Jeugliga sê Mantashe moet verduidelik
2010-07-29 19:24
Johannesburg - Die ANC-jeugliga het gevra dat Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, sy bevraagtekening van die skorsing van die jeugliga se Limpopo-voorsitter, Lehlogonolo Masoga, verduidelik.
Mantashe het Dinsdag tydens ‘n onderhoud met die SABC gesê dat die jeugliga te drasties opgetree het deur Masoga te skors.
Vuyiswa Tulelo, die jeugliga se sekretaris-generaal, het gesê Mantashe moet ‘n verduideliking bied wanneer die ANC se nasionale werkkomitee volgende week vergader.
Lees hier meer.
Volg Nuus24 op Twitter.