In hart geskiet is ‘natuurlike oorsake’

2009-10-28 06:34

Hilda Fourie

Die doodsertifikaat van ’n motorelektrisiën wat sowat drie weke gelede voor sy gesin deur gewapende rowers in die hart doodgeskiet is, lui dat hy aan natuurlike oorsake dood is.

Toe Amanda Locke (43) Vrydag hoor wat op haar man, Henry Locke (39), se doodsertifikaat staan, was sy onmiddellik kwaad.

“Hy is dan voor ons doodgeskiet, voor ons oë,” het Locke gister aan Beeld gesê.

“Hulle het niks gesê nie. Hulle het hom net geskiet. Daar waar hy geskiet is, het hy geval en daar is hy dood.

“Hoe kan die moordsaak voortgaan as die doodsertifikaat sê hy is aan natuurlike oorsake dood?

“Dit is mos onmoontlik dat hy aan natuurlike oorsake dood is. Dit kan mos nie wees nie.”

Mnr. Locke is op 5 Oktober op die Elands-wildplaas naby Cullinan, noordoos van Pretoria, voor sy vrou, dogter, Monique (13), en seun, Dawie (23), wat ’n kwadrupleeg is, deur rowers in die hart geskiet.

Volgens Locke is daar aan haar gesê dat die koeël die punt van haar man se hart getref het wat ’n hartaanval veroorsaak het.

Ronnie Mamoepa, woordvoerder van die departement van binnelandse sake, het gesê hy is seker die inligting op die doodsertifikaat is verkeerd.

“Dit is ’n fout wat beslis reggestel sal word.

“Die departement vra verskoning vir die ongerief wat dit veroorsaak het,” het Mamoepa gesê.

- Beeld

Lees meer oor: kan jy glo  |  sterftes

Kommentaar is afgeskakel vir hierdie artikel

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Service Level Manager

Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Construction Manager

Gauteng - Midrand
Master Career Consulting

Financial Manager

Gauteng - East Rand
Network Recruitment CA- Centurion
R550,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

LOVEMORE PARK

House R 28 000 000

EVERTON

House R 9 500 000

PRETORIA NORTH

House R 895 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...