Kebble-moordwapen is in stukkies gesny

2010-07-28 19:52

Johannesburg - Die vuurwapen wat gebruik is om die mynmagnaat Brett Kebble te vermoor, is opgesny en langs 'n pad in Johannesburg gestrooi, het die hooggeregshof in Johannesburg Woensdag gehoor.

Die staat se vierde getuie en 'n medepligtige in die moord, Faizel Smith, ook bekend as Klippie, het gesê hy het van die wapen ontslae geraak ná Kebble op 27 September 2005 in Melrose doodgeskiet is.

"Ek het stukkies van die vuurwapen saam met my geneem... Ek het stukkies langs die pad gestrooi terwyl het huis toe gery het," het Smith, ook 'n art. 204-getuie in die dwelmhandelaar Glenn Agliotti se saak, gesê.

Hy het gesê hy het die geweerloop en magasyn van die vuurwapen in die Kliprivier, suid van Johannesburg, gegooi.

Smith, soos sy medepligtiges, die bokser Mikey Schultz en Nigel McGurk, het die Kebble-skietery aan die hof verduidelik.

Hy het aan die hof gesê al sy "instruksies" vir die skietery het van Schultz gekom.

Smith het sy verhouding met Schultz en McGurk as 'n hegte een beskryf.

"Ons is beste vriende, soos broers," het hy gesê.

Gedurende Smith se kruisverhoor, het adv. Laurence Hodes, Agliotti se regsverteenwoordiger, vasgestel dat Agliotti nie met hom saamgesweer het, "betrokke" was of Kebble se dood "veroorsaak" het nie.

Smith het gesê Agliotti het nooit met hom saamgesweer of betaal vir die skietery nie.

Ná sy vlugtige getuienes, het Smith die getuiebank verlaat.

Regter Frans Kgomo het gesê Smith sal ná die verhoor weet of hy vrywaring van vervolging kry.

Volgens art. 204 van die Strafproseswet kan 'n getuie vrywaring van vervolging kry as hy vir die staat getuig en sy getuienes as eerlik geag word.
 
Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: hof  |  misdaad  |  moorde

Kommentaar is afgeskakel vir hierdie artikel

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R750,000-800,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

CA (SA)

Gauteng
Hire Resolve
R600,000-650,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Financial accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

LOVEMORE PARK

House R 28 000 000

EVERTON

House R 9 500 000

PRETORIA NORTH

House R 895 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...