Lions pos Neil McKenzie

2010-02-09 05:55

Kaapstad - Die chaos in Gautengse krieket het gister verdiep toe Neil McKenzie ná ses jaar as kaptein van die sukkelende Lions gepos is.

Dít volg ná ’n geskil tussen McKenzie, een van die mees ervare en suksesvolle kolwers én kapteins in die land, en Dave Nosworthy, Lions­-afrigter, oor die “rigting” wat dié Johannesburgse streekspan moet inslaan.

Sport24 verneem McKenzie is deur die Gautengse Krieketraad (GKR) van sy afdanking verwittig nadat Nosworthy hom vroeër – sonder die medewete van enige Lions-spelers – tot die GKR-bestuur gewend het.

Die einste raad is die laaste weke in ’n magstryd met verskeie van die provinsie se krieketklubs gewikkel, ná die GKR se openbare uitval met Krieket Suid-Afrika (KSA) laat verlede jaar.

Dié unie is destyds verbied om enige internasionale wedstryde op sy tuisveld, die Wanderers, aan te bied – voordat die sportminister, Makhenkesi Stofile, ingegryp het.

’n Nuwe GKR-raad is verkies nadat die koppe van Alan Kourie (voormalige uitvoerende hoof) en Barry Skjoldhammer (president) gerol het. Kourie is voorverlede week as “tussentydse raadgewer” by die unie aangestel nadat die meerderheid klubs glo saamgesweer het om van die bestaande raad ontslae te raak.

Hy sal, na verneem word, steeds ’n skeidingspakket van R4 miljoen ontvang, maar verdien as “konsultant” glo sowat R125 000 per maand.

Tot 8 van die land se ander 10 krieketunies het gevolglik gedreig met ’n speelverbod teen Gauteng.

McKenzie het gister bevestig dat hy “summier afgedank” is.

“Dit was onverwags en het nog nie heeltemal ingesink nie,” het McKenzie, wat die laaste van sy 58 toetse net meer as ’n jaar gelede teen Australië gespeel het, gesê.

“Dit is nie ’n persoonlike ding tussen my en Dave nie, maar eerder ’n geval van uiteenlopende bestuurstyle. Hy hou van ’n bepaalde struktuur, terwyl ek meer staatmaak op my instink en ervaring.

“Ek is nietemin dankbaar vir die kans wat ek gehad het om vir ses jaar lank met verskeie briljante mense by die Lions te kon werk.”

Nosworthy is einde voorverlede jaar gevra om die Lions weer op die wenpad te kry, maar onder hom het dié span laaste geëindig in die afgelope MTN40-eendagreeks.

Hulle was die tweede vrotste in die meerdaagse SuperSport-reeks en het hul enigste wedstryd tot dusver in die Pro20-reeks verloor.

“Daar is baie onsekerheid oor wat op raadsvlak aangaan, maar die ouens het hul bes probeer om te verseker dat dit nie ons vertonings beïnvloed nie,” het McKenzie gesê.

Hy het einde laasmaand ’n Kolpak-aanbod van die Engelse graafskap Hampshire aanvaar, wat beteken dat hy waarskynlik nie weer vir die Proteas sal speel nie.

“Ek besef ek is nie meer deel van die nasionale planne nie, maar ek is steeds meer as bereid om my beste te doen vir die Lions in die Pro20-reeks, sou ek gekies word,” het McKenzie bygevoeg.

Thami Tsolekile sal straks by McKenzie oorneem totdat Alviro Petersen uit Indië terug is.

- Sport24

- Beeld

Lees meer oor: lions  |  krieket

Kommentaar is afgeskakel vir hierdie artikel

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Designer

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Sub-editor: Visi

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

IT Risk consultant

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R300,000-400,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...