Griekwas verander vir Luiperds-stryd
2010-07-29 14:45
Johannesburg – Die afrigter van die Griekwas, Dawie Theron, het twee veranderinge gemaak aan die span wat Vrydagaand teen die Luiperds in 'n Curriebeker-stryd in Potchefstroom sal uitdraf.
Rocco Jansen maak plek vir Richard Lawson op regtervleuel. En Davon Raubenheimer skuif na die agsteman-posisie weens Leon Karremaker se enkelbesering.
Rohan Kitshoff sal op flank uitdraf.
So lyk die span:
15 Riaan Viljoen, 14 Richard Lawson, 13 Wilmaure Louw, 12 Barry Geel, 11 Bjorn Basson, 10 Naas Olivier (kaptein), 9 Sarel Pretorius, 8 Davon Raubenheimer, 7 Wesley Wilkins, 6 Rohan Kitshoff, 5 Cecil Kemp, 4 Frikkie Spies, 3 Jacobie Adriaanse, 2 Ryno Barnes, 1 Steph Roberts.
Plaasvervangers: 16 Simon Westraadt, 17 Jean Botha, 18 Michael Passaportis, 19 Gerhard Human, 20 Marnus Hugo, 21 Matthew Rosslee, 22 Rocco Jansen.
Afskoptyd is Vrydagaand 19:00
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24