ANC erken ‘erosie’ en ‘twyfelagtige leierskap’

2010-07-30 06:55

Kaapstad - Die regerende party erken en sien die erosie van sy kultuur van verantwoordbaarheid, diensbaarheid en morele leierskap.

Nóg meer beduidend, lui die ANC se besprekingsdokument oor leierskap, is die groeiende “maatskaplike afstand” tussen dié in posisies van mag en dié op grondvlak.

Die party is diep bekommerd oor “skadukulture” wat soos “parasiete” op simboliek en geskiedenis teer en die ANC en regering vir eie gewin misbruik.

Ondanks waarskuwings voor en ná die party se nasionale konferensie in 2007 by Polokwane, het sommige neigings nie net meer wydsverspreid geword nie, maar gevestig geraak in partykultuur.

Só word geld en invloed gebruik om die oorhand in gebiedsoorloë en faksiegevegte op alle vlakke van die party te kry. Dit lei dikwels daartoe dat ANC-saamtrekke of -vergaderings in geweld of oproer ontaard. Lede is gevolglik toenemend besig om vertroue in die party se interne strukture te verloor.

Die party betreur ook die aanhoudende geskarrel om leiersposisies: “Dit het tot gevolg dat opvolgdebatte en struwelinge begin nog voordat ’n nuutverkose leierskorps die kans gekry het om hul mandaat uit te voer.”

Die lei ook tot ’n kultuur waarin “die wenner alles vat” in leiersverkiesings op alle vlakke is daar minder en minder middelgrond tussen opponerende groepe, wat tot tweespalt lei.

“Twyfelagtige leierskap” in die ANC lei na swak dissipline en straffeloosheid. “Die ANC-leierskollektief word dikwels verlam weens vrese van optrede teen ‘ons groep’ of optrede teen die ‘ander groep’, wat as ’n suiwering vertolk kan word,” lui die besprekingsdokument.

Dié faksieverdelings word ook gekenmerk deur die kaap van ANC-simbole deur een groep en die sing van beledigende struggle-liedjies teen die opponerende groep.

Dis verder kommerwekkend dat álmal hierby betrokke is: “Beide ‘ou’ en ‘nuwe’ lede en leiers op alle vlakke is betrokke met al hoe minder stemme in ons midde om leiding te gee.”

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: anc  |  politiek

CHRIS

-   Julie 30, 2010 om 09:10

Dieselfde proses oor en oor,eers ontkenning,dan erkenning,dan verskoning,dan moet die landsburger net hul monde hou,net soos die met die UGO by die onderwys,nou kan hulle mos maar weer niks doen tot 2025,en dan weer dieselfde,ontkenning,erkennig.......!

Louis

-   Julie 30, 2010 om 11:35

Hi Chris jy het dit baie mooi verduidelik dat almal dit kan verstaan en maar net moet Bid dat dit beter kan gaan.Groete.

Lewer kommentaar

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Liquer Store Manager/ Controller

Mpumalanga
Hutech International Group

Accountant - EE

Gauteng
Hire Resolve
R400,000-450,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...