Kaalbaskoning los planne vir oord by Orania

2010-06-23 08:11

Jana Engelbrecht, Volksblad

Kimberley – Die mense van Orania kan ontspan.

Beau Brummel, die kaalbaskoning van Suid-Afrika, gaan nie meer in sy geboortepakkie by die dorp paradeer nie.

Brummel het Dinsdag aan Volksblad gesê hy het sy planne om ’n nudiste-kolonie by Orania te vestig, finaal laat vaar.

“Ek wou geld maak met die Wêreldbeker-sokkertoernooi, maar nou is hier omtrent niks mense nie en dis vrek koud.”

Brummel het gesê hy het in sy geestesoog duisende wit kaalbasse in die son sien lê op ’n plaas by Orania.

“Baie Europeërs is nudiste. Hulle loop almal kaal op hul strande rond. Niemand is skaam nie. Ek wou hulle almal bymekaarbring. Dit sou ’n wit nudiste-oord wees vir al die wit Europeërs.”

’n Verligte Brummel sê hy is bly hy het nie geld aan só ’n oord bestee nie.

“Dit sou ’n volskaalse flop wees! Ek sou geld verloor het. Fifa het 600000 sokkerondersteuners van Europa verwag. Hier het slegs 50000 opgedaag. Ons hotelle is leeg.”

Sy nuwe plan vir kaalbasse is om in die Drakensberg ’n nudiste-kamp te begin.

“Ek sal net wag vir die somer. Dit kan sommer ’n geskiedenis-les ook wees. Ek het die perfekte plaas gekry waar die Voortrekkers in die Groot Trek Natal ingegaan het.

“Die plaas het volop wild en is baie mooi. Daar lê sommer ’n paar antieke wiele van ’n ossewa ook rond.”

- Volksblad

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: nudiste  |  orania

Drakensberger

-   Junie 23, 2010 om 08:21

Jammer ou pel, in die somer reen dit hier by ons...elke dag, en in die winter sal daai "Wit Europeërs" hulle wit boudjies af vries!!!!!!!

Probeer maar weer......

JRoos

-   Junie 23, 2010 om 08:22

Grillerige ou vent die Brummel, ek dink jy soek net weer bietjie sensasie!!!!!

Pieter van Wyk

-   Junie 23, 2010 om 08:23

Alhoewel ek nie skaam vir my eie liggaam is nie, voel ek nog steeds dat dit persoonlik is en ek nie nodig het om my naaktheid ten toon te stel nie. Soos voorheen gese het ek en van my maats al naak op my skiboot ver van die land gehengel vir die pret en "allover tan" Niks snaaks, want ons stort tog saam na sport geleenthede ens. Ek voel bly dat BB nie met sy planne in Orania geslaag het nie. Daar was 'n stokkie voor gesteek, want die vent wou ons Volk net belaglik maak. Hy gebruik nou die koue as verskoning. Baaah. Hy sou net moeilikheid wou maak want almal weet waaroor Orania gaan en hy het gedink hy sal 'n bynes kom oopkrap. Dalk is hy die vernedering van 'n pakslae gespaar.

@kaalbas

-   Junie 23, 2010 om 08:24

Ag.... Mnr Brummel...KOM BY

Dudess

-   Junie 23, 2010 om 08:26

Shame, dat mense so desperaat is om hulle croceries te wys en nogal boonop te betaal ook daarvoor. Jou wors en eiertjies gaan eendag lekker braai meneer.

Vrye Denker

-   Junie 23, 2010 om 08:29

Lyk my sy persoonlikheid is net so droog, verrimpeld en skurf soos sy vel wat hy so aan die elemente blootstel.Dit kan in elk geval nie veel pret wees om na ' kamp te gaan waar daar net ou kaal omies rondhang nie.

helen

-   Junie 23, 2010 om 08:33

Ai shame ou Beau, jy moet seker al oud wees maar steeds pla hierdie dinge jou. Begin liewer om oor die onverganklike dinge na te dink en te bekommer as om te bekommer oor hoe om nog geld uit die (kale!) liggamlike te probeer maak

Nuttyfaery

-   Junie 23, 2010 om 09:02

Een maal 'n nudis, altyd 'n nudis.

Rina

-   Junie 23, 2010 om 09:02

Weet jy wat ou maat, in die paradys se tyd het Adam en Eva gesondig, en hulle het van hulle naaktheid bewus geword. Die Here se opdrag is dat ons ons skaamte moet bedek, nou wie de hel is jy om te se ons moet kaalgat rondloop, sies man, 'n kaal mens is aaklig. Trek aan jou broek demmit!!! Ons woon nie meer sonder sonde in die paradys nie.

janetb

-   Junie 23, 2010 om 09:08

Ag shame gun die ou omie ook maar sy plesiertjie,
hoe opgewonde kan jy nou ook raak op sy ouderdom sonder om dalk om te kap van van 'n hartaanval!!

Feetjie

-   Junie 23, 2010 om 09:14

as ek soos BEAU BRUMMEL gebou was sou ek maar die NAAKTHEID finaal vaarwel roep. Hy is nie eers iets om na te kyk nie, heeltemal 'n HAS BEEN .. weg is jy man!

Bluntpiro

-   Junie 23, 2010 om 09:20

Ek hoop sy besoekersyfer is korrek, want afhangende van na watter nuusberig jy luister en kyk op TV, wissel die getal geprojekteerde besoekers vir die WB van 400000 tot 700000. Beau sê 50000, ek wonder wie is naaste aan die kol?

Jolinda

-   Junie 23, 2010 om 09:22

Hoekom is net wit mense welkom by die kamp?

goldfish

-   Junie 23, 2010 om 09:23

heheheheh, rina, jy is die beste tonikum op n woensdagmore - ek wou ook eendag kaal paradeer in die huis toe die huiskat haar boeglam skrik en tot vandag toe nog soek is.......

chrisna

-   Junie 23, 2010 om 09:35

as ek net 'n koppie vol van Beau Brummel se guts gehad het, so ek elke dag kaalgat rondgeloop het. wat nudiste doen is hulle saak. hulle doen nie fisiek kwaad nie so los hulle uit. meeste van julle wens julle kan uithaal en wys so pasop vir daai groen mannetjie wat op julle skouers sit en lag vir julle laksheid.

Cooper

-   Junie 23, 2010 om 09:52

Brummel, ek is bly jy besef dit is koud vir kaalbas in die bos want dit gaan net 'n geritsel in die "gras" wees... leeu-koud net kop en maanhare maar wees nie bevrees nie, volgens berigte het die jagseisoen bietjie afgeneem die jaar met die sokker saam. As jy wil kaalbas loop vra ek asseblief om nie die foto's vir Rapport te stuur nie - ander sal dit weereens sien as kuns en dit is nie.@goldfish - die "leeu" was amper gevang deur ons Jack Russel - lol lol

lekker

-   Junie 23, 2010 om 11:54

Jolinda as jy so graag ander kleur wil sien dan weet ek ni maar ja dis seker jy

ja wat

-   Junie 23, 2010 om 11:57

Rina dis nie tese as jy skaam is oor wat jy het dat ander mense is nie.

IJAN

-   Junie 23, 2010 om 12:49

dit is nie kwessie van skaam wees oor wat mens het nie, dit is kwessie van selfrespek vir my liggaam en ag tog wat se obsessie is dit nou weer oor kaal loop! Beau Brummel lyk in elk geval soos opgekrimpte skorsie-genade mense kry tog vir jul iets beter om te doen in die lewe!

Nudis

-   Junie 23, 2010 om 13:21

Party mense rook ander nie, party drink ander nie, party wil kaal in die natuur wees ander nie, so doen wat jou gelukkig maak en los die nudiste uit!

Go Beau

-   Junie 23, 2010 om 13:38

I love it. Die ou het meer guts as julle almal saam. En weet julle wat daar is 'n groot aanvraag vir so 'n kamp jonk en oud. Trek uit en gaan kuier daar daar!!

@jolinda

-   Junie 23, 2010 om 13:45

Want net wit mense kan bruin word as hulle in die son le, Blondie!

SA man

-   Junie 23, 2010 om 13:53

Jolinda,weet jy hoekom...nie almal wil verkrag word.

Chris

-   Junie 23, 2010 om 15:25

Wat seg die ou gesegde: Hoe kaler jonker hoe groter pronker! Grillerige rakker die OU Beau Brummel.

Riempies

-   Junie 23, 2010 om 20:53

Satan se saad sal hom slaafs agternavolg. Die groot afval van die tyd.

Stompneus

-   Junie 24, 2010 om 07:33

Ek wonder darem hoeveel van julle wat so te velde trek teen die nudiste het al die moeite gedoen om te gaan navorsing doen oor die onderwerp. Google dit bietjie en gaan kyk so bietjie na al die mooi plekke wat beskikbaar gestel word vir nudisme. Jy sal verbaas wees om te sien waar daar oral nudiste plase is. En gaan kyk ook bietjie na die gedragskode van hierdie plekke, dit gaan nie soos so baie dink net oor seks nie. Inteendeel seks in die openbaar word verbied. Ek sien ook dat baie van die jong garde wel deelneem aan die aktiviteite, so dis nie net die "verimpelde ou omies" nie. Een van my vriendinne is ook 'n nudis en sy is maar een van vele jong meisies, onder 30, wat hieraan deelneem. Maak eers seker van die feite voordeat jy so kwistig kritiek lewer!

Lewer kommentaar

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Liquer Store Manager/ Controller

Mpumalanga
Hutech International Group

Accountant - EE

Gauteng
Hire Resolve
R400,000-450,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...