186 klagtes oor Julius
2010-03-12 07:27
Linda de Beer, Beeld
Johannesburg - Die DA in Noordwes het met boere in die provinsie saamgespan om sowat 186 individuele klagtes teen Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, by die Menseregtekommissie in te dien.
Dit kom ná Malema se omstrede uitlatings by ’n jeugligavergadering op die kampus van die Universiteit van Johannesburg.
Chris Hattingh, DA-leier in Noordwes, het gesê nog klagtes kan bykom.
“Malema is bekend om sy onverantwoordelike, kinderlike uitlatings, maar hierdie keer het hy te ver gegaan.
Dié blatante aanstigting tot geweld teen boere behoort nie toegelaat word om sonder gevolge voort te duur nie.”
- Beeld