ANC-segsman sing glo onder die invloed - by SAPD
2010-03-11 14:19
Johannesburg – ANC-woordvoerder Jackson Mthembu is Donderdagoggend vir dronkbestuur in Kaapstad in hegtenis geneem, het amptenare gesê.
Tog het dit hom nie afgesit om sy werk te doen nie, al was hy in polisie aanhouding.
Mthembu het rondom 09:00 ‘n telefoononderhoud met Sapa gedoen oor die ANC-jeugliga se president Julius Malema, ‘n uur nadat hy in hegtenis geneem is, terwyl hy glo steeds in aanhouding was by die Mowbray polisiestasie.
Sy bloed-alkoholvlak was meer as drie keer oor die wettige limiet, het JP Smith, die burgermeesterkomiteelid vir veiligheid en sekuriteit in Kaapstad, gesê.
“Jackson Mthembu was vanoggend [Donderdag] op die N2 in hegtenis geneem omdat hy in die buslaan gery het. Toe hy afgetrek is was daar ‘n sterk reuk van alkohol en amptenare het hom in hegtenis geneem,” het Smith gesê.
Die inhegtenisname is rondom 08:00 op die N2 naby die Pinelands-afrit deur die Stad Kaapstad se geheime afdeling, die sogenaamde Ghost Squad, gemaak.
Mthembu sou na verwagting om 13:30 vrygelaat word.
Hy het ‘n lang telefoniese onderhoud met Sapa gedoen rondom 09:00 oor die kriminele klag teen Malema wat “vermoor die boere, hulle is verkragters,” gesing het.
Mthembu het op ‘n stadium die liedjie op die telefoon vir die verslaggewer begin sing.
Toe Sapa terugbel om te vra of hy vir dronkbestuur in hegtenis geneem is, het Mthembu slegs gesê: “Ek kan nie kommentaar lewer nie.”
Mthembu is eers na die Mowbray polisiestasie geneem. Volgens Smith wou ‘n konstabel by die polisiestasie nie sy saak prosesseer nie, aangesien hy ‘n senior ANC-lid is.
“Hulle wou nie die besonderhede teen Mthembu prosesseer nie. Daar was ‘n dreigement dat ons beamptes in hegtenis geneem sou word,” het Smith gesê.
“Die beamptes het gevoel dat hulle geïntimideer word as gevolg van sy (Mthembu) posisie in die politiek,” beweer Smith.
Die lede van die sogenaamde Kaapse 'Ghost Squad' het hom na die Safely Home Anti Drunk-driving Operations War Room (Shadow) in Athlone geneem.
“Die gereg moenie politici beskerm nie,” het Smith gesê.
"Die resultate van sy (Mthembu) toets was positief en sal na die hof geneem word. Dit is ‘n vreemde tyd van die dag om onder die invloed van drank te wees.”
- Sapa