Bejaarde vrou by huis vermoor
2010-07-29 20:17
Johannesburg – ‘n 83-jarige vrou, wat op haar eie gewoon het, is by haar huis in Fort Malan, naby Willowvale doodgevind, het die polisie gesê.
Volgens kapt. Jackson Manatha is sy Donderdag deur ‘n vrou gevind wat haar wou besoek.
“Ons vermoed dat die oorledene gisteraand (Woensdag) vermoor is... Sy is verwurg en sy het geen ander sigbare wonde aan haar liggaam gehad nie,” het Manatha gesê.
Volgens hom is daar geen tekens dat die vrou verkrag is nie.
Niemand is in hegtenis geneem nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA