Brand-chaos in Boland

2010-02-09 06:46

Verslagspan

Franschhoek - Franschhoek was teen gisteraand in ’n chaos gedompel deur ’n bergbrand, wat reeds Vrydag waarskynlik deur werkers van Werk-vir-Water veroorsaak is.

Die hange om Franschhoek was in ligte laaie en die verstikkende rook het asemnood by mens en dier veroorsaak.

’n Rookbank het oor die dorp gehang en dit was stikdonker.

Rooi vlamme van meer as twee verdiepings hoog het die naglug ingeskiet. Teen vroegaand is plaashuise in die omgewing van die Bordeaux-saagmeule reeds ontruim, maar geen lewens is bedreig of eiendom beskadig nie.

Vlamme het baie na aan die bekende wynlandgoed en restaurant La Petite Ferme gewoed.

Johan Botha, ’n brandweerbeampte, het omstreeks 21:45 gesê dit brand om die geboue daar.

Van die werkers by La Petite Ferme het hul huise ontruim en elders slaapplek gaan soek.

Die hulp van sowat 160 brandbestryders van onder meer die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit en CapeNature is gisteroggend ingeroep om die brand te blus. Digte rook het brandbestrydingshelikopters verhinder om met die poging te help.

Die Franschhoek-pas was gister heeldag gesluit.

Patrick Shone, CapeNature se bewaringsbestuurder van die Jonkershoek-natuurreservaat, het gesê die brand het vermoedelik ontstaan terwyl lede van Werk-vir-Water wat in die Assegaaiboskloof agter die Bergrivierdam besig was om indringerplante uit te kap, vuur gemaak het om kos te kook.

Die brand het daarna in die rigting van Theewaterskloof versprei en oor die berg na Franschhoek beweeg. Sowat 4 900 ha fynbos in die Jonkershoek- en Hottentots-Holland-natuurreservaat in die omgewing van die Franschhoekpas is reeds deur die brand verswelg.

Mnr. Francois Conradie van die plaas Bordeaux het vroegaand sy kinders verwyder, maar het steeds geveg om sy plaaswerkers se huise te probeer red. Hy moes later aangesê word om te ontruim.

Tasso Steyn van die Stellenbosse munisipaliteit se brandweer het gesê by die Bordeaux-saagmeule was hulle te laat om ’n groot kruiptrekker te red. ’n Wa wat vir die vervoer van houtpale gebruik word, het ook in die slag gebly. “Maar gelukkig kon ons die palette met die droë hout wegry en rondom die fabriek natspuit,” het hy gesê.

Perde van Steinmetz Arabians, ’n perdestoetery in die omgewing, moes uit die gebied verwyder word. Hulle is almal na die stalle van Bridge House, ’n private skool net buite Franschhoek, gebring.

Dit is die tweede keer binne ’n maand dat ondersoek ingestel word na die moontlikheid dat provinsiale werknemers ’n veldbrand veroorsaak het. Verlede maand is wingerd ter waarde van sowat R150 000 op die plaas Hugoskraal van Pieter Hugo naby Rawsonville vernietig nadat werkers van CapeNature glo ’n vonk met ’n masjien veroorsaak het.

- Was jy op die toneel? Stuur vir ons jou foto's of stories vir publikasie.

- Die Burger

Lees meer oor: brand

Kommentaar is afgeskakel vir hierdie artikel

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Liquer Store Manager/ Controller

Mpumalanga
Hutech International Group

Accountant - EE

Gauteng
Hire Resolve
R400,000-450,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Financial Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...