Helde-afskeid vir polisielede

2010-07-30 06:27

Pretoria - ‘Dis my seun. Dis my seun.”

Só het Doris Gouws huilend herhaal toe sy by die roudiens instap vir die sewe polisielede wat verlede week in ’n helikopterongeluk dood is.

Haar seun se foto was die eerste ding wat sy en haar familie gesien het toe hulle by die Hatfield Christian Church inkom.

Hulle het by die foto gaan stilstaan en kon nie hul trane keer nie.

Ao. Thinus Gouws was die medevlieënier van die helikopter waarin die sewe lede van die polisie se nasionale intervensie-eenheid en lugvleuel na ’n rooftog in eMalahleni (Witbank) op pad was.

Dit het in Pine Ridge naby die Klarinet-plakkerskamp neergestort.

Genl. Bheki Cele het die sewe as helde beskryf wat op “Swart Vrydag” dood is.

“Hierdie organisasie (die polisie) sal as beskermer van die weeskinders en as pa vir die weduwees optree. Ons sal na dié gesinne kyk.”

Cele was gister ’n jaar lank in sy pos. Hy het gesê hy wou dit regtig nie so “gevier” het nie.

Nathi Mthethwa, minister van polisie, se woorde was: “Vrydag het Suid-Afrika en die polisiemag armer geword.”

Sowat 2 500 mense, onder wie talle polisie- en weermaglede, het die diens bygewoon.

Ao. Marlise Henning, weduwee van sers. Kobus Henning, het gesê hul sewe weke oue babaseuntjie sal weet watter legende sy pa was.

“Hy was ’n wonderlike man, ’n liefdevolle pa en bo alles ’n ongelooflike polisieman.”

Johan Henning het met trane in sy oë hulde aan sy seun gebring.

“Hy wou nog altyd ’n polisieman gewees het en dit is vir ons as familie die seerste seer om te verwerk.”

Kapt. Wickus Zaayman se pa, Phillip, het gesê al wat sy seun ooit wou doen, was om te vlieg.

“Dit was sy grootste passie in sy lewe. Hy het altyd gesê as hy moet doodgaan, sal hy verkies om in sy vliegtuig dood te gaan en dit het toe gebeur.”

Zaayman jr. sou op 9 Oktober met Janine Croucamp getrou het.

Zaayman was die vlieënier wat Cele en genl. Arno Lamoer, hoof van sigbare polisiëring, na die openingseremonie van WB 2010 geneem het.

Hy was ook een van die helde in die destydse Mosambiekse vloede waar hy ’n kind uit die water gered het.

Kol. Percy Madunda, bevelvoerder van die intervensie-eenheid, was volgens sy vrou, Tholwana, die perfekte pa en eggenoot en het sy drie kinders bitter lief gehad. Die jongste van dié kinders is maar twee maande oud.

Die ander oorledenes is ao. Colin Edward Davids en Dirk van Aswegen en sers. Daniël de Bruin.

In sy huldeblyk het Lamoer gesê: “Hulle is dood op die manier waarop hulle gewerk het, besig om misdaad te beveg.

“Terwyl ons oor die lede se dood rou, is die engele besig om agter die gordyn te jubel.”

Cele se laaste woorde aan sy gestorwe kamerade was: “Gaan rus nou veilig, julle het jul werk goed gedoen, en weet net dat ons almal julle verskriklik gaan mis.” 

Lees meer oor: polisie

Kommentaar is afgeskakel vir hierdie artikel

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Manager Maintenance I

Western Cape
Hutech International Group

Leverage Finance, Mergers & Acquisitions Specialist

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R450,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

LOVEMORE PARK

House R 28 000 000

EVERTON

House R 9 500 000

PRETORIA NORTH

House R 895 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...