Kerk verwoes in brand

2010-02-08 08:53

Rook trek uit die NG kerk Koedoesrant. Dié foto is met ’n selfoon deur ’n gemeentelid geneem.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Neels Jackson

Johannesburg - ’n Elektriese fout het waarskynlik daartoe gelei dat die NG gemeente Koedoesrant se kerkgebou op Swartwater in Limpopo Sondagoggend afgebrand het.

Ds. Wimpie Jordt het gesê hulle het om 06:55 gister agtergekom die kerk brand.

Rook het by die kerk se dak uitgeborrel en teen halfagt was alles verby.

Die dak en alles in die kerkgebou is vernietig. Dit sal gesloop moet word, het Jordt gesê.

Volgens Jordt word die syfer van R7 miljoen se skade genoem, maar hy kon dié syfer nie bevestig nie.

Die gebou is verseker.

Jordt het gesê die gemeenskap aan die Botswana-grens is ’n hegte een wat droogtes en swaarkry ken.

Hulle glo Christus hou sy kerk in stand.

Met die puin wat nog agter hulle smeul, het die gemeente in die ou kerkgeboutjie wat as saal gebruik word, nagmaal gevier, het Jordt vertel.

Jordt het gesê daar was nietemin baie emosie want die gemeenskap het baie sentiment aan die gebou gehad.

Dis in 1962 kontant opgerig en die laaste lid van die boukommissie wat nog geleef het, oom Koos (Straat) Coetzee, is verlede week uit die einste gebou begrawe.

Die hele gemeenskap, van watter kerkverband ook al, het die NG gemeente Sondag ondersteun nadat hul gebou afgebrand het.

Oor dié steun wat hulle gekry het, het Jordt gister gesê: “Ons harte is vol daarvan.”

–Beeld

Lees meer oor: brande

Kommentaar is afgeskakel vir hierdie artikel

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

CA (SA)

Gauteng
Hire Resolve
R600,000-650,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Financial accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Liquer Store Manager/ Controller

Mpumalanga
Hutech International Group

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...