hoop vandag baie sterk dat daardie seuntjie veilig tuis kom.

Lewer kommentaar

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

CA (SA)

Gauteng
Hire Resolve
R600,000-650,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Financial accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Liquer Store Manager/ Controller

Mpumalanga
Hutech International Group

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

LOVEMORE PARK

House R 28 000 000

EVERTON

House R 9 500 000

PRETORIA NORTH

House R 895 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...