Telling bysaak, sê Plumtree

2010-01-26 07:49

Johannesburg - Dit wat ná vandag se wedstryd teen die Western Force op Nuweland in Kaapstad op die telbord staan, is nie vir hom van die grootste belang nie, sê John Plumtree, die Sharks se rugbyafrigter.

Hy stel meer belang in hoe die kombinasies wat hy op die proef stel, vertoon. Hy fokus ook in dié wedstryd en in Vrydag s’n teen die Stormers op ’n gladde implementering van die nuwe reëlveranderings.

“Dit is veral die reël by die afbreekpunte wat ’n groot invloed kan hê op die rol van baljagters en hul doeltreffendheid. Die skeidsregters sê hulle gaan minder ‘regte’ gee aan die speler wat die duikslag uitvoer en sy invloed by die afbreekpunt beperk,” sê Plumtree.

In die verlede kon die aanvallende span nie voordeel trek by die afbreekpunte nie en die toepassing is vanjaar daarop gemik om meer aanvallende spel te bevorder.

“Die speler wat die duikslag uitvoer, moet dadelik wegrol en die speler wat geduik is, los voordat hy die bal kan speel,” sê Plumtree.

“In die verlede is besit telkens vertraag deurdat die speler wat geduik het nie die speler wat geduik is, gelos het nie.

“Met die nuwe reël sal die vloei hopelik beter en die bal vinniger beskikbaar wees. Daarbenewens sal spanne se verdediging ook meer getoets word.”

Plumtree sê die nuwe skrumreël sal hopelik ook meebring dat skrums nie so dikwels in duie stort en tyd sodoende verkwis word nie.

“Skeidsregters gaan ook strenger wees wat betref taktiese skopwerk. Veral die hoogskop-en-storm-taktiek het ’n belangrike aanvalswapen geword, maar dikwels is die spelers wat die bal jaag in onkantposisies om teenaanvalle te probeer stuit.

“Ons sal moet slim speel wanneer die ouens die bal jaag en seker maak dat ons na die skeidsregter se instruksies luister nadat ons geskop het,” sê Plumtree.

Albei die Sharks se twee Springbok-hakers, John Smit en Bismarck du Plessis, sal speelkans van die plaasvervangersbank af kry. Dieselfde geld die oud-Leeus-speler Willem Alberts.

  • Die Sharks-beginspan is: Stefan Terblanche (k), Luzuko Vulindlu, Waylon Murray, Riaan Swanepoel, Lwazi Mvovo, Monty Dumond, Rory Kockott, Ryan Kankowski, Jean Deysel, Keegan Daniel, Steven Sykes, Alistair Hargreaves, Jannie du Plessis, Craig Burden, Beast Mtawarira.
  • Intussen berig Stephen Nell dat Matt Dunning (Western Force) én Jacques­ Potgieter (Stormers) skorsings vrygespring het nadat hulle Saterdag met rooikaarte van die veld gestuur is in die kragmeting op Nuweland.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se bestuurder van regsaangeleenthede, Christo Ferreira, het bevestig hulle is gisteroggend in die Moederstad verhoor.

“Daar sal geen verdere aksie wees nie,” het Ferreira gesê.

Dunning is dus beskikbaar om vanaand vir die Force teen die Sharks te speel.

Die laaste wedstryd is Vrydagaand tussen die Stormers en die Sharks op Nuweland.

Vir Potgieter sal dit ook ’n reuse-verligting wees.

Hy is van die Oostelike Provinsie en probeer hom in die Kaap bewys.

Dit sou ’n tragedie gewees het as hy homself in rugbyterme in die voet geskiet het deur te baklei.

- Die Burger

- Die Burger

Lees meer oor: super 14  |  sharks

Kommentaar is afgeskakel vir hierdie artikel

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Account Manager

Western Cape - Cape Town
Media24

Designer

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Sub-editor: Visi

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...