Boer wag dat Malema hom skiet

2010-03-19 14:01

Pretoria – Julius Malema, die president van die  ANC-jeugliga, het Vrydag nog nie opgedaag om ‘n “boer” by Fort Schanskop suid van Pretoria te skiet nie.

Ben Geldenhuys, die nasionale sekretaris van die Verkenners Beweging, het vir Malema gewag om hom te kom skiet, maar Malema het teen 12:30 nog nie opgedaag nie.

Geldenhuys het Malema verlede week uitgedaag om hom te skiet nadat dié omstrede jeugleier “skiet die boer” gesing het.

Geldenhuys het gesê dat as Malema so gretig was om ‘n boer te skiet, “kan hy kom en my skiet eerder as om ander mense op te sweep om weerlose bejaarde boere en vroue te vermoor.

“Om dit vir hom maklik te maak sal ek by Fort Schanskop vir hom wag om 12:00 op 19 Maart,” het hy verlede week gesê.

“Ek het nie ingegee nie, ek sal wag,” het Geldenhuys gesê terwyl hy Vrydag vir Malema gewag het.

Ishmael Mnisi, ANC-woordvoerder, het gesê dat Geldenhuys en sy organisasie met Malema moet “gesels” en hom ‘n geleentheid gee om homself uit te druk.

“Hierdie is net ‘n beheptheid met iets verregaande,” het hy gesê en bygevoeg dat enige verdere navrae aan die jeugliga gerig moet word.

Floyd Shivambu, die jeugliga se woordvoerder, was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie. Hy het verlede week gesê dat die liedjie “uit proporsie geblaas is.”

- Sapa

 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

path finder

-   Maart 19, 2010 om 14:12

nou kan n mens sien waar le hulle ( malema en travante) se ik en mentaliteit, klomp bang gatte

AWA

-   Maart 19, 2010 om 14:14

And another African giant bites the dust

dalet

-   Maart 19, 2010 om 14:16

Malema se mond is net groot wanneer hy omring word met sy trawante. Op sy eie is hy niks werd nie

Ria M

-   Maart 19, 2010 om 14:16

Natuurlik sal grootbek nie opdaag nie .. hy het mos sy eie krygers om die vuilwerk namens hom te doen en sy teiken is nie 'n man wat homself beskikbaar stel nie. Die lafaards soek diegene wat nie hulself fisies meer kan verdedig nie.

AndreC

-   Maart 19, 2010 om 14:17

WYS JOU NET...Malema is net soos 'n hond wat 'n kar jaag....as die kar stop dan weet hy nie wat om te doen nie....

Anti-Malema

-   Maart 19, 2010 om 14:17

Malema en sy gespuis is lafaards. Hulle kan skreeu en raas maar kom op die push dan hol hulle dat jy net stofwolke sien. Graspolle groei nie waar hulle loop nie, want hulle vertrap alles.

Willem Louw

-   Maart 19, 2010 om 14:18

Heng Ben, ek dink jy gaan lank wag. Daai idio*t kan net praat as hy voor `n groep staan met laer intellek as syne. Gaan huistoe, ons sal hierdie donners op `n ander manier vang.

izak

-   Maart 19, 2010 om 14:19

Nee a Ben. Ken jou nou nog nie die mense se werkwyses nie. Hulle sal jou in die "swarte" nag inwag en jou van agter af aan val. Sal wag tot jy slaap en jou dan aanval. In 'n aarmag jou aanval of jopu kinders en vrou onverhoeds betrap. Maar vir 'n swaard geveg of soos 'n man van vooraf kom. Dit is teveel gevra.

Boer

-   Maart 19, 2010 om 14:19

Ben jy is 'n ware boer en ek saluut jou!!!

anne

-   Maart 19, 2010 om 14:22

Die opsweeping het in die media plaas gevind, so ek dink die gespekke moet ook in die media plaasvins, sodat almal kan hoor wat Malema se storie is, want deur sy toedoen is mense klaar opgesweep, do hy is hulle ook dan 'n versuideliking verskuldig as die liedjie dan nou ook sodaning uit proporsie geruk is, die skade is gedoen

Isak Venter

-   Maart 19, 2010 om 14:23

Malema is te lafhartig om dit te doen, hy gebruik ongeletterde dom mense om sy vuilwerk vir hom te doen. Dan sal hulle ook nie boere wat kan terugveg aanvat nie, net bejaardes en vrouens.

ChrisD

-   Maart 19, 2010 om 14:25

Hoe belaglik. Waar in jou lewe het jy nou al gesien dat Malema of enige iemand anders so 'n uitnodig gaan aanvaar!

Die feit van die saak is dat daar 'n beter manier gevind moet word om die woorde oorlog teen te staan en ook aan te voer. Ons moet dit erken dat ons het nie 'n teenvoeter vir die ANC se uitsprake nie en dit maak dat soos in die televisie program gebeur het dat ons as kleuters uitgewys word.

Feite moet uitgewys word maar moet nutraal aangebied word sonder om die ander party af te kraak want dan begin die klip gooiery, soos in die geval met die TV debate waar die ANC man se horlosie het ter sprake gekom.

Dit het nie die saak bevorder wat gedabateer moes word nie maar eerder aangedui dat hulle mag nie seulke dursame horlosies besit nie wat weer wys hoe kleinlikheid dit was.

Speel die bal maar wat draties nodig is is om die wedstrydplan of te verander of te verbeter.

Nag ou grote.

tinkie

-   Maart 19, 2010 om 14:26

JA WHAT'S NEW, MENS KAN NIE EERS OP MAL ENEMA STAAT MAAK NIE LOL...JAMMER VIR DIE MAN WAT SY KOSBARE TYD GEMORS HET DEUR VIR HOM TE WAG...

Kevin

-   Maart 19, 2010 om 14:27

Meer bek as binnegoed, hy sal nooit opdaag nie, al wag mens 'n jaar lank. Wat noem hulle dit in Engels "Gray with fear"

Jordan

-   Maart 19, 2010 om 14:28

Slim mannetjie, wil nie eers Afriform te woord staan nie, wat nog van 'n boer. Ha, ek lag vir sy gespuis.

bernard

-   Maart 19, 2010 om 14:31

So - Wie is nou die lafaard?

Paul

-   Maart 19, 2010 om 14:31

Malema jou lafaard!!! Los die vrouens, kinders en Ou Mense uit. Kruip terug in die gat waaruit jy gekom het want jy is bang vir Ben!!! Soos dit hoort!!!

Pieoff

-   Maart 19, 2010 om 14:31

Simpel idiote. Het 'n wit mens dit gesing van swartes, het Cosatu en alliansies opgeruk uniegebou toe en was daar groot moleste. Ons land is in sy moer in.

Paul

-   Maart 19, 2010 om 14:34

Malema is te slapgat om self te kom, hy sal eerder iemand anders stuur om dit te doen, hy is so bang vir die boere dat in sy broek kan skyt

Andre

-   Maart 19, 2010 om 14:37

Die swaap sal nie opdaag nie. Hy ken 'n boer wat de m0er in is. Hy sal sy moses daar teëkom. Dankie Ben jy het bewys hoe bang hulle eintlik vir die boere is. Grootbekke!!

Mariek

-   Maart 19, 2010 om 14:38

Ben, vir wat nooi jy hom om jou te skiet, natuurlik sal hy iemand stuur om die nodige te doen as jy lank genoeg aanhou. Ek hoop jy is paraat as die aksie dan begin anders is jy maar net een van die statistieke. Ons het elkeen van ons mense nodig vir die stryd vorentoe, moenie dit makliker vir hulle maak nie

frans joubert

-   Maart 19, 2010 om 14:38

Dit is baie duidelike dat die president van jeug liga net kans sien om weerlose mense te skiet. Maar is n lafard om sy potier aan te vat. Wat n skande vir S.A

Baobab

-   Maart 19, 2010 om 14:38

Mooi Ben! Stuur hom 'n rekening vir jou tyd wat hy gemors het!

Kevin@Tinkie

-   Maart 19, 2010 om 14:39

Tinkie ek dink nie die manne het hul tyd gemors nie, dit 'n goeie doel. Die boerevolk staan weer saam!

Anton

-   Maart 19, 2010 om 14:45

Hehe jou slapgat lafaard. Toe die boere roep toe kruip jy weg. Waar's jy? Seker by tjom zum-zum stortkop. Ek lag vir Mandelatopia.

donker

-   Maart 19, 2010 om 14:46

12hoo in die nag sou beter wees. skelms en moordenaars is te lafhartig om hulle bakkies in die dag te wys. Pasop dat hy nie iemand in die nag stuur nie. Ek haal my hoed af vir Ben Geldenhuys.Kan Ben Geldenhuys nie asb 'n samekoms vir al die blankes reel nie? MALEMA, PASOP, BOERTJIE PRAAT NIE, HULLE BLIKSEM

Nella

-   Maart 19, 2010 om 14:50

Blaffende honde byt nie net hulle poep stink. Elke seuntjie wat agter sy ma of pa staan is grootbek net soos skoolboelies, sodra die aksie na hulle kant toe kom is dit vir weghardloop. Dis die tipe wat ander mense gebruik om hulle vuilwerk te doen. Malema is 'n sussie hy kort net sy rokkie en borslappie........lol

Hardus Jacobs

-   Maart 19, 2010 om 14:51

Dis nogal snaaks dat wanneer 'n ANC hoog gesplaasde iets kwyt raak dat dit uit konteks aangehaal word of uit perporsie geblaas word. Vir die wat dit nog nie besef nie. As jy 'n wit vel het is jy 'n "settler" en dus nie van Afrika oorsprong nie. Die ANC sal nie rus totdat elke wit boer vermoor of verdryf is nie. Julius Malema is buite beheer en nie eers Jacob Zums kan hom tot orde roep nie. Aan die jong blankes in Suid Afrika, bekwaan julle self AUSTRALIA, NEW ZEALAND en baie ander beskaafde lande met 'n ware demokratiese politieke stelsel sal julle met graagte ontvang, vra my ek weet......

Isabel

-   Maart 19, 2010 om 14:51

Hy is 'n banggat - hy weet daar sal meer as net Ben Geldenhuys vir hom wag - hy sou nie opdaag hy sal eerder vir Ben self gaan doodmaak of iemand kry om sy vuil werk vir hom te doen...........

gonsie

-   Maart 19, 2010 om 14:52

as iemand met n ou vlag op n pawiljoen opdaag is dit onverskoonbaar maar as n 'fool' soos malems sulke snert kwyt raak is dit uit perporsie miskien kan mens hom nie verantwoordelik hou vir sy dade nie as jy na sy matriek uitslae kyk

PIET K

-   Maart 19, 2010 om 14:52

MALEMA IS LAER AS SLANG SLEEPSEL!!! DAAI BOER KAN MY GERUS NADER. EK WAS OOK N VERKENNINGSOLDAAT IN DIE JARE VROEG 80. AS DIE VYAND NIE NA MY TOE GEKOM HET NIE HET EK HOM GAAN UIT HAAL!!!

Hoe lank nog

-   Maart 19, 2010 om 14:52

Ja nee wat kan mens verwag hul is meer bek as binnegoed. Dit is waar hul bekruip jou in die nag en vermoor dan al wat 'n blanke is maar deur die dag is hul GROOT lafaards. Hul is net daar om ons land te melk en hul kry dit BAIE BAIE BAIE goed reg die b......s

Ian

-   Maart 19, 2010 om 14:56

Wat hulle nie verstaan nie is dat ons met 'n ik-lose meerderheid sit wat na enige bog sal luister en dit glo, sonder om self te dink wat die nagevolge is. Geskiedenis bewys dit nou maar net weer dat 'n swarte geen land kan regeer nie. Hulle is te pap broekig om op te staan vir wat reg is. Hulle voel 'n veer vir die burgers van die land. Die misdaad is besig om hierdie mooi land te vernietig. Ons is oppad om 'n tweede Zimbabwe te word.

At Dippenaar

-   Maart 19, 2010 om 14:56

Skryf in Engels dat die flippen Julius Malema kan lees. " You are just a fake as your watch" Rather watch your mouth, Boere kan hard bliksem

Raven

-   Maart 19, 2010 om 14:56

ek staam saam met Ben. Malema (ma-le-wa) moet net weet dat hy 'n goeie skut moet wees want as die ding mis skiet gaan hy eerder moet hardloop en sy geagte vriend Zuma (kondom4ever) se hulp moet inkry om my te keer sodat ek nie hom iets aan doen nie.

Raven

-   Maart 19, 2010 om 14:59

Mariek, dis nie wat die voortrekkers gese het nie, hulle het saam gestaan toe een man die besluit gemaak het om nie terug te staan nie. Dis tyd dat alle afrikaners saam staan!

Andre L

-   Maart 19, 2010 om 15:07

‘Mooi so’ Ben Geldenhuis, ek hou van jou manier van dink. Ons sogenaamde boere (blankes) is stadig maar seker besig om gatvol te raak vir daai rassis Malema se dreigemente. Dankie.

stan

-   Maart 19, 2010 om 15:11

Ben malema kruip weg want hy was nogal stil met sy mond die week.

...tinkerbel...

-   Maart 19, 2010 om 15:12

WAT!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!1
maar laat ons "boere" net n liedjie sing soos "De la Rey" dan is ons rasisties en als word uit verband uit geruk!!!! die land is besig om in sy moer in te gaan!!!! ai

Mariek

-   Maart 19, 2010 om 15:12

Raven, het die tyd aangebreek?

tersia

-   Maart 19, 2010 om 15:17

Ai man dit is wonderlik as daar een boer uit 'n miljoen so kan opstaan en sy man kan staan vir sy boere nasie. Kan ons almal nie daar gaan staan en wag soos 'n volle boeremag nie. Ek haal my hoed vir jou af en ons hele volk is trots op jou!!!!! As daar enige iets met jou of jou familie gebeur dan weet ons wie sit agter alles...

Andre

-   Maart 19, 2010 om 15:19

Toe arme Bok Van Blerk 'n liedjie skryf en sing oor die boerevolk se eendrag teen die Kakies, was die hele wereld die moer in, want hy sweep die boere op en is kwansuis rasisties. Maar nou dat Mal Ema sy uiters oproerige en duidelik rasistiese oorlogslied sing, is dit kwansuis uit proporsie uitgeruk, en uit verband uyit aangehaal ! Ek dink hulle is bang die boere besef weer, "EENDRAG MAAK MAG" en begin weer saamstaan soos in Genl. De La Rey se tyd.
VIVA BOERE EENHEID !!

Marietha

-   Maart 19, 2010 om 15:20

Dis maklik om te praat, maar die doen is 'n ander ding behalwe as jy agter mense met rang wegkruip. Malema is 'n loser en aanhitser en baie bang vir die boere, ons staan nie nou 100% saam nie, maar as die paw paw die fan strike sal jy 'n ander ding sien. Malema is seker die grootste rassis in suid afrika, ons is gatvol vir hom, kan ons nie ophou om sy gevreet uit te saai op tv nie, hy hou van die aandag...

Leon

-   Maart 19, 2010 om 15:21

Malema is 'n ANC "weerlig geleier". Terwyl hy almal se aandag het en ons besig hou kan sy maters ongehunderd aankarring met hul korrupsie en verkragting van die grondwet en die idiale daarvan.

Overkille_512

-   Maart 19, 2010 om 15:24

Ek stem saam met meeste van die stellings hierbo, behalwe vir een: 'n afrikaner is 'n bees. Ek is 'n BOER!!!

Zena

-   Maart 19, 2010 om 15:28

Ek wil nou nie links van die regering wees nie, maar 'n mens moet nie die noodlot trotseer nie.

quitin

-   Maart 19, 2010 om 15:29

ek is so moeg vir die swartes wat altyd iets te se het oor die blankes/boere. Se jy iets, dan is jy 'n rasis!! Die land is defnitief in sy moer...Malema het ook net 2 breinselle - IDIOOT!!! Meer bek as binnegoed!!!

Raven

-   Maart 19, 2010 om 15:29

Wel, na die uitspraak op Jub Jub se borgtog (R10 000,00) vandag, gaan Malema se nasie hom ook nie uitlos nie. Ek is enige tyd bereid om saam met Ben by enige plek te gaan staan en wag vir die gemors verskoning van 'n malema en Zuma. Wat 'n skande is Zuma nie vir die Zulu nasie nie, as shaka nog geleef het, was Zuma lankal 'n gedagte en nie 'n wese nie. vir volk en vaderland sal ek rug teen rug met Ben staan net om ons punt te bewys dat ons gatvol is dat ons, ons kinders en vrouens gemartel word! Dis nie lank nie, dan gaan die lig weer skyn vir die wittes.

Deon

-   Maart 19, 2010 om 15:30

Daar is n groot oorlog oppad na die Soccer!

WITWOLF

-   Maart 19, 2010 om 15:30

Die skote het nog nie eers begin klap nie, dan kruip hy al klaar weg !!!! Hulle kan ons bekruip en oorval as ons dit nie verwag nie, maar as hulle weet ons wag vir hulle, kruip hulle in hul doppe en waai die wit vlag ! Kyk as daai eerste skote gaan klap wonder ek wie van hulle gaan straat af of see in .... Hmmmm....

François Joubert

-   Maart 19, 2010 om 15:36

Malema is net so slapgat soos die ANC se MK en die PAC se APLA. Ruggraatlose terroriste wat te k@k bang was op oorlog te maak en liewer onskuldige vrouens en kinders geteiken het. Maar hulle roem mos daarop dat hulle die "struggle" gewen het.

jvz

-   Maart 19, 2010 om 15:38

Ben jy is n operateur!!! ons gaan nie hierdie een verloor nie.Hierdie lafhartigheid is n ou bekende.viva VK

mieliepap

-   Maart 19, 2010 om 15:41

Hoekom haat hy die boere so. NEE HY WIL NET GROOT KOP KRY. HY WIL ZUMA SE POS OORNEEM. Het hy dan op 'n plaas groot geword. Besef die ANC dan nie as julle die boere so uitroei gaan al sy mense soos die Ethiopiers lyk.WELL DONE BOERTJIE

Overkille_512

-   Maart 19, 2010 om 15:41

@Zena:Prediker 10:2 Die hart van die wyse is na regs, maar die hart van ‘n dwaas is na links.

Markie

-   Maart 19, 2010 om 15:42

Jip, ons is almal Boere. En dis soos die ander rasse ons ook sien.

Robby

-   Maart 19, 2010 om 15:43

Ben Geldenhuys Ben Geldenhuys sal jy die boer kom lei ons vrouens en kinders is verkrag en ons boere is vemoor! Ben Geldenhuys Ben Geldenhuys sal jy ons kom lei.
die wysie is wel bekend

Zena

-   Maart 19, 2010 om 15:55

@Onverkille 512

Ek het nie 'n cooking clue wat jy vir my wil sê nie. Dis 'n gesegde om te sê 'links van die regering'. Moet die Bybel weer hierby ingebring word?

Hennerikie

-   Maart 19, 2010 om 15:56

Twee berigte val op. Die een van die man wat op Malema wag om hom te kom skiet en die een waar die Jeugliga 'n memorandum vertrap. Twee berigte, een gevolgtrekking. Ons land het nog nooit ooit in haar geskiedenis onder soveel rou rassisme gebuk gegaan nie. Nie eens toe apartheid in sy felste vorm aan mense opgedring is nie. Ek, wat op 'n plaas grootgeword het en daagliks met mense met ander velkleure as myne te doen gehad het, en heel gemaklik deur my dae gekom het, is vandag iemand wat ek nie ken nie. Ek wantrou die nasie. Hy word met ferme hand toegang tot my erfie geweier. Hy kan sy brood elders loop bedel of steel. Hy kan maar op my deel van die sypaadjie homself sit en doodbloei. Elke keer as ek hierdie "iemand" probeer rehabiliteer, kom Malema en sy vriende en druk hierdie "iemand" net dieper die moeras in. As ek op RSG ingeskakel is en mense gesels oor versoening, skakel ek af. As mense met my oor versoening praat en wat EK moet doen om dit te bewerkstellig, skakel ek af. Ek kom agter dat al meer mense so voel. Dat die pot gaan oorkook is seker. Ons weet net nie wanneer en waar nie. Dat dit 'n bloedige gemors gaan afgee, is ook 'n feit. Alhoewel ons ontwapen is, kan ons ook wapens in die hande kry. As ander dit kan regkry, hoekom nie ons nie. Iemand sal moet wakker word en iets aan hierdie situasie begin doen. Of later wakker skrik en homself midde in die gemors bevind.

chris

-   Maart 19, 2010 om 15:58

KYK WAT HET GEBEUR TOE DIE POLISIE OP N' KLOMP OPROERIGE SOLDATE LOS GEBRAND BY UNIGEBOU,DIE SOLDATE HET SOOS BANG HOENDERS IN 'N BONDEL IN 'N HOEK VAS GEHARDLOOP SO MALEMA DAAR IS NOG BAIE SOLDATE MET ERVARING WEES BANG BAIE BANG.
CHRIS

Plaas

-   Maart 19, 2010 om 16:03

Mooi so Ben, ons is trots op jou!!

Plaas

-   Maart 19, 2010 om 16:09

Mooi so Ben! Ons is trots op jou!!

lindywe

-   Maart 19, 2010 om 16:13

dis jammer malema se so want enige wit mens is deesdae 'n boer?Hoe nou?Gaan hy ons almal skiet en dood maak?

Overkille_512

-   Maart 19, 2010 om 16:14

@ZenaMet alle respek, kyk wat het in Amerika gebeur toe hulle vir God vergeet het. Wie het ons tydens bloedrivier verlos? Ons hoef nou nie daaroor te baklei nie, dit was nie my bedoeling om jou aan te val nie, maar eerder op dit te wys.Plaas jou vertroue in God, en Hy sal jou verlos. Hoe Hy dit sal doen, kan ons nie sê nie, maar ons weet Hy sal.Hy sal hierdie eierkop ook uitsorteer.

IC

-   Maart 19, 2010 om 16:46

Net goed genoeg om grootbek te wees saam met sy trawante. Tipies, ruggraatloos en slapgat

taxpayer

-   Maart 19, 2010 om 16:57

Is 'n lafaard en kan hulle net onskuldiges aanval as hulle in hulle hordes kom

PAUL

-   Maart 19, 2010 om 17:41

Ben het 'n voorbeeld vir ons almal gestel. Dit is net jammer dat ons hier galbraak en ons nie kan saamstaan om iets aan die gemors te doen nie. Nee, ons hardloop liewer Engeland, Australie en Nieu-Zeeland toe. Hoekom maak ons nie 'n afspraak met Malema nie en dan daag almal op...o, gaats ek het vergeet ek moet werk of nee, wie gaan die kinders by die skool haal. Ag, kom ons los dit maar...die Bulle speel vanaand en ek moet braai. Ons blaf almal in die wind terwyl hulle hulself in rykdom verskans en die Boerevolk stil-stil soos vlieë afgemaai word. Glo my, ons hoor nie van die helfte van die moorde nie!

Dan

-   Maart 19, 2010 om 19:11

Ek kan nie agterkom of Geldenhuys 'n ware boer of net 'n blanke is wat nie boer nie, maar dit is duidelik dat hy geen idee het van hoe hierdie mense se koppe werk nie. Hulle sal nooit op so 'n uitnodiging reageer nie, aangesien: (1) hulle nie self die moorde pleeg nie, maar hul trawante opdrag gee om dit te doen, (2) meestal net sagte teikens soos bejaardes en vroue teiken (3) hulle in bendes opereer aangesien hul te lafhartig is om man tot man die ding te doen, en (4) daar altyd 'n "misterieuse" aura rondom die moorde is, m.a.w. daar is nie iemand spesifiek na wie agterna vinger gewys kan word as die opdraggewer om die moorde te pleeg nie. Geldenhuys is seker 'n "stadsboer", heelwaarskynlik ook een van die mense wat dink dat jy met hierdie lafaards om 'n tafel kan sit en probleme so met hul kan uitsorteer.

En?

-   Maart 19, 2010 om 19:41

Nou maar eerlik, wat wou Ben bewys? Dat die Afrikaners saam staan? Hoe groot is sy ondersteuning in hierdie saak gewees? Ek weet dat die radikales in hierdie postings weer gaan begin met hulle beledigings maar ek bly by my vraag.

Leon

-   Maart 19, 2010 om 19:58

Ben, ek wens ek kon saam met jou daar wag... Dit sou vir my heerlik wees! Ek salueer u meneer!

@overkille_512

-   Maart 19, 2010 om 23:16

Wat het in Amerika gebeur????

jos

-   Maart 19, 2010 om 23:31

Ben, ek is trots op jou.groete uit Holland

Jan

-   Maart 20, 2010 om 00:28

'n Man wat enige sin in die lewe het en homself kan bewys dat hy regverdig en betroubaar is in eerlikke opregtheid, sal nie sulke onbenullige uitlatings maak soos "KILL 'n BOER KILL 'n FARMER NIE" in so 'n geval is jy niks en is jy niks werd nie

Betsie

-   Maart 20, 2010 om 05:28

Sies, julle is almal lelik met toekomstige Staatspresident Malema. Malema het nooit ooit bedoel dat 'n wagtende, weerbare, wit boer vermoor moet word nie. Malema bedoel : "vermoor alle weerlose, niksvermoedende, wit broodwinners, vrouens, kinders en bejaardes op plase. Ek moet darem vir die nuwe Staatspresident opkom.

Magriet

-   Maart 20, 2010 om 05:38

Nou waar was al ons dapper boere toe daar 'n optog was teen Malema se uitsprake? Net 100 mense het opgedaag!! Waar was almal???

morney vos

-   Maart 20, 2010 om 06:53

As jy Julius is kan jy net doen wat jy wil.Hy weet baie goed dat Zuma bang is en ek neem aan dat hy iets oor Zuma weet,dit is hoekom Zuma hom laat doen net wat hy wil.Die hele ANC is lafaarts en hulle weet dit.Noem maar die parlament 'n samekoms van kriminele

PLAN

-   Maart 20, 2010 om 08:00

Malema! Almal het 'n plan vir jou en met jou. Verdwyn eerder nou voor dit te laat is vir jou.

t\t bOTES

-   Maart 20, 2010 om 08:43

Ironies dat so groot bohaai gemaak is oor n liedjie wat by n funksie op suncity gespeeel is en mense afgedank is, maar Juluis Ceasar Malema kan sing wat hy wil.hy moet baie klein voete he, of miskien skiet hy net sleg. DAlk n bedekte seën.

amanda

-   Maart 20, 2010 om 08:55

PIET K, dis juis vir blankes soos jy wat malema so bang soos die duiwel vir die slypsteen is! : ) kyk nou, hulle gaan gelykheidshof toe oor die versoekveldtog om hom te vervolg, maar dis duidelik hulle besef daar is mense soos jy wat plan kan maak wanneer almal verby keelvol raak vir hom, en die dag gaan kom. ek glo ook dat dit tyd is dat ons 'n nuwe jong leier behoort te kry-ons gaan hom binnekort nodig kry! Is jy reg daarvoor ben? En piet, is jy in?

kobus

-   Maart 20, 2010 om 09:08

net 100 mense het gister opgedaag by die anc hoof kwartier. Waar was julle almal wat nou in julle huise sit en kommentaar lewer. Bang gatte!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Betsie

-   Maart 20, 2010 om 11:27

Lyk my Mthembu en Malema word nou bang nou wil hulle die VF gelykheidshof toe sleep, Shame! wees verseker julle GAAN gestop word. Daar bestaan nie so iets soos n bang boer nie.

Gerhard Kapp

-   Maart 20, 2010 om 11:33

Wees gewaarsku MOET NIE DIE LEEU IN DIE BOERE AFRIKANER WAKKER MAAK NIE!!!!

Santie

-   Maart 20, 2010 om 22:53

Hy't seker nie 'n gun nie.......

stompie

-   Maart 21, 2010 om 08:19

Ek stem saam Gerhard Kapp, maar ek dink dis tyd dat hierdie leeu wakker gemaak word, dat ons 'n slag terugslaan, sommer nog voor hierdie sokker fiasko die land gaan verder opdonner. Kom ons biokot die hele gespuis, doen wat hulle doen, raak opstandig en staan saam, skiet terug, maar skiet raak

rita

-   Maart 21, 2010 om 09:16

as malema dit sou waag om die man tekom skiet moet hy twee keer dink, die boere sal in op stand kom hulle moet weet baie ou weermag mense ken van baklei, en ook sal die boere nie stil gaan sit nie. malema moet besef dis nie net vir skiet nie. n' handtjie vol boere het destyds die zulu's verslaan dit kan en gaan weer gebeur

chris w

-   Maart 21, 2010 om 16:27

Ben ek dink MALEMA is n banggat net soos die res van hulle .daar is al leiers in die openbaar en in die parlement dood gemaak .MALEMA moenie dink hy is onberykbaar nie daar is mense wat ken.

Boerseun

-   Maart 21, 2010 om 19:27

Uitdagings soos die is eintlik puntloos, aangesien die media en malema dit net afmaak as skoor en aandag soek. Wat hom seermaak en dis duidelik uit die petalje, is dat hy haat om hof toe gesleep te word, so dis wat heeltyd moet gebeur. Verder moet die boetes wat hy kry baie hoog wees, tot miljoene, om regtig tot hom en sy gespuis deur te dring.

willem

-   Maart 23, 2010 om 10:38

Ben Geldenhuys is net so groot poepol soos Malema, hy is net wit. Die een haat swartes en die ander een haat wittes. Wat is die verskil tussen hulle?

Kosie

-   Maart 23, 2010 om 15:36

Ben Geldenhuys jy het GUTS en hierdie mal-ennema het niks nie. Tereg het een persoon hierbo gese dat hierdie houtseun 'n bang en slapgat is tensy hy omring is deur sy breinlose navolgers. Gee 'n boer 'n roer en julle bliksems sal julle gatte sien, kan nie wag nie.

Andre L

-   Maart 23, 2010 om 17:44

Willem, jy is die rede hoekom die land is soos dit is. Ben Geldenhuys is nie n poepol soos jy se nie, jy is een. Hy het guts wat jy nie het nie. Wag tot iemand in jou familie dood gemaak word dan praat ons weer. Word wakker poepol.

Andries C

-   Maart 23, 2010 om 18:24

Ai Willemintjie, wat gee jou die idee dat Ben Geldenhuys Swartes haat?!

Jak

-   Maart 24, 2010 om 12:38

Willem - jy laat my dink jy is die karakter 'Willem' in die storie STAAL BURGER!

LOL

@Overkille

-   Maart 24, 2010 om 12:50

Mater, se jy dieselfde vir die familie van die wat vermoor is? Dink jy hulle het hulle vertroue in god gesit? Miskien was dit hulle fout?

Koeitjie

-   Maart 25, 2010 om 09:21

Kom ons almal staan saam en vaar bietjie in hulle woongebiede (lokasies)in met gewere en messe en val hulle bietjie aan soos hulle met ons doen!!!

koos van deventer

-   Maart 26, 2010 om 07:36

Wens hy het opgedaag dan kon hy in sy mo..geskiet gewees het,want dis waar hy hoort.

Wonder net

-   Maart 26, 2010 om 08:21

Ek dink die mense wat verantwoordelik is vir die plaas aanvalle is op Julius Malema se payroll! Ek dink hy het sy eie moord bende gestig en betaal hulle vir elke boer wat hulle vermoor. Miskien moet iemand hierna kyk?

jacques

-   Maart 26, 2010 om 13:51

Ja, terwyl almal so aangaan oor die snotkop is die ANC besig om ons plase te nasionaliseer!!! Manne ons sal moet begin saam staan en die klomp kommuniste m^*&^r toe stuur

willie

-   Maart 30, 2010 om 15:05

my maat jy gaan lank wag die slapgatte[ANC jeug]sal jou nooit aanvat as jy vir hulle wag nie,kyk maar as jy een vang dan is ons terug in die ou rsa dan is jy sommer BAAS voor en BAAS agter,die goed het net bek.

Lewer kommentaar

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manager Maintenance I

Western Cape
Hutech International Group

Leverage Finance, Mergers & Acquisitions Specialist

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R450,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Service Level Manager

Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...