SA doelvraat droom groot

2010-04-06 14:07

Siphiwe Tshabalala van Bafana Bafana het Suid-Afrika se oefentoer in Suid-Amerika gister op die OR Tambo-lughawe as ’n klinkende sukses bestempel (Lauren Mulligan, Beeld).

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg - Bafana Bafana sal níé lammers wees wat ter slagting gelei word nie wanneer hulle Mexiko oor net langer as twee maande in die eerste wedstryd van WB 2010 in die Soccer City-stadion pak, sê Siphiwe Tshabalala.

Dié Suid-Afrikaanse middelveld-buks was vól vertroue dat sy span in Junie geskiedenis kan maak deur die eerste keer in drie probeerslae die tweede ronde van sokker se grootste skouspel te haal.

“Ons pak dinge net een wedstryd op ’n slag, maar ons glo dat ons die uitklopronde sal haal,” het Tshabalala aan Sport24 gesê kort ná die Suid-Afrikaanse span se terugkeer vanuit Brasilië.

“Dít sal reeds ’n oorwinning vir die span wees en daarna is enigiets moontlik, mits ons kan voortbou op dít wat ons in Brasilië geleer het.”

Tshabalala en sy spanmaats het Maandag ’n louwarm verwelkoming op die OR Tambo-lughawe ontvang ná die eerste van drie oefenkampe.

Die Bafana-spelers vertrek aanstaande week na Duitsland, voordat hulle hul voorbereiding in Mei in hul agterplaas afsluit.

“Dit was ’n uitdagende maand, fisiek én geestelik, en dis lekker om by die huis te wees – al is dit net vir ’n paar dae.

Ons is baie fikser en meer afgerond as toe ons daar aangekom het en die ouens glo in hulself en in mekaar,” het Tshabalala gesê.

Dié 25-jarige Kaizer Chiefs-speler was, met vyf doele in sewe wedstryde, die grootste uitblinker op ’n toer van gemengde welslae.

Die Suid-Afrikaners het Donderdag vir ’n opskudding in die kleine gesorg deur ’n gelykop-uitslag teen die hoogaangeskrewe Paraguay af te dwing, danksy ’n Tshabalala-poging van sowat 30 meter buite die Suid-Amerikaners se doelhok.

Paraguay beklee ’n yslike 79 plekke bó Bafana op Fifa se wêreldranglys, maar die besoekers het skaars twee dae later teen die klubspan Santos bloedneus gekry.

“Die doel teen Paraguay was sonder twyfel die hoogtepunt van my toer, veral nadat ek in ons laaste wedstryd teen hulle ook my naam op die telbord kon kry.”

Tshabalala, Surprise Moriri en Benni McCarthy het aan Suid-Afrika ’n sege van 3-0 besorg, toe dié spanne sowat twee jaar gelede in Pretoria slaags was.

En hy steur hom nie veel aan die legio doemprofete nie – veral nie dié wat meen dat Bafana Wêreldbeker-kanonvoer sal wees sonder ’n byna bomenslike vertoning deur sy Europese ster Steven Pienaar nie.

Pienaar, Tshabalala en Teko Modise, die Bafana-kaptein, is in ’n fel stryd gewikkel om die middelveld in Carlos Alberto Parreira (afrigter) se beginspan vir WB 2010 te beman.

“Steven is baie belangrik vir ons kanse in die Wêreldbeker. Hy is ’n ware wedstrydwenner en speel uitstekend vir Everton, maar een speler maak nie die span nie,” het Tshabalala gesê.

“Ek verkies boonop dat die meeste van die aandag op hóm is. Hopelik verlig dit die druk op my en kan ek speel met die soort vryheid wat ek die afgelope maand gehad het.”

- Beeld
 

Lees meer oor: 2010  |  bafana bafana

Kommentaar is afgeskakel vir hierdie artikel

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IT Audit

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R400,000-420,000 Per Annum Cost To Company

Embedded Engineer

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R750,000-800,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...