Egpaar oorleef wrede plaasaanval

2009-11-02 14:42

Johannesburg – Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n bejaarde egpaar in Limpopo aangeval het ná afloop van ‘n kerkdiens.

Izak en Mariaan Jansen van Vuuren is Sondagoggend op hulle plaas naby Swartwater, aangeval toe hulle ná afloop van ‘n kerkdiens by hulle plaashek stilgehou het.  

Volgens Anél Jansen van Vuuren het haar ma en pa met hulle bakkie tot by die hek gery.

Mariaan Jansen van Vuuren het uitgeklim om die hek oop te maak.

“My ma het gesukkel om die hek oop te kry. My pa het uitgeklim om haar te help. Terwyl hulle besig was, het twee mans hulle genader wat glo werk gesoek het.

“My pa het hulle gevra om te loop. Die mans het egter nader geloop en my pa deur die gesig geslaan,” het sy gesê.

Die mans het glo ‘n hamer, stok en byl in hulle besit gehad. Hulle het Izak Jansen van Vuuren begin slaan.

“My ma het in die bakkie gespring en my pa het vir haar gesê sy moet wegry. Sy het gevlug, maar die mans het haar ingehaal en weer teruggeneem na die hek, waar my pa op die grond gelê het.

“Hulle het my pa vasgebind en agter op die bakkie gegooi. Beide mans het voor in die bakkie langs my ma gaan sit en weggery. ‘n Paar kilometer verder het hulle beheer oor die voertuig verloor en in ‘n heining vasgejaag,” het sy gesê.

Izak Jansen van Vuuren het losgekom en begin hardloop. Die verdagtes het hom agternagesit en hy het hulle met klippe bestook. Hy het by plaaswerkers se huise hulp ontbied.

Voor die polisie opgedaag het, het die Jansen van Vuuren-egpaar se bure reeds met ‘n soektog begin om die mans vas te trek.

Izak Jansen van Vuuren is na die Moropong-hospitaal geneem en later na die HF Verwoerd-hospitaal in Pretoria oorgeplaas.

Die beserings aan sy gesig is van so ‘n aard dat hy plastiese chirurgie sal moet ondergaan.

Die twee verdagtes sal binnekort in die plaaslike hof in Lephalale verskyn.

– Sapa

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: plaasaanvalle

STELLA

-   November 02, 2009 om 15:50

ONSKULDIGE MENSE WORD AANGERAND...VIR WAT! maar dis mos reg so...dis mos ons verdiende loon...waag ons ietsie dan word daar optogte gehou en dreigemente geskreeu!!!!!

gatvol

-   November 02, 2009 om 16:00

en hier lees ons afrikaanse mense die berig en skud ons kop en kla oor hoe wreed "hulle" is. as ons klaar gelees het, gaan ons verder met ons dag takies en more lees ons net weer so n berig. MAAR as 4 seuns in konkoksies piepie en werkers (wat uit eie wil deelneem) "verneder" staan die hele swart volk op, begin toi toi en daar kom hofsake voor, Malema besoek die Universiteit, die koshuis word sommer ook gesluit! nou vra ek vir julle? oordoen die swart volk dit of is ons witvolk net slapgat? eks 100% vir anti-rasis, 100% vir gelykheid. maar hoekom voel dit vir my dat die wit mense 2de kom? ek het nie voorstelle nie, ek kla! maar sal saam optrek en n banner maak en tot n facebook groep stig...

Genoeg!

-   November 02, 2009 om 16:26

Wonder wat ou Julius Mamparra hieroor te sê sal hê, indien hy ooit so ver kom. Daar word mos oor die geringste goedjies "rassisme" geskreeu, maar voorvalle soos dié ontlok geen kommentaar van die land se sogenaamde leiers nie. Wat anders is hierdie voorval as rassisme en 'n voorbeeld van uiterste haat en geweld? Wanneer gaan iemand 'n slag iets sê oor die land se boere wat voor die voet afgemaai word, of gaan hulle wag totdat almal in die land vrek van die honger omdat al die boere uitgemoor is?

OOK GATVOL

-   November 02, 2009 om 17:24

Afrikaanse mense is net klaers en heeltemal te ruggraatloos om enige iets te doen. Verder is daar geen leier in die Afrikaanse gemeentskap wat omgee vir die arme boere en ou mense nie. Was die saak nou rugby was dit seker n ander saak.

Ivan

-   November 03, 2009 om 12:23

Nog 'n rassistiese aanval op blankes! Wie hou boek? Wie gee om? Oppas julle barabre! God slaap nie! Julle speel aanklaer regter, jurie en laksman. Mag julle die loon vir julle perversiteit ontvang! Ten minste is hierdie barare nie polisiemanne soos in die geval van die Steyn egpaar van Hendriksdal nie. As daardie moorde nie polisiemanne of weermaglede was nie is dit hulle tjommies.

Ryk Jacobs

-   November 30, 2009 om 14:57

Hierdie aanvallers was ook seker van die sogenaamde vreemdelinge wat in elk geval onwettig hier in ons land is, wat aller verskriklik deur die arme wit Boer te na gekom is. Siestog en dan lees ons nog dat die seergeagte adj president nogals baie simpatie het met hierdie soort van mense wat net wil vermink en plunder so vêr hulle gaan.

Lewer kommentaar

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Account Manager

Western Cape - Cape Town
Media24

Designer

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Sub-editor: Visi

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...