Pienaar pak tasse vir Ierland

2010-07-29 10:37

Londen – Die veelsydige Springbok Ruan Pienaar is Woensdag deur die Haaie vrygestel om by die Ierse rugbyklub Ulster, aan die begin van September aan te sluit.

Die 26-jarige is tans deel van die Springbokke se Drienasies-groep maar hy het reeds in Mei vanjaar 'n kontrak geteken om klubrugby vir Ulster te speel.

Pienaar sal hom in Belfast by Johann Muller én Pedrie Wannenburg aansluit.

“Ek is baie opgewonde oor die skuif in my loopbaan en het vir 'n geruime tyd reeds oorweeg om in die Noordelike Halfrond te speel,” het Pienaar gesê.

Pienaar se twee jaar kontrak sal op 1 September begin maar hy sal steeds vir Suid-Afrika mag speel indien hy gekies word vir die Drienasies-toets tussen die Springbokke en Wallabies op 4 September.

Ulster se operasionele direkteur, David Humphreys het gesê, “Ruan is beslis die grootste naam wat Ulster nog op sy boeke kon kry. Ons wil graag die Haaie bedank vir hul bereidwilligheid om hom vroeër van sy kontrak vry te stel."

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24



Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: haaie  |  springbokke  |  rugby

Roger

-   Julie 29, 2010 om 11:08

Die rede hoekom die Haaie bereidwillig is om hom vroeër van sy kontrak vry te stel is omdat hy nie goed genoeg speel nie.

Pappie

-   Julie 29, 2010 om 11:10

Gelukkig het ons darem nog daai staatmaker Ricky January op ons boeke.

Plot Rot

-   Julie 29, 2010 om 11:43

Grootste naam?!! Dan is hulle nie seker veel van i klub nie!!

Rika

-   Julie 29, 2010 om 11:55

Niks om oor te huil nie

Louis

-   Julie 29, 2010 om 12:02

Ek dink dis beter vir Ruan, miskien sal hy bietjie kans kry om homself te vestig in 'n posisie daar. Ek onthou nog toe hy sirkels om George Gregan gehardloop het. Van toe af was dit net afdraend want al wat 'n coach is het hom rondgeneuk. Victim of his own versatility.

christo

-   Julie 29, 2010 om 12:03

roger,pappie,plot rot bly maar weg van die site wat se rugby kyk julle hoe moet hy vaar as sy rugby by die haaie en springbokke opgeneuk word, jammer hy kan nie vir sy tuisdorp ovs beskikbaar wees nie hulle kon en sou hom reg gebruik wens hom alle voorspoed toe .

gerrit

-   Julie 29, 2010 om 12:06

julle is verkeerd,die eintlike rede is dat daar altyd gemos word met sulke talentvolle spelers.Dit is hoekom ons ook frans steyn op 22-jarige leeftyd verloor het.

Barry

-   Julie 29, 2010 om 12:07

YOU SHOULD FEEL ASHAMED SAYING RUAN IS NOT GOOD ENOUGH,IF YOUR JOB DESCRIPTION AT WORK CHANGE ALL THE TIME I WOULD LIKE TO SEE HOW YOU COPE.HE IS A OUTSTANDING PLAYER AND IN TIME TO COME WE AS SOUTH AFRICANS WILL SEE THIS JUST LOOK AT STEENKAMP,MATFIELD SMITH A FEW YEARS AGO WE CRITISIZED THESE SAME PLAYERS EVEN JAKE WHITE WAS IN THE FIREING LINE.

BARRY

-   Julie 29, 2010 om 12:08

AND DONT COMPARE RICKY JANUARY WITH RUAAN,RUAAN IS THE MOST UNIVERSAL PLAYER IN THE WORLD.

Deon de Villiers

-   Julie 29, 2010 om 12:13

Dit gebeur as jy n skrumskakel n loskakel en dan op vleul en dan op heelagter probeer speel,dan verloor die speler selfvertroue. As ek Ruan was sou ek ook gegaan het. Sterkte ou-maat mag dit net goed gaan.

gerrit

-   Julie 29, 2010 om 12:20

stem saam met louis so n talentvolle speler wat so op gemors is.Dit is ook hoekom ons frans steyn op 22-jarige uoderdom verloor het.

Kobus

-   Julie 29, 2010 om 12:21

Sterkte Ruan, daar sal jy ten minste nie hoef terug te staan vir 'n regstellende aksie speler nie

wys hulle Ruan

-   Julie 29, 2010 om 12:23

sterkte Ruan, gaan geniet dit daai kant.
Jyt glad nie sleg vir die bokke gespeel nie jyt beslis die bal baie vinnig en glad versprei.

JK

-   Julie 29, 2010 om 12:48

Staatmaker January ? Glo nie eers die Lions sal hom weer op hul boeke wil he nie !! Sterkte Ruan hoop jy kan daar jou daar in 'n posisie vestig !!

Danté

-   Julie 29, 2010 om 12:53

Ruaan se storie is eintlik n hartseer ene. Hy is n baie begaafde rugbyspeler, maar nie besonder begaafd in enige spesifieke posisie nie.
Dit is natuurlik omdat hy nooit toegelaat is om in sy beste posisie te spesialiseer nie omdat Januarie, Bolla en daai snare altyd op die bank moes wees. Daar is gemors met n baie groot talent.
Ek hoop sy nuwe afrigter en bestuur sal hom die geleenthede gun wat nooit in S.A. vir hom beskore was nie. Good Luck Ruaan.........

GoueOu

-   Julie 29, 2010 om 13:05

Koebaai. Nou is 'Januarie' seker terug. Ek hoop Pienaar vlieg uit VOOR die Loftus toets. Wat 'n FEES vir die Wallabies wag daar nie! Fun & games!

Nakkie @ Pappie

-   Julie 29, 2010 om 13:09

Pappie..Hahahaha, you're killing me...... LOL

Gender

-   Julie 29, 2010 om 13:20

jammer jy het nooit tot jou reg gekom nie omdat hulle jou altyd in 'n ander posisie in probeer dwing het. Jou skopvermoe laat egter veel te wense na .. gaan oefen daar anderkant vir lekker baie geld en dan kom jy weer terug en speel vir jou land!

anne-marie

-   Julie 29, 2010 om 13:28

Ag sies Ruan!. Maar sterkte, jy is n fabulous speler en ons hoop ons sien jou gou weer.

Philip

-   Julie 29, 2010 om 13:31

Teen hierdie tempo lyk Snorre na n geheime
buitelandse agent. Ons gaan geen spelers be-
hou nie. Wanneer gebruik die toeskouers hul
seggenskap om die beheer en bestuur in ons
Rugby reg te kry?

Cheethah

-   Julie 29, 2010 om 13:46

Jammer die Vrystaat kon hom nooit bekostig nie; daar sou hy waaragtig goed gewees het. Die Sardyne is inelkgeval maar eintlik Vrystaat B wat nie weet wat hulle wil he nie, en al die provinsies se spelers koop, en dan neuk hulle die ouens so rond soos hulle met Ruan doen. Pappie... jou humor sin sien ek verstaan maar min vd die klipkoppe op die site! Goeie ene! Ruan BO!!!!

Daleen Bekker

-   Julie 29, 2010 om 14:28

Ruan Pienaar jy bly vir my 'n baie goeie speler, sterkte vir jou maak ons SA en Springbokke trots, want jy kan!

ALLIE

-   Julie 29, 2010 om 14:41

Wil hy nie nog n klomp van die huidige passasiers saam met hom neem nie. Dis net Div en sy pelle wat nog dink hy is goed en veelsydig. Laat hy maar daar gaan hartseer lyk elke keer as hy iets verkeerd doen en hy moet sommer ook gaan leer skop

Magda

-   Julie 29, 2010 om 15:46

Stem saam met Allie, vat almal wat nie ordentlik kan speel nie, saam en leer Ruan om te skop. daar is baie ander spelers in die ander spanne wat baie beter as hy skop.

Buffel

-   Julie 29, 2010 om 17:18

Dankie tog ons het nog daai super skitterster Ricky...Sjoe ten minste het niemand 'n aanbod op hom gemaak nie, wonder hoekom? O ja!! (Fluister my vrou nou net vir my) Dis omdat hy so tos is...!!!

Steyn Supporter

-   Julie 29, 2010 om 17:42

Aaai dankie tog die mis skopper Ruan gaan weg.Hoop hy word reg geleer hoe om `n bal te skop tussen die palle van die Ierse!

klippies

-   Julie 29, 2010 om 18:05

bye, bye ou grote. gaan maak maar jou ponde.daar is nog beter scrummies en no 10s, en 15,s in suid afr.elke afr mag sy gustelinge he.miskien pas jy ook nie in die patroon nie.blou bul patroon.

Kola

-   Julie 29, 2010 om 19:21

Ruan, nou vat jy dan nie vir ou "Div-e-cult" en sy maat Ricky saam nie?

Jaco Pool

-   Julie 29, 2010 om 21:41

Die Rubypubliek moet onthou dat om rugby te speel vir Ruaan, is sy werk. Dis net soos ek en jy wat dag vir dag opstaan en gaan werk. Hy is pas getroud en moet n toekoms vir homself en ook sy vrou maak. Om n Ierland te gaan in die stadium van sy lewe is wel die regte besluit. Verder nog, het die arme ou nie geweet, of hy n losskakel, skrumskakel of heelagter is nie. Kry 10 minute per game om hom self te bewys en toe hy die kans kry, wou almal wonderwerke he. Dit is so goed soos jy wat in verskeie afdelings by jou werk moet werk, dan is jy in die krediteure, dan is jy by debiteure, of selfs nou en dan by bemarking. Natuurlik as jy n bemarker is, sal jy uitkyk vir n bemarkingspos by n ander maatskappy, want dit is tog wat jy wil doen en waar jy op jou gelukkigste is. Gun hom die geleentheid. Julle vergeet vinnig, onthou julle nog vir Percy Montgomery. Almal het hom afgeskrywe, maar hy het terug gekom, beter as wat hy van te vore was, die res is geskiedenis.

Alle sterkte RUAAN, ek hoop net nie Div volg jou nie, want na die 3 Nasies, sal hy wyd vir n pos moet gaan soek. Ek weet nie wat hy nog daar soek nie.

willies

-   Julie 30, 2010 om 08:46

PdV is 'n bleddie agent. Sterkte Ruan. Niemand kan jou kwalik neem nie.

ellen

-   Julie 30, 2010 om 09:02

mooi so ruan ons as pienaar`s is trots op jou ja gaan kyk maar op die familie register julle het familie in gauteng @!!!!!!moet asb nie vir ruan met january vergelyk nie groot fout

andre van der berg

-   Augustus 17, 2010 om 09:04

ruan se spel is noordelike halfrond kwaliteit

Lewer kommentaar

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Manager Maintenance I

Western Cape
Hutech International Group

Leverage Finance, Mergers & Acquisitions Specialist

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R450,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

LOVEMORE PARK

House R 28 000 000

EVERTON

House R 9 500 000

PRETORIA NORTH

House R 895 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...