‘Bloedbad’ op plaas in Vrystaat

2010-01-06 12:48

Johannesburg - In ’n toneel wat deur paramedici as ’n “bloedbad” beskryf is, is ‘n egpaar dood op hul plaas in die Vrystaat aangetref.

“Paramedici het op ‘n bloedbad afgekom toe hulle gisteraand na ‘n plaas ontbied is,” het Chris Botha, woordvoerder vir Netcare 911, gesê.

Botha het gesê dit blyk dat die moord op die plaas, Plaas Poortje, wat tussen Senekal en Steynsrus geleë is, laat Dinsdagaand plaagevind het.
  
“Die man (65) en sy 60-jarige vrou is as gevolg van ernstige trauma dood.”

Sers. Majang Mosupa het gesê geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.

Mosupa het gesê die kragopwekker van die plaas het gaan staan en die vrou het gaan ondersoek instel, waarna sy met ‘n mes gesteek is.

Die vrou én haar man is geskiet.

Mosupo het gesê ‘n Chevrolet wat aan die vermoorde egpaar se dogter behoort het, is vroeër op die plaas gesteel.

- Sapa
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: plaasmoorde

hyla

-   Januarie 06, 2010 om 13:23

Hoeveel van ons boere moet nog vermoor word. Dit is skokkend om elke dag te lees van nog 'n bloedbad. My hart bloei.
dankie Hyla

rika

-   Januarie 06, 2010 om 13:28

ek dink dit is 'n skande dat soveel plaasmoorde plaasvind en die polisie is te traag om iets daaraan te doen. Watter boodskap stuur dit uit moor en kom weg daarmee. Die doodstraf moet terug dit is die enigste uitweg vir die moordenaars daar buite.

johan

-   Januarie 06, 2010 om 13:37

Wat meer moet nog in die land gebeur voordat die plaas gemeenskap die reg in eie hande neem en na donker in die aand begin skiet as enige beweging plaasvind.
Ons sit egter met n regering wat eerder malemas beskerm maar niks omgee vir die plaas mense nie.
Ek dink dit is tyd dat die plase nou begin aandring op 24 uur beskerming waar hulle gaan en dit moet geld vir die boer en sy hele familie wat is nou n verdere R500000 rand om elke boer en st gesin te beskerm die regering het genoeg goue ganse om te betaal

Amanda

-   Januarie 06, 2010 om 13:41

Om hemelsnaam, wanneer word daar iets gedoen aan hierdie moorde en barbaarse optredes???????

Blondie

-   Januarie 06, 2010 om 13:41

BRING DIE DOODSTRAF TERUG!!!!!

Pieter

-   Januarie 06, 2010 om 13:46

Al die moorde word nie eers gewys nie. My neef en sy vrou was voor kersfees wreed aangerand op 'n plaas buit Lydenburg. Sy is deur die bors geskiet en hy is kritiek met bloeding op die brein. Dit sal meer skokkend wees as al die gevalle deur die polisie bekend gemaak sou wees. Goeie vraag, hoekom maak hulle nie feite bekend nie? Is daar iets wat ons nie mag weet nie. Wel 1+1 is 2. Hallo Zimbabwe, hier kom ons maar net op 'n baie baie baie slimmer manier. Ek is die joos in man

ms

-   Januarie 06, 2010 om 13:49

Dit is werklik skreientlik soos wat mense op plase vermoor word.Dit alles t.s.p. van wonderlike beloftes dat die polisie besig is om die misdadigheid in die land vas te vat.Mens is te bang om jou huis te verlaat. Sal daar ooit 'n einde kom hieraan........

Zena

-   Januarie 06, 2010 om 13:52

Ongelukkig murmureer ons net oor hierdie plaasmoorde en dit is al wat ons kan doen.
Ons simpatiseer met families, dit skok en walg ons, maar verder gebeur absoluut niks.

Retha Grobbelaar

-   Januarie 06, 2010 om 13:54

Intussen toi-toi die president by sy troue en die massas sing "Bring my masjien-geweer"!!! Ek weet nie meer nie.....

Te erg

-   Januarie 06, 2010 om 13:54

Te erg is te erg! Dit geld nie net vir plaas moorde nie maar vir al die moorde wat deesdae plaasvind in ons land. Mens leef in 'n tronk in jou eie huis. Ek is selfs deur die dag te bang om alleen by die huis te wees. Waar gaan dit eindig? Hierdie arme mense was al redelik oud, hoe moet hulle hulle self verdedig. Iewers moet die lyn getrek word!!! As die SAPS nie nou die goed onder druk kry nie wat gaan van ons word as die sokker wêreld beker begin?

Jordan

-   Januarie 06, 2010 om 13:55

Daar moet iets dringends gedoen word. Ek is smoorkwaad dat die polisie nog nie eers iemand in hegtenis geneem het nie!

GEORGE OOSTHUIZEN

-   Januarie 06, 2010 om 14:01

PRESIDENT ZUMA MOET N REFERENDUM UITROEP WAAROP GESTEM MOET WORD OM DIE DOODSTRAF TERUG TE BRING, WIT, BRUIN, SWART ALMAL IS GATVOL VIR AL DIE MOORDE WAT ORALS IN SUID-AFRIKA PLAASVIND.

Moolman

-   Januarie 06, 2010 om 14:10

Hoeveel boere moet nou nog sterf, bring terug die doodstraf! Vir elke boer wat vermoor word, is daar minder kos op ons tafels!

Kaas

-   Januarie 06, 2010 om 14:12

Ek stem saam met Blondie.BRING DIE DOODSTRAF TERUG!!!!!

GPW

-   Januarie 06, 2010 om 14:13

DOODSTRAF!!!! Soos n bitter pil sluk ons die nuus, maar more aanvaar ons dit net weer!

Sarie

-   Januarie 06, 2010 om 14:14

Dis tyd dat die gemeenskap reg in eie hande neem, skiet om dood te skiet - voor hulle jou kan skiet, martel en vir die dood los. Publiseer asb die foto's sodat ons mense kan wakkerskrik! BRING DIE DOODSTAF TERUG!!!

Anoniem

-   Januarie 06, 2010 om 14:17

Ek het 'n e-pos ontvang in Desember wat enige mens se hare sal laat regop staan. Net om vur julle 'n idee te gee 'n mooi jong vrou wat aan haar voete in hulle koelkamer opgehang is (net soos jy bokke ophang) en haar maag is oopgesny dat all haar ingewande uithang. Daar is vele meer van ander moorde. Ons sal moet paraad wees en soos Chris Chemeleon gese het "hou die biskruid droog". Ons is duidelik nie bewus van alles rondom plaasmoorde nie.

ALTA

-   Januarie 06, 2010 om 14:29

DIS SKOKKEND DAT MENSE MET SULKE DADE WEG KOM NIE EENS TE PRAAT VAN DIE LAND SE HOGERES WAT DIT TOE SMEER NIE EN SE DIT HET NIKS MET RASISME TE DOEN NATUURLIK IS DIT RASIME DIS NOU NET WIT RASIME WIE GAAN KOS AAN DIE HORDES VERSKAF AS DAAR NIE GEBOER WORD NIE KYK NA DIE KOS PRYSE DIT BELAGLIK EN ALMAL SIT EN WAG DAT IEMAND IETS DOEN DALK IS DIE WERELDBERKER N GOEIE AFSPRING VIR DIE ONDERDRUKTES OM HULLE STEM TE LAAT HOOR EN DIE WERELD SE OE OOP TE MAAK DAT HULLE SIEN WAT REGTIG IN DIE LAND AANGAAN
ONS MOET LEER OM SAAM TE STAAN EN ONS STEM UITBASIE DAT ONS GEHOOR WORD!!!!
DAAR IS N LESE WAT SE EENDRAG IS MAG

stoffel

-   Januarie 06, 2010 om 14:36

Dis darem verskriklik om te sien hoe wit suid afrikaners terugsit en kyk hoe hulle nasie uitgewis word

Gerthardt

-   Januarie 06, 2010 om 14:37

Mr Zuma wanneer is dit genoeg en gaan jy begin iets doen omtrent die plaas moorde

AB

-   Januarie 06, 2010 om 14:44

KOM ONS STIG 'N WEBSITE WAAR ALLE VERKRAGTINGS MOORDE EN AANVALLE WAT RAPPORTEER WORD AANGETEKEN WORD DAT DAAR VOLLEDIGE REKORD DAARVAN IS EN STEL FAMIELIES VAN SLAGOFFERS IN KENNIS VAN DIE WBSITE DAT VOLLEDIGE INLIGTING HIEROP DEURGEGEE KAN WORD. DIT KLING WREED, MAAR DAAR MOET SOMMAR OOK FOTOS WEES DAT DIE WERELD DIT KAN SIEN. aLLE MOORDE VERKRAGTINGS EN AANRANDINGS ONGEAG JOU KLEUR. WIE KAN SO WEBSITE BEGIN ????? WAAR IS DIT IT MENSE ????

Buurman

-   Januarie 06, 2010 om 14:45

Snaaks dat die opskrif sê Bloedbad, maar dan is die beskrywing so dat dit klink asof dit vinnig oor was. Hoe slapgat moet jy wees, om twee ou mense in die nag aan te val? Brutaal en Barbaars te martel. Miskien moet iemand, of eerder ons almal net opstaan en sê "Tot hier toe en nie verder nie."

annalie

-   Januarie 06, 2010 om 14:46

Hoe ironies is dit dat Zuma se troue meer plek en tyd inbeslag neem as die moord van twee bejaardes. Hoekom aanvaar ons alles so gelate en bly stil oor die moorde. Wanneer begin ons met 'n groot protes internationaal om hierdie dade aan die lig te stel.
stilswyend gee ons dus ons goedkeuring en toestemming om vermoor te word as ons nie nou begin iets aan die saak doen nie.

stoffel

-   Januarie 06, 2010 om 14:55

@AB. Ek is 'n IT mens maar kan ongelukkig nie sien wat 'n website gaan help nie. Wat wil jy doen na die website begin is? Die res van die wereld voel vere vir ons. Niemand het 'n vinger gelig vir Zim nie, en sal ook nie vir ons nie. Al wat gaan gebeur is dat meer mense daarvan gaan weet, wat beteken meer mense wat heeldag lank kla. Ek weet nie waarvoor ek moeer is nie, vir al die geweld of al die geklaery nie.

Anoniem

-   Januarie 06, 2010 om 15:02

SARIE: Duidelik dink jy nie om te oorweeg om reg in eie hande te neem nie. In die omstandighede wat ons vandag leef wil jy nie
toegesluit word en in 'n sel sit nie.DIT IS NAG!!! Gelees van die berigte in beeld van die blanke dames wat verkrag is by polisie stasies. Se ma net!!! BRING DIE DOODSTRAF TERUG EK STEM

Nicky

-   Januarie 06, 2010 om 15:11

When is something going to be done. The farming community is being sacraficed, who will feed our nation when they are not there anymore to produce the necessary and much needed produce.

Jeannie du Plessis

-   Januarie 06, 2010 om 15:22

Dit voel vir my asof daar nou baie meer moorde met haat gepleeg word. Hoe meer jy n persoon kan laat lei, hoe meer bevrediging kry die moordenaars daaruit.
Eers was dit net om n moord te pleeg nou word die persone veral, ouer mense vir ure, met soveel haat, vermoor.

AC

-   Januarie 06, 2010 om 15:33

Ek ken die 2 mense wat wreed vermoor is, dis familie van my en die man het Alzheimer gehad. 6 Jaar terug was hy geskiet en daar het niks van gekom nie! Hierdie gaan maar net nog 'n statistiek wees wat nie aangeteken gaan word nie. Ek stem saam bring die DOODSTRAF TERUG!!Ons mense is naief om te glo alles is doodstil en crimefree.

Marlene

-   Januarie 06, 2010 om 15:39

Ja nee, ek stem. Doodstraf is al wat sal help. Dit kan nie geduld word nie!!!

jean-mari

-   Januarie 06, 2010 om 15:50

Al wat ek kan se is - BRING TERUG DIE DOODSTRAF!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

CATHY VAN ZYL

-   Januarie 06, 2010 om 15:54

DAAR MOET SO SPOEDIG MOONTLIK 'N REFERENDUM GEHOU WORD OM TE BEPAAL WIE TEN GUNSTE VAN DIE DOODSTRAF IS.

Ann

-   Januarie 06, 2010 om 16:12

Bring asseblief die doodstraf in. Hoeveel van ons boere moet nou nog sterf voor iemand iets doen.

george

-   Januarie 06, 2010 om 16:19

Die aangewese polisie hoof se alles is onder beheer vir 2010 se wereld sokker?..Mnr die polisie hoof...vertel dan vir ons hoe gaan julle misdaad en geweld bekamp....en beheer met miljoene mense wat die land gaan inkom...en julle kan dit dan nie eers nou doen nie..!!...ons IK's is nie so vlak nie Mnr Cele..!!!

Patrys

-   Januarie 06, 2010 om 16:25

Ons kan raad gee en ons misnoë uitspreek tot vervelens toe maar niks gaan verbeter nie. Iemand sal hierdie regering van ons se oë moet laat oopgaan maar wie is die iemand? Kan elke dorp se inwoners, dmv hul Belastingbetalers Vereniging of Polisieforum, nie 'n petisie opstel en dit oorhandig aan sy Munisipale Raad nie. Dan moet daardie Raad dit neem na sy Provinsiale Party en hulle moet vir ons die saak verder neem - dis tog waarvoor ons verlede jaar gestem het. Elke dorp se raadslede moet begin werk en deel van hul pligte is die beskerming van hul partylede.

Molly

-   Januarie 06, 2010 om 16:37

Dis tyd dat ons weier om belasting te betaal omdat een van ons basiese regte nie beskerm word nie - as die regering dan nie wet en orde kan handhaaf nie is dit tyd dat elke dorp/streek maar met sy eie kommando-polisiering moet begin. Belastinggeld kan dan eerder daarvoor aangewend word.

Sarie

-   Januarie 06, 2010 om 16:37

Daar is soos in geen manier wat misdaad in hierdie land beter gaan word nie!!!!!!! Inteendeel, dit gaan erger word want hoekom? Die misdadigers en moordenaars kan maak net wat hulle wil. Word hulle gevang, ontsnap hulle of gerieflikheidshalwe, "verdwyn die klagstaat" BRING TERUG DIE DOODSTRAF! Dis al wat gaan help. En verder stem ek saam met George wat die polisiehoof betref, ai ek kry die besoekers van oorsee af bitter jammer, hulle gaan 'n groot ontnugtering kry in hierdie nuwe SA ons.

LP

-   Januarie 06, 2010 om 16:46

Jan en alleman,wit en swart is moeg vir geweld,verkragtings/moord.Ek is seker dat indien 'n referendum onder landsburgers gehou word, die meerderheid ten gunste van die dood straf sal wees.So mnr Zuma,luister na SA se inwoners!!

Dave

-   Januarie 06, 2010 om 16:56

Anoniem wil hê dat die buskruid terug gebring word. Ek hoop hy kan beter skiet as spel. Sarie het 'n beter plan - ek dink sy bedoel 'bliksem hulle dood' wanneer sy voorstel dat 'die doodstaf terug gebring word'. AB, waarom begin j? nie met daardie webwerf nie? Waarom wag dat iemand anders dit doen? (Wenk - jy sal eers moet leer wat dit beteken wanneer iemand op Internet in HOOFLETTERS skryf!)Nog 'n wenk - daar het (bestaan dalk steeds)vele sulke webwerwe die webruimte betree, en soos stoffel sê, sonder enige resultate. Soos Rika sê, die doodstraf is die 'enigste uitweg(!) vir die moordenaars daar buite. Sy bedoel seker 'n uitweg uit die lewe uit. Dit kan so interessant wees om kommentare te lees.

Henry

-   Januarie 06, 2010 om 17:02

AB- daar bestaan reeds so 'n webblad(blaaie?)Google PLAASMOORDE,foto's van die verminkings verskyn daarop. In alle redelikheid: dit is menslik onmoontlik vir die Polisie om 24-uur per dag alomteenwoordig te wees - die ouens doen ook goeie werk, dus sal almal ook 'n bydrae moet lewer tov eie veiligheidsmaatreëls, paraatheid en weerbaarheid. Niemand anders gaan na jou veiligheid in afgeleë of stedelike gebiede gebiede omsien as jy ditnie self doen nie. Die verminkings van slagoffers in hierdie tipe aanvalle neem al meer die voorkoms van terrorisme aan, dus sal die bevolking moet kennis neem en selfbeskerming eerste stel. Landbou-unies behoort die voortou te neem en oud=weermag of SAP=lede om hulp te nader ten einde voorligting aan die boere=gemeenskappe in hierdie veband te verskaf - indien daar nie daadwerklik uit eie geledere opgetree gaan word, sal die situasie nie beredder word nie. Emosionele uitbarstings en verwyte gaan niemand nêrens bring nie!

rny

-   Januarie 06, 2010 om 17:11

gaan werk vir die polisie en los die probleem so op.

Karina

-   Januarie 06, 2010 om 18:21

Die misdadigers wat so moor en verkrag, hulle het nog nie vir GOD gesien nie. Jy wat ander se lewens neem , jou eie lewe is nie gespaar nie. Dis hartseer, ek voel dit met die familie, maar troos jul daaraan: Daar is n GOD wat weet van sy kinders se hartseer, maar daai misdadigers se dood gaan honderd keer erger wees. Aan elke mens in SA wat n geliefde aan die dood afgestaan het dmv geweld,God is met julle en vertroos julle.

Elize

-   Januarie 06, 2010 om 19:02

BRING TERUG DIE DOODSTRAF. VERMINDER DIE OORVOL TRONKE EN RAAK ONTSLAE VAN AL DIE MOORDENAARS WANT HULLE ONTSNAP KRY BORG HULLE LEêRS RAAK WEG MET AL DIE BEWYSE MAAR AG JA ONS POLISIE MOET TOG EERS DIE INLIGTING BYMEKAAR MAAK EN HULLE KAN OF IN BAIE GEVALLE WIL HULLE DIT NIE EERS ORDENTLIK DOEN NIE. EK DINK NIE DAAR IS 'N ENKELE PERSOON/GESIN/FAMILIE WIT EN SWART EN AL DIE ANDER KLEURE VAN ONS SOGENAAMDE REëNBOOGNASIE WAT NIE AL DEUR EEN OF MEER MOORDE IN HUL KRING GERAAK IS NIE

JM

-   Januarie 07, 2010 om 05:05

Dit is eenvoudig net verskriklik en ongelooflik dat mense so verwaand en liefdeloos is, hoe kan jy ruimte in jou hart he om n bejaarde so wreed om die lewe te bring en dan is jy verwaand genoeg om te verwag dat ander jou as mens moet erken, mnr. Zuma dans homself van sy voete af en geniet homself terwyl my mede Suid Afrikaner om n oop graf moet staan net omdat daar NIKS aan misdaad gedoen word nie, ons is op tydelike basis in Australia en elke liewe dag moet ons Suid Afrika verdedig, in die bietjie meer as n jaar wat ons in AU is lees ek elke liewe dag die Burger en elke keer wat ek n berig lees waar onskuldige mense deur sulke arrogante ruggraatlose moordenaars vermoor word ervaar ons die verlies van n geliefde mede Suid Afrikaner en vra ek die HERE HOU U HAND VAN BEWARING OOR ONS MENSE. Aan alle Suid Afrikaners, of jy nou wit of swart of geel, watter kleur ook al, wil ek net se, dat hier waar ons is ons op ons kniee bly vir julle en hier het ek tot die besef gekom watter wonderlike mense opregte Suid Afrikaners is, mag die Here pragtige Suid Afrika met sy warm mense beskerm, STERKTE!!!!!!!!!!!!!!

Ge

-   Januarie 07, 2010 om 05:45

Ek is nou amper 7 mnde in Kanada, juis oor die geweld en misdaad in SA. Was `n misdaadtoneeldeskundige. 0.02 mense per 100,000 hier vermoor. In SA 54/100k, en verdere 68/100k as "pogings". Die Kanadese staan verstom as hulle hiervan hoor by lesings wat ek aanbied. Polisieman vermoor hier, eerste in 26 jaar, in SA 400/jaar. Wate kan ek se???

lanie

-   Januarie 07, 2010 om 06:56

pres Zuma is te 'BESIG" met sy honeymoon en beplan al klaar die volgende een. Wanneer integriteit nie deel is van die keuring om SA te lei nie,sal baie min gedoen word t.o.v. die huidige bestel in Suid Afrika.

BOKKIE

-   Januarie 07, 2010 om 08:18

Doodstraf sal die antwoord wees. Baie onskuldige mense sterf as gevolg van moorde. Los ander mense se goed uit niemand steel by jou nie.

Fred

-   Januarie 07, 2010 om 09:23

Ek stem saam met AB, kom ons begin 'n website wat die waarheid weergee. Ek sal dit registreer en aan die gang kry. Kontak my by info@online-web.co.za

Frank Ehmke

-   Januarie 07, 2010 om 09:54

Waarom is dit vir mense so moeilik om te aanvaar dat Suid-Afrika 'n piesangrepubliek geword het.'n Mens se lewe is hier bitter min werd.Om die doodstraf terug te bring gaan bitter min indien niks verander nie. Die mense wat so pleit vir die herinstelling van die doodstraf kan gerus bietjie navorsing gaan doen oor ander SOORTGELYKE lande as Suid-Afrika waar die doodstraf wel toegepas word. Is die moordsyfer daar minder? In die "struggle jare" is honderde mense gehang en het dit die halssnoermoorde verminder?. Kom by en aanvaar die huidige werklike Suid-Afrika. Buiten emigreer is daar absoluut niks wat ons aan die situasie kan doen nie. Dit help nie om Suid-Afrika met Kanada te vergelyk nie. Vergelyk appels met appels.Jammer maar dit is die harde wrede werklikheid.

Eben

-   Januarie 07, 2010 om 10:08

Ek stem saam. Bring die doodstraf terug - maar wat gaan dit help. Polisie werk nie na ure nie, die enkeles wat nog bereid is om te werk word oor die hoof gesien en dit maak hulle ook negatief en dan word daar nie BEHOORLIK ondersoek gedoen nie. Die SAP is te polities. Wie is aan die beheer van die SAPS. Die ANC en sy gevolg. En hulle stel nie belang om misdaad op te los nie. Wil net ryk word.

Loner

-   Januarie 07, 2010 om 11:14

Eerstens wil ek net my simpatie betuig met ieder en elk wat al `n slagoffer was van geweldsmisdaad en ook hulle families. Ek stem saam met Fred en ook AB. Ek steun heeltemal 'n webblad met statistieke en dies meer. Ek is bly ons hoef nie elke dag gekonfronteer te word deur die gesig van nog 'n moord nie. Die geweldadigheid wat met `n moord gepaard gaan is onbeskryflik en die pyn en leiding van die slagoffer is van so aard dat geen een van ons dit kan beskryf nie. Dit is lankal tyd dat ons geruk word deur die beelde waarmee die geregsdienaars en ook familie gekonfronteer word op so `n toneel. Miskien, net miskien sal die slim politici tot insig kom en iets doen aan die nimmer eindigende weghol misdaad in ons land.

Dave

-   Januarie 07, 2010 om 12:48

Jim sê dat hulle 'elke liewe dag Suid-Afrika in Australië moet verdedig' sonder om te verduidelik waarvan hy praat en waarom en waarteen hy SA moet verdedig. As dit sou wees dat jy SA in AUS moet verdedig oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis van apartheid, en jy weet niks van Aus se geskiedenis met die Aborigine nie, moet jy maar opsnork met jou 'verdediging' van Suid-Afrika. Wonder hoeveel is dit werd. Indien ek jou verkeerd verstaan is dit te wyte aan halwe inligting. Dit geld natuurlik ook vir Suid-Afrikaners wat hul teen apartheid-kritici in Kanada moet verdedig en te lui is om Kanada se geskiedenis, met verwysing na wat hulle met die Indiane aangevang het, te bestudeer of ten minste op te lees. Of die VSA wat Indiane in reservate gedwing het, en nie slegs no-go bordjies op die grasperke aan gebring het nie. (Kyk hoe lyk die grasperke nou!)

Philip

-   Januarie 07, 2010 om 15:10

Ek voel baie jammer vir alle mense wat daagliks vermoor word maar dit is nie iets wat gebeur waarvan ons nie weet nie. Ons lees daarvan in die koerante,hoor dit oor die radio en sien dit op televisie. Niemand gaan jou beskerm nie hoe gouer ons dit besef hoe beter. Wees paraat moenie buite gaan om te kyk hoekom die honde blaf nie,of jou krag afgaan nie of enige ander rede nie want dit is net waarvoor die helsems wag! Elke buitedeur behoort n veiligheidsdeur te he wat ten alle tye gesluit behoort te wees.Veiligheidshekke in die gang is ook noodsaaklik.Maak dit vir hulle moeilik om jou onverwags te oorval,daar is baie dinge wat jy kan doen om jouself beter te beskerm as om te glo dit sal nooit met jou gebeur nie.

Ina

-   Januarie 07, 2010 om 15:29

Ons wittes moet opstaan en saamstaan, na so 'n moord moet ons help soek en sy kop eis in die middel van die dorp, dis al wat die dinge gaan stop, ons moet net so wreed soos hulle word

Chris

-   Januarie 07, 2010 om 16:04


Koelbloedige moord het niks met politiek te doen nie, dit is barbaars en behoort oral in die wereld gesien te word as onverskoonbaar ongeag wat in die verlede gebeur het. In elke land het daar al wreedhede plaasgevind. Maar om te dink dat daar in hierdie sogenaamde beskaafde land, in die moderne 2010, hierdie bloeddorstige dade plaasvind op onskuldige mense laat mens besef dat daar sekere soort mense is wat moord nie as abnormaal beskou nie.

regverdig

-   Januarie 07, 2010 om 16:04

En hoeveel swart mense word geweldadig vermoor? Voel julle almal so sterk oor hulle dood?

suzie

-   Januarie 07, 2010 om 16:11

Zuma dink jy al jou nuwe vrouens gaan die probleme in hierdie land oplos?

Hendrik

-   Januarie 07, 2010 om 16:12

Ek glo nie alle briewe word geplaas nie.Dit wil vir my voorkom dat briewe selektief geplaas word.Hang af wat mens se seker.Hoe jammer.

Johannes

-   Januarie 07, 2010 om 16:24

Die sokker wereldbeker is die beste manier om die boodskap uit te dra wat rerig hier gebeur.Mense besef nie hoe groot hierdie geleentheid is nie. 'n Eenvoudige banier langs die besige roetes na die stadions wat dit uitskreeu sal gou deur die owerhede afgehaal word maar 'n nuwe een kan baie vinnig weer opgesit word. Dit gaan toewyding verg dus.

Betsie

-   Januarie 07, 2010 om 16:29

Oortuig my asb, dat die ANC-regime NIE agter die wit plaasmoorde sit NIE.

Maans

-   Januarie 07, 2010 om 16:37

Saamstaan is die antwoord. Plaaswagstelsels wat werk soos die kommandos van ouds, en baie belangrik, lede wat hulle kant bring. Moet nie julle vuurwapens ingee nie, doen aansoek vir daai lisensie, al kos dit wat!!
Ons BOERE is nog te slapgat, ons staan nie saam nie, elkeen kraai op sy eie mishoop. Ons ry net een aand patrollie, dan raak dit teveel moeite, dan hou ons maar weer op, dis lekkerder voor die TV. Word wakker SA, julle regering gaan nie help nie, ons BOERE sal die land moet regruk!!! In weermagtaal praat ons van harde en sagte teikens, plaasopstalle is sagte teikens omdat ons nie paraat is nie. As dit harde teikens word sal die aanvalle outomaties afneem. Ons moet skiet om dood te skiet en klaar, want misdaad sal nooit deur die huidige humanistiese regering aangespreek word nie.

Louis

-   Januarie 07, 2010 om 16:43

Waneer gaan die plaasmoorde einde kry. Dit word 'n allerdaagse ding en die regering doen niks. Ek kry die mense so jammer. Ons begin leef soos gevangenisse in ons eie huise. Ons simpatie is met al die families wat dit moet deur gaan. Ons bid God se liefde,kalmte, rus en vrede in julle harte.

joe

-   Januarie 07, 2010 om 17:33

Gelukkig is daar krieket en rugby wat die land veilig gaan hou. Ons kultuur is bittereinders - voor die sport-kanaal.

CorrieB

-   Januarie 07, 2010 om 17:41

Jaaaaaa Swaer!
DIT is Mugabe JR, (also known as Thabo Mbeki)se nalatenskap. HY het hierdie wit uitwissing begin en gekondoneer, deur elke keer as dit genoem word apartheid te blameer. Nou die aand op ANC-TV was daar inderdaad 'n ontleding van die situasie en die gevolgtrekking was dat daar slegs 7% van diesulkes in die hof beland en minder as 3% skuldig bevind word. Sing onse "prez" se familie 'mshini'wam' terwyl hyself en Fikile Mbalule duidelik stel dat "there ah too meny "legal faia ams" in circulation"...LEES MOOI :LEGAL FIRE-ARMS! So gooi hulle skimpe, berei net nog meer "akker-kop wetgewing" voor wat die "boere" biki verder kan die moer in jaag, en verdedig hulle "under-cover genocide" teen blankes deur te hamer op ons eie vuurwapens....en dis nie "MSHINI'S" nie...dis doodgewone hand- en jagwapens. Die oorlog wat die ANC nie kon wen nie, word nou baklei teen die "sagte teikens" soos hulle gewoonte maar was...onskuldige mense op 'n uiters lafhartige en laakbare wyse...kies die wat nie kan terugveg nie. Moenie eers wag vir die "nag van die lang messe" nie...dis klaar aan die gang...openlik en met die regering se "goedkeuring" deur te sorg dat dit nie KAN opgelos word nie deur te sorg dat daar 'n totale "onbevoegde" polisie "diens" in plek is...wat die moordenaars "bedien" deur hulle NIE te jag nie!

Apie

-   Januarie 07, 2010 om 18:17

Absoluut AB!! So 'n webblad moet begin word. Meer nog - videos moet gemaak word en vir die koerante van die wereld gegee word en op Youtube geplaas word. Dit is lankal tyd dat wereld sien wat in SA aangaan - defnitief nie die mooi Invictus prentjie nie. Wys ook sommer hoe Zuma maltrap in sy luiperdvel met sy 6de vrou om die wereld te wys hoe gesofistikeerd is ons president.

gert

-   Januarie 07, 2010 om 18:19

Hul se altyd aan die einde van 'n berig waar blankes vermoor is die vlg"die motief vir die roof is onbekend. SNERT man, die motief is tog altyd rasgedrewe (swart op wit). Dis 'n georkestreerde plan om die blankes uit te moor. Ons doen egter niks en aanvaar dit gedwee omdat ons so ordentlik grootgemaak is. Wat sou gebeur as blankes die anderskleuriges elke dag so gemoor het. Hoofopskrifte die wereld in oor die rassistiese blankes asook toi toi dat die blankes onmidellik moet boet daarvoor? Hoeveel moorde nog voordat die blanke saamstaan en se GENOEG!!!!!!!!!!!!!!

Dave

-   Januarie 07, 2010 om 19:02

Met verwysing na Pieter se stelling wanneer hy sê "al die moorde word nie eens gewys nie". Die vraag is wie in die media het die onsmaaklike werk om te besluit watter van die ± 50 moorde wat per dag geplaag word, koerantberigte haal. Watter moorde belangrik genoeg is om gepubliseer te word, sommige by absolute herhaling, terwyl die oorgrootte hoeveelheid nooit in 'n koerantberig verskyn nie. Ooglopend speel die verkoopswaarde van die berigte die grootste rol by blootstelling daarvan. Lojaliteit het dus ook 'n prys.

Henry

-   Januarie 07, 2010 om 19:07

Hou die gelofte van Bloedrivier, hou op Lotto speel, hou weer die sabbat-dag soos ons moet. Hoe hard moet ons nog geslaan word voor ons terugkeer na God??

Namville

-   Januarie 07, 2010 om 19:44

Mense doodstraf en alle ander maniere kan terug gebring word,niks gaan effektief wees nie.Die feit bly staan,elke volk moet oor homself regeer,geen volk kan oor 'n ander regeer,en dit word regoor die wereld bewys.Laat elke een oor sy eie wette en strafprosesse besluit.Asseblief ek is nie 'n regse aktivis nie,inteendeel ek bly in 'n buurland en kom goed oor die weg met plaaslike bevolking.Maar selfs hier sien ek dat die nasie wat meerderheid is en 80% van regeringsampte beklee hul eie bevolkingsgroep bevoordeel en die res liederlik afskeep.Die wat dit nie sien nie het ek geen antwoorde nie.

Sê maar net

-   Januarie 07, 2010 om 21:41

Kom ek maak al wat blanke is die hoeners in.
Ek wens almal reageer so vir elke moord wat gepleeg word soos ons nou deelneem aan bloks soos die. Statistieke vertel heel te mal 'n ander storie. Sover ek weet is daar nou 3 blankes vermoor op Senkal in 3 of 4 jaar. Volgens bronne word daar ongeveer 2 tot 3 swartes in die swart woongebied per week vermoor.
Ek stem saam strawwe moet swaarder gemaak word en die doodstraf klink vir my reg, maar dan moet ons as burgers van die land 'n ophef maak van al die moorde en nie net skrreu as 'n blanke vermoor word nie. As ons saamstaan wit en swart en maak 'n ophef van elke moord, dan word rassisme uitgeskakel en dan moet die regeering iets daar omtrent doen. Hoekom is daar net 'n ophef as 'n blanke 'n swart mens vermoor of anders om?

DW

-   Januarie 08, 2010 om 07:44

Hoeveel van die skeinheilige klomp wat nou hier wil komentaar lewer het in 1994 JA gestem. Die mense se bloed is op julle hande.

Alkie

-   Januarie 08, 2010 om 11:14

Gaan registreer sodat ons n volks regering kan bewerkstellig en ons grond kan terug eis.Dan mag ons die wet toepas.

Het al die klaers hier al geregistreer?

Of wil julle nie n land he waar ons ons self kan regeer nie.Of julle nog steeds kanonvoer wees?
Plaas julle hand op papier en help julle self.

Dave

-   Januarie 08, 2010 om 13:44

Sê maar net, aan jou wil ek maar net sê dat jy op 'n heel te mal manier skryf. Jy skryf op net so 'n 'skeinheilige' manier as DW. Behalwe vir die snert wat jy praat is jy te dom om te besef dat die koerante 'n onomkeerbare ophef maak wanneer die skuldige effens ligter van kleur is. Wanneer jy standerd 6 of graad agt geslaag het en beter kan spel, is die moontlikheid daar dat mense jou briewe met meer erns sal lees. Intussen word jy uitgelag soos Alkie uitgelag word omdat hy nie kan tel nie en dus nie weet wat die verskil in populasie groepe is nie.

Sê maar net @ Dave

-   Januarie 08, 2010 om 21:56

Om iemand persoolik aan te val bly maar 'n teken dat jy die argument verloor het.
Ek was vandag in die hof waar die beskuldiges van die moord verskyn het. Ek het geen simpatie met die beskuldiges nie, maar was uiters teleurgesteld in 'n vooraanstaande lid van die blankegemeenskap wat di beskuldige in die hof geklap het. Het ons as blankes nou so laag gedaal om so iets te doen?
Op die nuus vanaand is berig dat 'n swart stadraadslid giseraand vermoor is, hoekom is daar nie alreeds 'n blok daaroor nie?
My argument was dat van elke insedent 'n ophef van gemaak moet word, maak nie saak of dit wit of swart is nie, gemeenskappe moet opstaan en die regering oortuig dat daar nou iets gedoen moet word oor die slagting.

Hendrik

-   Januarie 08, 2010 om 23:02

Waar het jy gaan registreer AQlkie? Daar by die ou wat van die perd afgeval het? Wats sy naam eh..oja Terreblanche??

Chris

-   Januarie 09, 2010 om 14:19

My simpatie en empatie aan almal wat al deur geweldsmisdaad geraak is. Onthou net dat alle misdaad en spesifiek aanvalle op bejaardes nie net 'n swart op wit aksie is nie. My vriendin se se ouers van 80+ is deur 3 "welgeklede blanke jong mans" helder oordag in hul huis in Oos Londen aangeval en vir dood gelaat. Ons grootste probleem in hierdie land is dat min mense nog respek vir hulself en hul medemens het. Ongelukkig help die regering van die dag nie veel om dit te verander nie. Kyk maar net na die korrupsie en misbruik van mag. Die doodstraf gaan nie noodwendig help nie want as die skuldiges nog gevang word, ontsnap hulle of dossiere raak weg of die speurwerk is van so 'n swak gehalte dat die skuldiges tog nie skuldig bevind kan word nie. Dis een groot gemors en almal leef in vrees in hul selfgemaakte tronke agter ysterhekke en tralies met die vinger op die "panic button" sodat die veiligheidsmaatskappy wat jyself betaal, jou moet kom help in geval van nood.

jjsteyn

-   Januarie 09, 2010 om 19:22

Ek steun Blondie: die doodstraf so gou moontlik asb!!!!!!!!Voor 'n muur in die openbaar!!!

Dave aan Sê_Maar_Net

-   Januarie 10, 2010 om 18:04

Aikôna, SêMaarNet, ek het geen 'argument' (ek sou dit 'n redenasie noem) verloor nie. Duidelik ook nie gewen nie:-) Dit is duidelik dat jy my nou nog nie verstaan nie. Basies is my beswaar teen jou swak spelling (en die van meer skrywers) en nie soseer oor jou stelling nie. As julle (swakspellers)nie die moeite wil doen om julle eie briewe weer te lees om spelfoute te korrigeer nie, waarom skryf? En jy is nie so stupid soos ek gedink het nie, want hierdie keer was daar slegs een 'insedent' wat ek bevraagteken het. Ek lees graag kommentare maar het 'n werklike probleem met mense wat graag hul eie name op 'n publikasie wil sien (al is dit slegs op die kommin net)maar nie weet hoe om te spel nie.

Brentie

-   Januarie 10, 2010 om 19:58

Mense ons sit met 'n geweldige probleem.Ek bly in 'n sg. afgesperde gebied.Almalwas vuur en vlam, behalwe toe dit by diebetaalslag kom.Na 'n lang gespook kom die ding aan die gangen is deelname bo die vereiste 75%.Die stelsel werk, mense loop vir oefening in strate en geen misdaad in ons 'eiland'.Spoedig daal deelname en ontrek mense enmoet spesiale fondsinsamelings gereel wordom die ding aan die gang te hou.Tans is daar net nagwagte want die geldhet opgedroog vir 'n 24-uur diens en is dit'n kleiner groep wat dit nog aan die ganghou.Die ander, wel die besparings laat hul anderluukshede soos 'quad bikes' koop en het vredemet die res.'n ander probleem is ons bevolkingssamestelling .Volgens Stats RSA(2009) was die blanke bevolking 4.2M.Daarvan was 605000 14.4% ouer as 65. 7.5%van die getal was ouer as 70.1120600M ,26.6% is jonger as 19.Dit los ons met die middelste groep van ongeveer 2,5M. of ongeveer 60%.Maar hierdie groep het sy eie probleme.Baie van die onder 19 is van hulle afhanklikvir hul lewensonderhoud.Ek is seker daar isook baie van hulle wat sorg vir die ouer as 65.Die vraag is nou gaan die groep saamstaanen 'n vinger in die lug opsteek en se genoegis genoeg en of julle kom reg en herstel weten orde of ons hou ons belasting terug.As dit gebeur gaan daar ook soos met die afsperring van my woongebied, almal entoesiasties deelneem en as dit by implementering kom dit aan enkeles oorlaat om die kannetjie vas te hou, terwyl hulrustig vootgaan met hul bestaan?

Sê maar net @ Dave

-   Januarie 11, 2010 om 20:20

Dave, dankie vir jou eerlike kommentaar. Disleksies is ;n baie moeilike ding. In Std 1 het ek 20 woorde gehad om te leer vir 'n speltoets. My ma het 5 ure spandeer die middag en aand om my dit te leer en ek het met haar toets 70% geken. Die volgende ag het ek 1 uit 20 gekry. As gevolg hiervan het ek 'n besluit geneem, beperkings kan oorkom word en het ek myself geleer om my brein te oefen en 'n fotogeniese brein ontwikkel en besit ek nie 'n dagboek nie op 57 jarige ouderdom nie. Ek kan nog steeds nie spel nie, wat is die verskil tussen "ei" en "y" ens. Wat egter belangrik is, spelling maak mens nie uitsnderlik nie, maar wat jy kan vermag tel punte. Les wat ekskryf en los die onderwyser mentaliteit en beoordeel my sienings. Jy gaan baie intresante leestof mis as jy konsentreer of die spelling en taalgebruik korrek is. Nogmaals dankie vir jou kommentaar

Wouter

-   Januarie 11, 2010 om 22:31

Stem saam met AB, webwerf, asb, maar vergeet van fotos, net rekords, geen videos, soos iemand hier genoem het, dat videos op youtube moet kom, dit is te wreed vir youtube, en sal nie toegelaat word. Die afgelope paar weke, is slegs die "celebs" in SA, wat noue ontkomings het met geweld in die nuus, ouens soos ek en jy wat nou nie regtig famous is, ons word nie geken nie, veral nou nie eers as jan raap in die moeilikheid is. My voorstel is webwerf, met rekords geweld op plase, bruin, swart, en witboere vermoor, arbeiders ook. Hou ook rekords oor die verkragtings ens, als kan raporteer word op die website. Dit sal nie maand wees, dan sit die website met 1 milj, sake wat aangemeld is op plase. Tussen my arebeiders op die plaas is daar sekerlik 20 sake maandeliks van verkragtings, smokkelary, diefstal ens, soveel so, dat ek nou al 'n huis vir die polisie gegee het, op my plaas, as beheer punt, en hul gee hul samewerking en naweke het ek 24 uur hul diens op my plaas, maar ek betaal die krag, en bederf hul met vrugte van my plaas. Die polisie wil ons help, ons as boere moet meer die polisie bederf, en hul ook ondersteun, ek borg hul goed ens, voorsien hul funksies met wyne ens. Maar die regering moet regtig gaan kyk na doodstraf, ek het 3 werkers op my plaas wat moord gepleeg het al, en hul weet nie eers hoe lyk die tronk binne, hul gaan aan met die lewe asof hul niks foute in hul lewe gemaak het, die een het sy eie bloed broer dood geslaan met 'n graaf, want sy broer het hom vir die grap gegooi met 'n klip, hof dink, altwee was geklets van die wyn, en hy was nooit tronk toe, sy broer wat dood is, se kop was plat gekap, hy is 60 keer met die mes gesteek, nou hoe dronk moet mens wees om daarmee weg te kom, elke geval, hoop Zuma se oë gaan oop binne kort, en nou moet die onwettige vuurwapens in, hopelik het al die boere hul lisensies!

Dave aan Sê_Maar_Net

-   Januarie 12, 2010 om 12:15

Dankie vir die verduideliking, SêNet, en askies as ek jou 'n verskoning skuldig is. Dit neig egter om te blyk dat jy nie die enigste is op die groep wat disleksies is nie.

HANLIE DU PLESSIS

-   Januarie 12, 2010 om 12:25

Ek stem 100% saam met AB!!! Laat die waarheid die wereld in gaan. Hulle weet nie wat vir hulle wag in die nuwe SA. Laat ons a referendum he soos voorgestel, kan nie sien dat ons verder so kan lewe nie. My dogter se man en seun is meer as 2 jaar terug ddo in a motor ongeluk en nog niks het gebeur (ELKE KEER WAT HULLE HOM VANG KRY HY BORG)en dan vat dit hulle maande om hom weer op te spoor.
Tipies die polisie. As ons nie gaan saam staan vir eens en altyd is daar geen uitweg.
Geloof,bid en vertrou!!GOD SLAAP NIE

Anita

-   Januarie 12, 2010 om 13:49

Dave, my boet, praat jy wat tande het nou?? Jou grammatika is pateties. En die woord is ekskuus en nie askies nie. 'n Verskoning is verskuldig. Dit kan ook nie "neig om te blyk nie" en "dat jy nie die enigste IN die groep is wat disleksies is" klink baie beter. O ja, en "eenvoudig" is seker beter as die Engelse common, want kommin bestaan nie.

Jan

-   Januarie 12, 2010 om 14:53

Ag ou Dave, jy wat so gesteld is op die regte spelling van woorde ... dis mooi om jou veskoning aan se-maar-net te sien ... maar as jy dieselfde "Dave" is wat op 'n tyd die woord "buskruid" gebruik het ...? Is dit dalk 'n kruidjie wat in 'n bus groei? Die regte spelling is "buskruit" met 'n "t"!!! Nie dat dit enige saak maak aan jou siening - die onderwerp is ernstig genoeg! En ek stem vir 'n webwerf EN die terugbring van die doodstraf, maar om 'n webwerf te open gaan dalk ook 'n hele spul probleme gee ... wie gaan "check" of die feite wat genoem gaan word die werklikheid is? En wie gaan rapporteer of daar vir 'n spesefieke misdaad iemand in die hof verskyn het? En wat die straf was ...! En (deesdae baie belangrik !!!) hoe lank gaan daai persoon in die tronk sit voor hy weer uitgelaat word?Tog het ons "Afriforum" - 'n baie goeie voorbeeld van Afrikaners wat die staat daadwerklik aanpak. Ek dink ook aan die ou wat FNB tot andere besluite gedwing het d.m.v. Facebook... So, dalk is dar iets wat gedoen kan word op die Internet.Maar wat???Groetnis.

Dave aan Jan

-   Januarie 12, 2010 om 19:40

Haai Jan, dit was ek. Dìt was wat ek gesê het: 'Anoniem wil hê dat die buskruid terug gebring word. Ek hoop hy kan beter skiet as spel.' Nogal teleurstellend dat jy sò buite konteks lees. Almal die ander, selfs Anoniem (dink of hoop ek) het raak gesien dat ek met sy spelling van die woord 'buskrui(d)t spot. Waarom het jy dit nie raak gesien nie? Gaan lees 'Anoniem' ietwat hoër. En die webwerf, Jan; daar's reeds vele van hulle:-} BTW, dit is vir my ietwat van 'n grap om te spot met die mense se spelling - ek is nie so ernstig as wat ek klink nie.. kom so pas uit 'n vergadering waar ek beskuldig is van my punt te ernstig oordra.. dit was 20 minute gelede. Jy moet lekker bly:-)

Dave aan Jan

-   Januarie 12, 2010 om 19:43

sjjjttt..... 'spesIfieke' Jan...! Hou dit maar tussen ons, hoor:-)

Piet

-   Januarie 13, 2010 om 16:05

Interessant hoe net sommigge van die kommentaar geplaas word. Thanks nuus24

Dave aan Piet

-   Januarie 13, 2010 om 17:48

Al die voorwaardes vir plasing gelees, Piet? 'Reg van Toegang Voorbehou' beteken presies wat dit sê.

Dave aan Jan

-   Januarie 16, 2010 om 20:22

Twee dae later - Jan, jy komplimenteer my met my verskoning aan SêNet, maar jy het nie dieselfde guts nie

Dave aan Jan

-   Januarie 16, 2010 om 20:22

Twee dae later - Jan, jy komplimenteer my met my verskoning aan SêNet, maar jy het nie dieselfde guts nie

ek

-   Januarie 18, 2010 om 09:57

saam staan broers!

Jhireh

-   Februarie 16, 2010 om 15:16

en steeds word daar ontken dat daar 'n MOTIEF agter plaasmoorde is.. Hoekom juis Boere? Hoekom juis oumense op plase? HOekom is die aanvalle so wreed, hoekom word daar soms NIKS gesteel nie? Hoekom hoor ek nooit enige PRESIDENT of POLISIEKOMMISSARIS of Minister homself uitspreek TEEN plaasmoorde nie, hoekom is dit maar altyd Afriforum en Vryheidsfront wat namens hierdie mense praat? Hoekom word daar nie daadwerklike pogings aangewend om die mense op plase te probeer beskerm nie? Hoekom word dit eerder geregverdig (Mnr Motlante wat onlangs gese het die moorde op boere is so wreed omdat die boere op plase hulle werkers so sleg behandel) .. Het hy bewyse daarvoor . is dit ALLE boere wat so maak? Sies man niemand verdien om so wreed te sterf nie, NIKS REGVERDIG dit nie!!!

@ Regverdig

-   Februarie 16, 2010 om 15:33

REGVERDIG jy is 'n idioot. .. daar word daagliks van swart en wit moorde berig moet jy so 'n hartseer insident 'n RASISSUE maak? Jy is 'n rassis man .. kom by en he simpatie met wittes wat vermoor word ook . anders is jy niks beter nie ..

Des

-   Februarie 16, 2010 om 15:56

Ek dink daar is te veel van julle wat te veel tyd het. Hou jul liewer besig met iets konstruktiefs in plaas daarvan dat julle hier in die openbaar roggel soos uitgespoelde visse. Nee a man(ne), gaan loop liewer in jul vrye tyd deur die strate en beveilig so jul buurte as om net te praat, praat, praat. En wat julle praat, ruik ek tot in my kombuis!!

Nine

-   Februarie 16, 2010 om 16:29

Ek het al baie gewonder wat sou die buitelanders dink as hulle ons Afrikaans sprekendes se kommentaar kon lees. Hulle verstaan nie ons skrywe nie. As daar n webwerf kom moet dit in Engels wees. Die webwerf "Plaasmoorde" is ook in Afrikaans. In elk geval sien ek nou dat Zuma nie die 23 000 briewe oor misdaad aanvaar het nie. Praat van kop in die sand hou!

Cor

-   Februarie 16, 2010 om 16:51

Is almal in die land blind? Dit is mos duidelik reeds 'n lae intensiteit oorlog teen 'n sekere gedeelte van die gemeenskap. Dit het in Rwanda, Burundie en ander dele van Afrika reeds gebeur. Dit gebeur ook nou in sekere dorpe se wandel lane. Kontak enige inwoner van Sasolburg en jy sal hoor wie word op die wreedaardigste maniere aangerand,Met klippe en halwe bakstene in die gesig en agter die kop geslaan, Helder oor dag in die groenstroke van die dorp. Al die slagoffers is wit, en meestal weerlose wit vroue en dan word net 'n selfoon gevat.
So dit gaan nie oor enige ekonomiese rede nie, maar slegs een ding rassistiese en vergeldings aanvalle. En glo my wat ek nou hier sê sal as opruiend en polities verkeerd afgemaak word. Ons word gemuilband deur die samelewing. Honderde swart vroue stap in die oggend en middag deur die selfde groenstroke, en word onaangeraak deurgelaat. Kom nou bewys my verkeerd en ek sal skriftelik om verskoning vra. Die Polisie het hulle verskonings hoekom die aanvallers nie gevang word nie...... Vroër sou die Polisie nadat dit duidelik word dat daar 'n tendens is mense ongemerk in die area instuur om dan te poog om die kwaaddoeners uit te lok om hulle aan te val, en sodoende 'n einde te maak aan die misdaad.
Ek sê maar net...Kruisig my, maak my af as 'n rassis, verduidelik vir my wat is rassisties? Om vir jou eie ras op te staan teen aanvalle van 'n ander groep mense? Om nie rasisties te wees nie, moet jy dus maar alles aanvaar????
Ek sê maar net.

Neels

-   Februarie 16, 2010 om 17:53

'n groepie van ons het natuurlik die wetteloosheid sien kom in 1994, maar die meerderheid ja stemmers is hierdie gruwelike plaaasmoorde net 'n ou klein prysie om te betaal vir al die voordele wat FW se nuwe bedeling gebring het, vir rugby, soccer, dobbel, miljoen dollar nobel pryse ens. So van FW gepraat, hy's naruurlik niks beter as Zuma nie. Hy het kontrak my sy vrou gebreek (WAT TOE OOK VERMOOR IS) vir 'n vreemdeling, en sy kerk het dit sommer gewetig ok. 'n Rondslapende vrou is 'n slet, wat maak dit FW? Hy was sy hande in 'n bloedrooi miljoen dollar.

rina spies

-   Maart 23, 2010 om 19:45

Want so se Vader: Ons het 'n stem van verskrikking; daar is vrees en geen vrede nie| Vra tog en kyk of 'n manspersoon baar? Waarom sien ek elke man met sy hande op sy heupe soos een wat baar, en is alle aangesigte in bleekheid verander? Wee want die dag is groot, sonder weerga. En dit is 'n tyd van benoudheid vir Yahkob; maar hy sal daaruit verlos word. Die vervulling van die Woord is lewendig volgens Vader se vul. Daar sal net 'n 1/3 oorbly. Vader is besig met Sy suiweringsproses of ons dit nou wil weet of nie. Die volk(ammorah-murasie hoop a.g.v. valse herders) is in verwarring a.g.v valse herders(Sodom-vulkaniese as) wat baie lief is vir Rosynekoeke. Net 'n oorblyfsel sal Hy red en na Sy koninkryk lei.

Gideon Scheepers

-   April 07, 2010 om 15:38

Ek stem saam met almal wat kommentaar gelewer het, maar die grootste probleem in hierdie land is dat daar aanspraak gedoen word dat die boere dood gemaak moet word. Ek skryf spesifiek oor die Jeugliega leier van die ANC Julius Malema. Die feit dat hy die boere die wit Afrikanervolk so omkrap met sy lied "KILL THE BOER KILL THE FARMER". Solank as wat hy die lied sing sal daar plaasmorde wees , want die lied is n opdrag wat hy aan die nie blanke nasie gee. Al wat ek vra is dat die FADER IN DIE HEMEL ons sal beskerm en ons te ly om op te tree wanneer dit van nooddig is.

virwatsoekjulmynaam

-   April 12, 2010 om 08:53

pok wil of kan die areme polisie nie iets doen dis die hoeveelste moord in die gebied.

Johan

-   Mei 13, 2010 om 13:53

Ek dink die blankes in SA moet maar padgee uit daardie land want daar is geen oplossing. Groete uit die buiteland.

EL D

-   Mei 13, 2010 om 14:13

Dit wat jy se, nie net blankes word vermoor nie!!!!
Niemand is meer veilig nie, maak nie saak watter ras jy is nie. die rede hkm daar nie gehoor word van ander mense wat vermoor word nie, is omdat ons weet, dit is tervergeefs. net GEBED gaan help!!!!Hierdie inbrekers/moordenaars wat opgesluit en dan kom hulle maklik weg met borg!!! BID EN BLY BIDDEND, NET GOD KAN ONS RED. Wat maak "blankes" nou so spesiaal???? ons is almal mense met gevoelens!!!!!Bly jy maar leke daar, hoor!!!!

Arras

-   Mei 13, 2010 om 14:58

Waar is die VF+, DA, Solidariteit en ander opposissie partye se kommentaar. Hoop my spelling is korrek, anders gaan Duif n uier lê.

Lewer kommentaar

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

CA (SA)

Gauteng
Hire Resolve
R600,000-650,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Financial accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Liquer Store Manager/ Controller

Mpumalanga
Hutech International Group

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...