100 grondgrypers beset plaas

2009-10-09 08:55

Buks Viljoen

Johannesburg - Whiskey Kgabo, ’n plaaseienaar van Trichardts­dal naby Tzaneen, Limpopo, het hom en sy vrou eergisternag in hul plaashuis toegesluit nadat ’n groep van sowat 100 mense sy plaas beset het.

Dié grondgrypers maak glo daarop aanspraak dat hulle die wettige eienaars van die plaas Balloon is. Volgens Kgabo het hy eergisteroggend vreemde mense op sy plaas gesien, maar hulle is later daar weg.

“Laat die middag het 11 bakkies vol mense by die opstal opgedaag.

“Hulle het ’n reuse-vuur op die grasperk reg voor die huis gemaak, drank uitgepak en musiek begin maak.”

Toe Kgabo navraag doen, is hy ingelig dat die groep, wat hulself as die Banareng-ba-Mantjana-gemeenskap voorgestel het, die grond opeis omdat hulle glo die wettige eienaars is.

“Die plaas is reeds in 2005 ingevolge ’n gewillige koper/gewillige verkoper-ooreenkoms aan die staat verkoop.”

Die staat het egter nog net ­R2 miljoen, sowat die helfte van die ooreengekome verkoopprys, uitbetaal.

’n Ooreenkoms is destyds bereik dat Kgabo op die plaas kan aanbly en voortgaan met sy boerdery totdat die res van die geld aan hom betaal is.

Die grondgrypers het die hele nag op die grasperk naby die opstal feesgevier.

Kgabo het in ’n stadium die Maake-polisiekantoor gekontak om die groep te verwyder.

“Hulle het die plaas besoek, maar geweier om op te tree omdat die grondgrypers gesê het hulle gaan geen skade aan die eiendom aanrig nie.”

Gisteroggend het die groep sy plaaswerkers van die plaas verjaag terwyl hy dorp toe was om sy vrou, Magadi, by die werk te gaan aflaai.

Teen gistermiddag het die polisie weer by die plaas opgedaag en die betreders verwyder nadat die grondeisekommissaris van Polokwane hulle (die polisie) se hulp ingeroep het.

Volgens Kgabo is daar nou ooreengekom dat ’n vergadering Saterdag (môre) tussen die grondeisekommissaris, Kgabo, die polisie en die gemeenskap gehou sal word om die verwarring op te klaar.

“My werkers is darem nou al terug in die kampong op die plaas, maar hulle is te bang om te begin werk omdat hulle geïntimideer word.”

Pogings van Beeld om kommentaar by die polisie en die grondeisekommissaris te kry was vrugteloos.

Nie een van die twee het hul telefone gister beantwoord nie.

- Beeld

 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: landbou

Carl

-   Oktober 09, 2009 om 10:05

My Plaas Boschhoek in Hazyview is deur die staat opgekoop. Vandag is alles gesteel en geplunder en niemand boer daarop nie. Dis vir my so hartseer. Niemand het my iets gegee nie en alles wat ek opgebou het is verwoes. As julle nog geboer het was dit goed maar hulle het net geplunder en is toe weer weg. Langs aan de Vliet op die Sabi Pad 8km vanaf Hazyview.

Pierre Brink

-   Oktober 09, 2009 om 10:09

Hierdie hele grondeise storie is 'n aborsie. Die R2M wat hy ontvang het lê waarskynlik op trust by die prokureur, die grondeisers kry nie die grond nie, die eienaar kan nie aan beweeg nie, die verkoopsprys word nie aangepas vir inflasie nie, alles staan stil...

bekkie

-   Oktober 09, 2009 om 10:55

Ja, boet, dit is hoe dit gaan, prys is gemaak en aanvaar dan net deposito is betaal en die betaaler dink hy het nou sy plig gedoen. Dit maak die gemeenskap kwaad, omdat daar is gesloer met die saak.

SUSAN LOMBARD

-   Oktober 09, 2009 om 11:04

Ja hier is al weer 'n bewys van die afdraande pad wat ons land besig is om te loop. Nog 'n geval van onwettige grondbesetting, dit is kommerwekkend om te sien dat dit al hoe meer begin kop uitsteek in ons land. Ek is 'n optimis, ek moet wees vir die toekoms van my kinders maar ek is bevrees ons begin al hoe meer oorhel na wat in ons buurland, Zimbabwe, aangaan. Daar gaan 'n tyd kom dat dit soos 'n veldbrand gaan begin versprei want nou word gesien dat die besetters nie voor die voet vas gevat word en verwyder word nie. Weereens 'n bewys van die wetteloosheid wat in ons land hooggety vier. En ek is jammer maar persoonlik dink ek daar is soveel "boewe" in die polisie self dat ons as gewone landsburgers nie eers gerus moet voel dat ons regte beskerm sal word deur hulle nie. Sterkte aan ons boere in hierdie land, al wat julle wil doen is om te sorg dat genoeg voedsel geproduseer moet word vir ons land, nou veg julle nie net teen al die aardse elemente soos droogtes en peste nie, maar ook nog teen onbevoegte mense wat jou plaas vir mahala wil kom vat!!!

Sandra

-   Oktober 09, 2009 om 11:16

Die begin van Zim se probleme hier plaaslik. Hierdie dag sal nog in die geskiedenis boeke geskrywe word. Dis tyd dat die Afrikaners hande vat en saamstaan.

Antie Miem

-   Oktober 09, 2009 om 12:07

Hoe kook jy 'n padda? Jy gooi hom in koue water en verhit die water geleidelik totdat ta uitendelik met sy wit pens na bo lê. Ek is bevrees dat dit is wat besig is om in ons land te gebeur. Ons word geleidelik gewoond gemaak aan sulke geïsoleerde insidente en kort voor lank is dit aan die orde van die dag. Gaan iemand ingryp en 'n verskil maak? Waar is die politieke partye wat as oposisie dien? Julle is ons stem, julle is ons vuis - help!

Pieter

-   Oktober 09, 2009 om 12:38

Ek wonder wanneer gaan Duitsland se oorlogskepe hier aankom om ons te bevry van hierdie gemors. Ek hoop Siener se woorde word gou waar. Dis regtig nou tyd.

MS

-   Oktober 09, 2009 om 13:13

@Pieter, waarvan praat jy? Duitsland se oorlogskepe? Weet jy watse probleme Duitsland op die oomblik het met die Moslems wat Europa oorneem? Europeers gaan oral uitsterf. Ons word stadig maar seker uit geteel deur of die Moslems of in Afrika deur die Afrikane. Hel ek wonder of daar nog Europeers gaan oor wees in 2150 soos ons nou aangaan.

Jakkals

-   Oktober 10, 2009 om 13:27

Kom ek vertel jou dat nie een van die sogenaamde gemeenskap die kleinste idee het van hoe om iets met die grond te doen nie. Binne die eerste maand nadat hulle op die grond begin woon het sal die krag afgesny word want niemand sal die rekening betaal nie. Dan is daar nie water of ligte en alles sal verdor.Volgende word als wat verkoop kan word weggery en gesmous. Dan die koperkrane en kabels, die sinke van die geboue se dakke, die vensterrame en deure tot daar niks oorbly nie. Dan is die plaas vir hulle nie meer iets werd nie en beplan hulle om die volgende grond te gaan beset. Ek het dit rondom my al hoeveel keer gesien gebeur. Al sukses verhale wat ek gesien het as 'n swart boer sy grond self koop en boer. Hulle is wenners nie die klomp Aasvoels nie.

RUDI

-   Desember 22, 2009 om 12:08

WITMENSE!!!! SKRIK ASB TOG NET WAKKER.
SAGTE KOMENTAAR GAAN NIKS HELP NIE!!!!
Ons huise,geld en kinders se toekoms is in gevaar.
Hou op om verstom te staan en se "ek kan dit nie glo nie"
Dit wat ons almal vrees gaan plaasvind. Hier is maar net nog verdere bewyse,ons moet so gou moontlik begin organiseer.

Lewer kommentaar

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Service Line Manager: Mining

Gauteng - JHB North/Sandton
Master Career Consulting

Account Manager

Western Cape - Cape Town
Media24

Designer

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

LOVEMORE PARK

House R 28 000 000

EVERTON

House R 9 500 000

PRETORIA NORTH

House R 895 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...