Brande woed in Suid-Kaap, Boland

2010-02-09 03:08

Kaapstad -Veldbrande woed steeds in die Suid-Kaap met 180 brandweermanne wat spook om sewe brande in bedwang te bring.

Gerhard Otto, hoof van Eden-rampbestuur, het Maandag gesê die brande raak al erger.

"Dis warm, dis droog, dis windering en daar is net nie verligting in sig nie," het hy gesê.

Die ergste brand is in Knysna waar brandweermanne werk om huis en sakepersele te red.

In Plettenberg-baai bedreig 'n soortgelyke brand eiendomme in die gebied.

Volgens Annelize Lamprecht, brandweerhoof van Eden, het gesê daar is ook brande in die Haarlem-gebied naby George, in Rheenendal en twee brande in Stilbaai.

In die Boland is die Franschhoek-pas Maandogoggend vir verkeer gesluit weens 'n brand wat sedert Vrydag in dié gebied woed.

CapeNature het 'n verklaring uitgereik waarin hy motoriste waarsku om die pas te vermy.

Volgens CapeNature is dié brand veroorsaak deur werkers wat 'n oop vuur gebruik het om kos te kook.

Dié brand het 4800 hektaar van die Jonkershoek- en Hottentots Holland-natuurreservaat oor die laaste vier dae verwoes.

Fanie Bekker, CapeNature se uitvoerende direkteur van operasionale dienste, het gesê 160 brandweermanne van dié organisasie en die Kaapse Wynlanddistrik-munisipaliteit is ingeroep.

Die brand het toe ook na plase versprei.

Bekker het gesê dik rook hang in die gebied wat dit moeilik maak vir helikopters om op te styg.

– Sapa

Lees meer oor: brande

Kommentaar is afgeskakel vir hierdie artikel

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Service Level Manager

Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Construction Manager

Gauteng - Midrand
Master Career Consulting

Financial Manager

Gauteng - East Rand
Network Recruitment CA- Centurion
R550,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...