Van den Berg groet Sharks

2010-02-09 02:26

Johannesburg - Dit is met ’n seer hart wat hy afskeid neem van die Sharks, erken Albert van den Berg.

Dié hemelbesem-slot wat menigmaal soos ’n wafferse agterspeler rieme neergelê het doellyn het, is omtrent so eie aan die Sharks soos daardie haai op motors met die rugbybal onder sy arm.

Ná 171 wedstryde het sy Sharks-loopbaan tot ’n einde gekom en begin hy op 1 Maart ’n nuwe hoofstuk by die Tweedeliga-klub Canon in Japan.

“Ek wil nog baie graag vir die Sharks speel, maar die realiteit is ek is nie weer ’n kontrak aangebied nie. Ek het my 10 jaar by die Sharks baie geniet en ons was soos een groot, gelukkige gesin.

“Ek kan egter nie net rondsit en hoop van die slotte kry seer dat ek dalk later weer in die Curriebeker-reeks gebruik word nie,” sê Van den Berg.

“Dit is nie hoe ek dinge doen nie. Ek geniet nog my rugby en voel ek is nog mededingend. Daarom het ek die kans gegryp toe ek die kontrak in Japan aangebied is.

“Die Sharks wou hê ek moes met afrigting op junior vlak betrokke raak, maar ek wil nog eers speel en sal oor so paar jaar dink aan afrigting.

“My hoogtepunt by die Sharks was ongetwyfeld toe ons die Curriebeker in 2008 gewen het. Die Curriebeker-reeks sal ek die meeste van alles in ons rugby mis. Daar is darem maar niks wat daarby kom nie,” erken hy.

“Ai, as ek nou so op televisie sien hoe adverteer hulle die Super14, raak my hart darem baie seer. Ek wil so graag daarby betrokke wees, maar nou ja, dit is maar hoe dinge gaan,” sug hy.

Van den Berg, wat 51 keer vir die Springbokke gespeel het, onthou nog goed toe hy sy debuut vir die eertydse Vaaldriehoek teen Wes-Transvaal in 1994 gemaak het.

“As jy klaar gestort het ná ’n wedstryd, het daar ’n koevert met R50 in vir jou gewag.

“Rugby hier in Suid-Afrika was baie goed vir my en het ook baie sakegeleenthede vir my oopgemaak,” se dié lid van die seëvierende Wêreldbeker-groep van 2007.

“Ek is glad nie spyt oor hoe dinge vir my uitgewerk het in my rugbyloopbaan nie.

“Ja, dit sou lekker gewees het om die Super14 ook te kon wen, maar ag wat, dit was nie vir ons bestem nie,” sê hy van die geleentheid teen die Bulls in die eindstryd toe dit wou lyk of hy die wendrie gedruk het, maar Bryan Habana die Sharks-harte in beseringstyd gebreek het.

- Sport24

- Beeld

Lees meer oor: sharks  |  super14

Kommentaar is afgeskakel vir hierdie artikel

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Construction Manager

Gauteng - Midrand
Master Career Consulting

Financial Manager

Gauteng - East Rand
Network Recruitment CA- Centurion
R550,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Service Line Manager: Water

Gauteng
Master Career Consulting

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...