Everest wag op Proteas

2010-02-17 08:23

Altus Momberg

Kolkata - Die Proteas sal die veggees van hul rug-teen-die-muur-vertoning teen Eng­eland op Lord’s moet ten toon stel as hulle vandag en môre die tweede toets hier op Eden Gardens wil red.

Suid-Afrika se krieketspan hervat vanoggend sy tweede beurt op 34 sonder verlies, nog 313 lopies agter Indië se eerstebeurt-telling.

As die Suid-Afrikaners ’n onbesliste uitslag wil afdwing, sal hulle vir die grootste deel van die volgende twee dae moet kolf.

Die Proteas het dit in 2008 op Lord’s reggekry. In daardie toets moes hulle ook terugveg ná ’n vrot kolfvertoning in die eerste beurt. Maar Graeme Smith, Hashim Amla en Neil McKenzie het almal honderdtalle gemoker om te verseker dat die Proteas ná 167 boulbeurte net 3 paaltjies plat was.

Kepler Wessels, die Proteas se kolfkonsultant, het erken dit is ’n steil pad wat voorlê.

“Dit gaan bitter moeilik wees, maar ons gaan ons bes probeer. Die blad is nog nie te sleg nie.

Volgens hom sou die Proteas in ’n beter posisie gewees het as hul veldwerk nie so swak was nie.

“Jy moet jou kanse op dié vlak teen top-spelers benut. As jy dit nie gaan doen nie, gaan jy jouself in ’n penarie soos dié bevind,” het hy oor die rits verbroude vangkanse gesê.

Wat die Suid-Afrikaners nie in die komende twee dae wil doen nie, is om te kapituleer soos wat einde verlede jaar in Durban teen Engeland gebeur het.

Toe moes Smith-hulle ongeveer vier en ’n half sessies oorleef, maar hulle het sommer gou ineengestort om die toets met ’n beurt te verloor.

Engeland het ook twee keer in die onlangse reeks in Suid-Afrika, in Centurion en Kaapstad, gewys hoe om ’n toets te red.

Indië se kolwers het gewys daar’s nog geen duiwels in die blad nie toe hulle hul eerste beurt op 643/6 gesluit het. Dié telling is ’n Indiese rekord teen Suid-Afrika.

“Daar gaan natuurlik baie meer druk op ons kolwers wees, maar ons sal hard moet veg,” sê Wessels.

VVS Laxman, wat met ’n onoorwonne 143 heelwat tyd voor die penne deurgebring het, glo dat die blad oorgenoeg hulp aan sy span se boulers sal verleen.

“Dit het beslis begin verweer en gaan die draaiboulers help.

“En ek dink ons draaiboulers sal meer sukses as die Suid-Afrikaners behaal,” glo Laxman.

Die Proteas sal ook moet seker maak dat hulle nie te versigtig kolf nie.

As hulle net om oorlewing gaan veg en nie lopies aanteken nie, gaan hulle Indië toelaat om veldwerkers in aanvallende posisies om die kolwers te hou.

Die Indiese kolwers het gewys dat wanneer die veldwerkspan hom oor die lopietempo begin bekommer, die druk soveel minder op die kolwers is.

“Ons gaan nie ons kolfstrategie wysig nie. Die ouens sal vennootskappe moet bou en seker maak dat hulle hul ingrawe,” het Wessels gesê.

Hy het ook die spelers se ongeduldige kolfwerk vir die dramatiese ineenstorting in die eerste beurt geblameer.

“Dit was voorspelbaar dat Hashim (Amla), ná sy ongelooflike beurt in Nagpur sou sukkel om weer só lank te kon konsentreer, terwyl Alviro (Petersen) dalk konsentrasie verloor het ná só ’n mylpaal.

“Maar al die kolwers was te los en hulle sal moet verbeter,” sê Wessels.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Stan

-   Februarie 17, 2010 om 09:12

Paul Harris moet weggeja word.

Salla

-   Februarie 17, 2010 om 10:08

Stan ek dink Prince en Duminy ook

Lewer kommentaar

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Sub-editor: Visi

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

IT Risk consultant

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R300,000-400,000 Per Annum Cost To Company

Corporate PA to CEO & Financial

Western Cape
Personastaff
R15,000-18,000 Per Month

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

LOVEMORE PARK

House R 28 000 000

EVERTON

House R 9 500 000

PRETORIA NORTH

House R 895 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...